Foto’s: Optog in Australië oor SA boere

Betogers in Brisbane. Foto: Zelna Palm

Honderde mense het Sondag die strate van Brisbane in Australië ingevaar om teen die aanslag op Suid-Afrikaanse boere te betoog en steun te wys aan Peter Dutton, Australië se minister van binnelandse sake, se planne om die moontlikheid te ondersoek om humanitêre visums aan wit boere beskikbaar te stel.

Betogers het landsvlae van Suid-Afrika en Australië, wit kruise en plakkate rondgewaai.

“Stop the violence in South Africa”, “Stop killing the farmer”, “Allow our families into Australia”, “Australia can help South Africans” en “All lives matter” is onder meer wat op sommige plakkate onder die hutsteken #BringThemHere vertoon is.

ABC News berig Dutton het vandeesweek in ʼn onderhoud met die radiostasie 2GB gesê die vlaag kritiek wat hy ontvang het ná sy uitsprake oor die “gruwelike omstandighede” wat Suid-Afrikaanse boere in die gesig staar, “beteken niks vir hom nie”.

“Ons kyk na maniere waarop ons mense kan help om na Australië te emigreer as hulle hulself in so ʼn situasie bevind. Ons is oorval met boodskappe van ondersteuning en verwysings van spesifieke gevalle. Ek is heeltemal blind vir iemand se velkleur, dit maak geen verskil aan my nie,” het Dutton gesê.

“Dit is vir my kommerwekkend dat mense op die oomblik vervolg word. Die getal mense in Suid-Afrika wat doodgemaak of wreedaardig aangeval word, is ʼn realiteit.”

The Sydney Morning Herald berig Andrew Laming, ʼn federale lid van die Australiese huis van verteenwoordigers, het by Sondag se optog sy steun aan Dutton toegesê toe hy die skare daar toegespreek het.

Laming het kritiek jeens die Suid-Afrikaanse regering uitgespreek en aangevoer daar is ʼn “tekort aan politieke wilskrag”.

Laming het ʼn memorandum, wat Dutton se plan ondersteun, van die optog se organiseerder in ontvangs geneem.

Peter Dutton. Foto: Facebook

Dié optog volg kort nadat daar Donderdag ʼn optog teen plaasmoorde in Suid-Afrika in Gent in België gehou is. Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, is tans in België, waar hy plaasaanvalle en onteiening sonder vergoeding met verskeie mense en groepe bespreek. Groenewald het foto’s van die optog op Facebook gedeel.

Maroela Media het vroeër berig Lindiwe Sisulu, die Suid-Afrikaanse minister van internasionale betrekkinge en samewerking, het verlede week diplomatieke protes by Adam McCarthy, die Australiese hoë kommissaris in Suid-Afrika, aangeteken om aan te dring dat Dutton se uitsprake oor grondonteiening teruggetrek word.

Die departement het gesê die Suid-Afrikaanse regering neem aanstoot deur Dutton se uitlatings. “Daar is geen rede vir enige regering, enige plek ter wêreld om te vermoed dat enige Suid-Afrikaner in gevaar is van hul eie demokraties-verkose regering nie. Daardie bedreiging bestaan doodgewoon nie,” het Sisulu gesê.

Intussen het Richard Di Natale, leier van die Australiese Groenparty, Dutton as ʼn rassis bestempel. SBS News berig Di Natale het aan verslaggewers in Australië gesê Dutton is “deur en deur ʼn rassis” wat blykbaar “die wit Australië-beleid wil terugbring”.

Volgens SBS News het Michael Sukkar, Australië se assistent-tesourier, gesê beskuldigings dat Dutton ʼn rassis is, is “lagwekkend”. Sukkar het daarop gewys dat die Australiese regering reeds mense van Sirië en Irak deur hul humanitêre program gehelp het en dat dit net reg is dat die “vervolgde wit boere” se saak ook oorweeg word.

Julie Bishop, Australië se minister van buitelandse sake, het in reaksie op Dutton se uitsprake gesê daar is geen planne om wit boere prioriteit te gee bo ander humanitêre visum-aansoeke nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Ulrich ·

Dankie Australia,ons het nie meer n plek wat ons huis kan noem nie die wit boere sal n groot positiewe impak op julle land hê , dit is hulle wat hierdie piesang republiek van kos voorsien.

