Foto’s: Operasie Fiela werp vrugte af in Kaapstad

Ao Conradie en sy snuffelhond, Mojo. (Foto: SAPD)

Ao Conradie en sy snuffelhond, Mojo. (Foto: SAPD)

Altesaam 132 huise, 166 persone en 103 voertuie is Vrydagoggend in Parklands, Table View deursoek nadat misdaadintelligensie woonhuiskomplekse in dié deel as problematies uitgeken het.

“ʼn Man is in hegtenis geneem vir die onwettige besit van 174 stukke perlemoen en 12 haaivinne,” het lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, gesê. “Een ma is met vervalsde reisdokumente betrap, twee mans het gesteelde goedere in hul besit gehad en 50 persone het nie dokumentasie gehad nie en is deur die departement van binnelandse sake geprosesseer.”

Die polisie het beslag gelê op gesteelde ware waaronder drie skootrekenaars en twee selfone. “Die polisie het ook dwelmmiddels soos dagga, kokaïen en heroïen gevind en gekonfiskeer.”

Volgens Traut het die polisie ook 55 skulderkenningsboetes vir verkeersoortredings uitgereik.

“Die verdagtes wat in hegtenis geneem is sal in die hof verskyn sodra hulle amptelik aangekla is,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

CHRISTA ·

Mooi so!! Dalk moet hulle onder ons regering begin as hulle met hierdie operasie klaar is – wonder wat hulle als daaruit sal grou!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.