[Foto’s] Opgradering van Pta-waterpype verloop volgens plan

Die vordering teen Woensdagoggend. Foto: Jeannie du Plessis

Die vordering teen Woensdagoggend. Foto: Jeannie du Plessis

ʼn Span werkers het Dinsdag deur die nag gewerk aan die watertoevoernetwerk in die ooste van Pretoria om ʼn langdurige wateronderbreking te probeer vermy.

Dié geskeduleerde instandhouding en opgradering van die watertoevoernetwerk vind langs Rubensteinweg in Moreletapark plaas en laat sommige woonbuurte in die omgewing sonder water.

Jeannie du Plessis, skakelbeampte van dié projek, het Woensdag aan Maroela Media gesê alles verloop volgens plan, maar daar is nog baie werk wat gedoen moet word.

“Daar ʼn groot span werkers wat in skofte werk om te verseker dat die 48 uur-spertyd [wat Dinsdagoggend om 06:00 begin het] gehaal word. Die mense werk verskriklik hard en ons is tevrede met die vordering,” het sy gesê.

Maroela Media het vroeër berig buurte wat geraak word, is onder meer La Montagne, Wilgers, Murrayfield, Garsfontein, Silverton, Villiera, Rietfontein, Val-de-Grace, Kilner Park, Meyerspark, Lynnwood Glen, Lynnwood Park, Faerie Glen, Queenswood, Brummeria, Constantiapark, Waterkloof Glen, Moreletapark, Menlyn en Alphenpark.

Du Plessis het gesê dit is moeilik om te bepaal watter gebiede sonder water is, omdat al dié woonbuurte nie op dieselfde manier aan die stelsel gekoppel is nie. “Van die woonbuurte is direk afhanklik van watertoevoer van die hooflyn en dié woonbuurte kan reeds ʼn wateronderbreking ervaar. Ander woonbuurte is met reservoirs gekoppel en kan nog watertoevoer hê totdat die reservoirs leeg is.”

Sy het gewaarsku dat as die watertoevoer weer aangeskakel word, sommige woonbuurte steeds tekorte kan ervaar aangesien nagenoeg 20 reservoirs weer vol water moet tap. “Dit kan tot en met twee dae duur vir die reservoirs om soos normaal te funksioneer, afhangende van hoeveel water in dié tydperk verbruik word.”

Sy het ʼn beroep op inwoners gedoen om geduldig te wees en spaarsamig met water te werk.

Vir ʼn volledige lys van buurte wat deur die wateronderbrekings geraak word, besoek die munisipaliteit se webtuiste hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Theresa ·

Voorsiening is gemaak vir ingeval. Dis baie positief om uiteindelik te sien die werk word gedoen – hoop dit word heeltemal voltooi en mooi afgerond. Ons sal graag weer ons omgewing met trots kan bejeën.

KarooKlong ·

Ongelooflik dat daar nog werkers is wat bereid is om soveel ure in te sit. Beste wense aan Jeannie du Plessis en die span betrokke werkers.

Candice ·

Dankie DA, ek se jou ons het vir lank in PTA gebly en hulle het daar oop gegrawe en pype het daar gele want hulle het begin werk daar en net weer toe gemaak en niks het verder gebeur nie. En nou is DA in beheer en nou sal Pta weer mooi lyk. Dankie an almal wat hard gaan werk om Pta weer mooi te maak!

Klipkoggelmander ·

As julle ouens daar in die ooste water kort, kom haal vir julle water hier in die noorde, hier loop die water sommer in die strate af.

Theresa ·

Dankie, Klipkoggelmander – sal in gedagte hou. Maar ja, soos Candice noem, het hierdie reuse pype vir jare bo-gronds en slorderig langs die straat gelê; langs die mooi natuurreservaat. Dit het later verblyf geword vir dié wat wou waag om in so iets te kruip en nes te skrop. Nodeloos om te sê is dit regtig verwelkom dat hierdie projek nou (ek dink dis na 5 jaar) dalk kan voltooi word. Ons hoop regtig so en wens almal wat betrokke is met die reëlings, baie sterkte toe.

Lance ·

Maak net verdomp reg as die pyp onder die grond is asb …ander plekke lyk soos n slagveld na n pyp begrawe is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.