Mike de Beer ·

Dankie Australia. Dankie vir julle oop harte. Dankie vir julle oortygings. Dankie dankie

Dereck Le Roux. ·

So kom die oestyd ook nader vir die ANC wat deur middel van leuens en oordrewe propaganda Suid Afrika in die vorige bedeling ge-isoleer gekry het deur middel van die internasionale media en die Anti Apartheids Bewegings in verskeie lande onder leiding van die blanke Afrikaner hater Peter Hain en so sal hulle maai net wat hulle gesaai het behalwe dat hulle oes groter gaan wees as wat hulle gesaai het en dit wil alreeds voorkom dat hulle nie die middele gaan he om hul oeste te kan hanteer nie.

Muffin ·

Hi Anita, maar jy is rof. Dit is so die waarheid bly die waarheid. Volgens my moet hulle die hele krieket span terug stuur Australie toe. Almal het geweet van die bedrog. Afrigeters en die hele bestuur sowel as alle spelers.

Flip Pretorius ·

Jis Muffen, wat het die berig nou te doen ivm die Aussie krieketspan. Lees weer die opskrif se: Optog in Australie oor SA Boere

Jp ·

Leave the sport out of it. Yes they cheated but its because of sport that we are in this mess in the first place.. remember the world cup in the the 1990s when we cheated to become united supposedly under “saint mandela” and his new south africa……… i need to say no more history speaks for itself. Anyway thank you mr dutton for your help u wont be disapointed. Please do me another favour mr dutton and impose sanction against RSA for all sports.

Sê maar net ·

As meer lande se oë net sal oopgaan, gaan ‘n paar paddas vinnig uit die warm water spring. ??? kan nie wag nie.

Piet Snot ·

Anita, dis nou onvanpas om die mense wat ons boere uit die nood wil help, sleg te sê oor ‘n simpel krieketbal.

Lize ·

Beste Anita, jy vergelyk appels met pere. Bedank eerder die Aussies omdat hulle ons ellende raaksien en wil help. Wat krieket betref is ons nie onskuldig nie, onthou jy vir Hansie?

Absoluut ·

Absoluut, waaedeer eerder die hulp en erkenning. Krieket is n sport en oneerlikheid word oral getoets, hul is nou uitgevang, maar kyk die eerlikheid, hul spring nie soos SA op die diskriminasie trein nie, nee hul erken eerlik, het nie eens n ondersoek nodig, hul kan net skuld& straf bepaal, SA sou 10 ondersoeke en verdediging op staatsonkoste gehou het en nogsteeds gestry het, al is die kamera bewyse daar,

Paul ·

Anita, en in Suid Afrika spesifiek hoort politici nie met sport in te meng nie, maar dit het mos nou die nasionale spel geraak, dis hoekom ons in so ‘n gemors is. Politiek en sport in een bed werk nie. Nie ‘n hy of ‘n sy nie.

theo ·

Ek is oorstelp van vreugde dat daar lande is wat die anc in die bek kan ruk oor hulle politieke agenda. Afriforum hou aan met die buitelandse veldtog

Andrea ·

Regtig? Nou word sport alweer met politiek gemeng. Hierdie land se regering is die eerste wat in al die jare van swart op wit rassisme iets sê ten gunste van ons. Los die vervlakste krieket hieruit. Ons het destyds ons land verloor agv n krieket reeks en beplande rugby.

Tom ·

Die oplossing is nie Aus nie. Die regering hier lê tussen liberaal en links liberaal, met geen ooghare vir die tipe konserwatisme wat eie is aan die Boere nie. Ek voorspel Australie sal oor 50 jaar ń kolonievan China wees, met sosialisme die aanvaarde regeringstyl..

Ons kinders in christen skool hier, en in die onlangse referendum oor gay regte hier, in my seun se klas net 3 in ń telling gestem teen wettiging van gay huwelike. Toevallig (?) was al drie suid afrikaners.

Ek weet dos nou nie oplossing antwoord nie, maar mag help om toe ogies te laat dink oor die buiteland idee. Ek sal nie iemand wat kan emigreer wedrhou nie. Daar is voordele en verseker lė ek nie wakker dat my vrou deur barbare verkrag gaan word nie. Maar daar is genoeg ander groot probleme hier wat die toekoms ook maar nie te rooskleurig laat lyk nie.

