Foto’s: Oproepe om hulp uit KZN; dodetal styg steeds

Soek- en reddingsoperasies duur voort en grootskaalse opruimingswerk lê voor na die afgelope week se oorstromings in KwaZulu-Natal. (Foto’s; SA Police Service via Twitter)

Die dodetal in KwaZulu-Natal, wat Maandag deur ʼn woeste storm getref is, staan nou op 51.

Lennox Mabaso, woordvoerder van die provinsie se departement van samewerkende regering, het gesê die getal kan deur die loop van die dag selfs verder styg. “Een van die grootste knelpunte op dié stadium is om vermiste mense op te spoor,” het Mabaso gesê.

Nooddienswerkers, polisielede, paramedici en noodlenigingsgroepe werk sedert Maandag onophoudelik om verligting te bring. Paaie is oorstroom, die verkeer is erg ontwrig, talle ongelukke is aangemeld en verskeie skole en sakeondernemings is gesluit ná die storm die streek Maandagaand getref het. Chatsworth, Malvern en Umlazi is besonder swaar getref.

Honderde mense se huise is in modderstortings verwoes. Hulle skuil onder meer in tydelike noodverligtingstente wat die provinsiale rampbestuurseenheid sedertdien opgerig het. Ander sal tydelik in gemeenskapsale gehuisves word.

Die provinsiale regering het gevra vir skenkings om die ontworteldes te help. Mense benodig kos, klere, komberse en sanitêre items. Mabaso het gesê weldoeners het reeds begin help, maar nóg skenkings is broodnodig. Veral diegene wat geliefdes moet begrawe, het nou ekstra hulp nodig.

Pres. Cyril Ramaphosa het intussen ook in KwaZulu-Natal aangekom, waar hy en ʼn hoëvlakafvaardiging sélf na die skade gaan kyk. “Ons gedagtes is by die gemeenskappe in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap wat geraak word. Ek doen ʼn beroep op diegene wat daar woon om in dié tyd selfs meer versigtig te wees,” het Ramaphosa vroeër in ʼn twiet gesê.

Die president sou na verwagting vanoggend onder meer eThekwini se rampbestuursentrum besoek, sowel as gebiede soos Amanzimtoti, Umlazi, Burlington in Chatsworth en Tshelimnyama in Mariannhill.

Die Alfred Nzo-distriksmunisipaliteit in die Oos-Kaap het sedertdien ook ʼn beroep op mense gedoen om kalm en waaksaam te wees ná die deurdringende reën wat teen vanoggend minstens twee lewens in die provinsie geëis het. Een van die slagoffers is ʼn 12-jarige meisie wat verdrink het. Vloedwater het haar meegesleur toe sy ʼn oorstroomde brug by Lubhacweni, naby KwaBhaca (vantevore Mount Frere), probeer oorsteek het.

Die ander slagoffer is ʼn 39-jarige vrou wie se liggaam naby ʼn rivier by Labane in Mbizane gevind is.

Die reën het reeds verskeie brûe weggespoel. Talle ander is oorstroom, maar tot dusver nog ongeskonde. Verskeie paaie in landelike gebiede is boonop onbegaanbaar.

Sixolile Mehlomakhulu, burgemeester van die munisipaliteit, het sy simpatie met die twee slagoffers se families betuig.

“Ons doen ʼn beroep op inwoners om ten alle tye kalm en waaksaam te wees. Diegene wat in laagliggende gebiede woon, moet watervlakke dophou en na veilige plekke skuif,” het Mehlomakhulu gesê.

Die munisipaliteit het mense ook gemaan om nie brûe te probeer oorsteek wat toe is onder water nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Henry ·

En so sal dit wees soos in die dae van Noag in die laaste dae.

Jr ·

Hierdie tipe rampe moet ons veggende politieke partye laat besef dat dit nie ons gewone mense in die straat wat die haat spoeg teenoor ander mense maar dat ons ander wat dit nodig het te wil help. Dis hulle wat die haat aanspoor.

Judge Dredd ·

Nou kan ons die storm die skuld gee in pleks van swak stad/infrastruktuur beplanning/instandhouding.

Sê maar net ·

Instandhouding…..Rockview rd. huise….?.
Geruime tyd reeds n probleem.

Pensioenaris ·

Vra hulp van Zim/Mozambiek, ons was vinnig om hulle te help.

Connie ·

Hulle kan nie help nie. Hulle het niks en ek het iewers gelees daar is nog a sikloon oppad wat hulle more gaan tref
So hoe verwag jy hulle om te help. Moenie so hard wees nie. A nee a!

Ella ·

Die natuur leer ons keer op keer om met respek daaraan te dink as ons beplan en ontwikkel en bou maar leer ons?
Nee en daaroor trek ons elke keer aan die kortste end as súlke reen val.
Die vloedlyne en boubeperkings word nie eens deur munisipaliteite erken en toegepas nie.
Jammer vir al die skade. Ek hoop almal leer iets daaruit.

Susan ·

Ek stem saam met jou, ons ignorer vloedlyne en bou want wat is die kanse dat daar ooit so ‘n storm sal kom? Mense vergeet ook gou hoe gereeld Natal deurloop met vloede, dit is baie hartseer en ek hoop uit my hart dat die ANC nie net weer beloftes van hulp sal maak aan die mense wat dit regtig nodig het nie. Daardie mense het nie ‘n keuse gehad om strukture te bou om net iets oor hulle koppe te hê nie, maar ons is gou om te oordeel. Die wat in rivierlope gebou het, kon dalk regtig nêrens anders ‘n plek kry nie. My hart gaan uit na almal wat in die storms geraak was.

Anoniem ·

My hart gaan uit na almal wat hier onder ly maar iets wat ek oplet as ek na die fotos kyk is dat die meerderheid van die mense wat hier onder ly is mense wie sy huis nie op die regte plekke gebou is nie. Dit is sommer net opgesit. As huis opgesit is waar dit moet wees sou die skade dalk met 50 % verminder wees. Mense slaan shack op net waar hulle en dan gebeur dit wat nou gebeur en nou moet almal hol en help met kos en klere. Ek dink nie dis so regverdig teenoor ons wat werk vir ons geld nie.

Sue ·

Ons seun en sy vrou is ook vasgekeer in die storm. Baie ander mense ook, dis nie net in die landelike gebiede nie. Ons bid maar in spanning dat die oormatige water sal op klaar.

Hani ·

Het die SA weerburo ooit n waarskuwing voor die uitgereik???
N Weerwaak…soos hulle dit noem…

PJ ·

Sies… Dit was nou nie nodig nie. Daar is baie onskuldige mense… So hou jou ou kombersie vir jouself.. Die res van ons sal inspring en help. Ek het familie daar en die ramp gaan nie oor velkleur nie!

Sandra ·

Dit is elke jaar dieselfde tyd. Die mense moet nou al besef dat daar vooruit beplan moet word, maar nee ons wag todat iets gebeur en wil dan eers inspiring. Ek kry diegene wat affekteer is innig jammer, maar die provinsie moet sy huiswerk doen

Sue ·

Ja, mense vergeet gou en beplan nie regtig vooruit nie. Ons weet dalk nie regtig hoe nie, niemand het nog ooit moeite gedoen om daarmee te help en voorstelle te gee nie. Dit is mos makliker om vanuit jou bubble te oordeel

jakes ·

Volgens n nuusberig sowat 2 ure gelede is CR in die Soedan vir n AU vergadering dus twyfel ek sterk of hy in Durban is. Indien wel, gaan hy voornemende kiesers vra om liewer vir die ANC te stem want hulle sal sorg dat sulke vloede nie weer in KZN voorkom nie?

Koos ·

Nou hoekom nie ‘n noodtoestand afkondig nie, dan kan nood geld mos gebruik word? Eish, al die noodgeld is mos gebruik vir Eskom, SAL, Bosassa, Guptas ens. en nou word daar weer van die, wat getrou belasting betaal, weer verwag om te betaal.
Ek vind dit nogal interesant dat politieke partye nie munt slaan deur hierdie ramp nie, en dit net voor die verkiesing?
Baie sterkte aan almal wat geraak word. My huis het ook 3 jaar terug ook oorstroom en en moes maar saam met my versekering pa staan vir die skade.

Judge Dredd ·

Dit noodgeld is klaar bestem vir die Oos-Kaap met hul allemintige 21mm reenval.

Zenithia ·

Die regeringredients was hul hande in onskuldige met al die duisende plaas MOORDE. ..waar oor sal hul nou worry oor natuur ramped? Zimbabwe en Mozambique sal nog minder n vingers roer. …ons moet mos natuurlik help

John ·

Vergeet maar om die sg aardverwarming die skuld te gee. Aardverwarring is nader aan die waarheid. Mense doen net wat hulle wil waar hulle wil. In die afgelope eeu het soortgelyke vloede voorgekom, net toe was plakkerhuise nie op rivieroewers nie en die weerburo op en wakker. Het ons nog enige rampfondse vir noodgevalle of is dit vir die ‘troetelbabas’ se koliekmuti gebruik?

Ella ·

Pleks hul die 1.79m wat uitgesit is vir opknapping aan LUR wonings eerder gebruik vir hierdie mense in nood. Of is dit nou heeltemal te veel verwag van ons selfsugtige regerings amptenare?

Dorothy ·

As dit so aanhou reën gaan niemand by die Stem lokale uit kom nie. Seker is daar ‘n doel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.