Steves ·

Sjoe, hoe kry ek nou sommer baie respek vir Australie! Mooi land, mooi mense en ‘n land wat nie weg kyk nie maar die Boere wil help. Ons moet dankbaar wees. Ook een van die mooiste lande ter wereld waarheen almal wil gaan.

Waardeer ·

Ja, niemand sê die antwoord lê persy in Australië nie. Dis net mooi dat die Australiërs daar ver omgee vir ons nood hier. Baie onverwags en baie kosbaar.

Afrikaanse Knaap ·

Dankie aan almal wat opgedaag het. Ons hier in SA waardeer dit vreeslik.

Penellope Jones ·

Baie, baie dankie!
Dis ‘n riem onder die hart om te weet dat ons ernstige probleem hier raakgesien word.

Boland ·

Wonder wat se oom FW na 25 jaar.Al wat ek weet hier is baie bloed op grootmense se hande.

Oom Kalahari ·

Dankie aan Australiese mense en in besonder Min Peter Dutton vir die erkenning wat hier in SA Crime Valley aangaan. Ons plaasboere en hul families is baie belangrik in SA maar hul word daagliks soos wilde diere geslag. Hoop groter erkenning sal deurkom van ander lande ook dat alle blanke SA burgers Asylum sal kry om weg te kan kom. Ek en familie koop net blanke boere plaas produkte weens onlangse faceboek boodskappe wat omgegaan het en sal nooit vertroue toon in ander boere produkte nie.

Rynhardt ·

Dank aan australiese mense om onder die wereld se aandag te bring die moorde en onderdrukking van ons mense.A big thanks to the people of Australia,showing the world what’s going on against Boers in South Africa.Our people are getting murdered under communist rule!Thumbs up for Australia!

Tokkie ·

Die Suid Afrikaanse regering doen niks aan plaasmoorde nie en wil grond onteien – die wêreld moet sien en hoor wat in SA aangaan !

Groottrek2 ·

Ons moet ander lande waar ons nie vervolg sal word oor ons velkleur nie nou al versoek vir spesiale asielaansoeke voor ons uit die land gedruk gaan word. Ons het n westerse kultuur daarom sal ons baie goed assimileer in daardie lande.

Kimberley ·

Kyk hoe mooi skoon is die strate. Net op dit weet jy die foto is in andel land geneem as SA. Ek glo nie SA se strate sal ooit skoon wees nie. Vir die eerste keer begin ek dink om te skuif. In hierdie land moet 4 miljoen 55 miljoen mense dra. Daar moet jy net na jouself kyk.

JC ·

Dankie Australië, hou aan met druk!!!!!!
Wie is nou die skobbejakke en muishonde vd wêreld! ? Wat ‘n grap, die wonderlike “demokraties verkose” (lees: verkose om te onderdruk deur meerderheids oorheersing en VN erkende menseregte (eiendomsreg) te ondermyn en hulle uitsonderlike rassehaat en unieke vorm van Afrika – onverdraagsaamheid teenoor die Afrikanerboer te openbaar – die ANC regering se eintlike doelwit verbloem deur die “reenboognasie” wolhaarstorie) SA regering nè. 1993, kan ons weer ‘n kans hê om te stem asb?

Brandwag ·

Ek is dankbaar dat Australie opstaan teen ons regering en die Internationale gemeenskap.Die Boere is welkom in Australie,maar wat van die gewone ou op straat niemand praat van ons nie,Afriforum en Mnr Pieter Groenewald lewer asb komentaar.Of bly ek agter om die ANC en EFF bloedneus te gee!!!

Aussie ·

Brandwag, hou moed daar word wel ook hier in Aus gepraat oor die ander witmense, het berigte vandag gelees baie vra omtrent die oorkom van ander witmense. Die saadjie is geplant, ons moet net positief bly en die saaidjie water gee. Lees ook nou laas week was daar n optog in Belgie ook vir SA Boere. En daar is sprake dat in hierdie week n optog in Perth gaan wees. Ek en my gesin gaan verseker daar wees!!!

Anoniem ·

Welgedaan pieter groenewald dankie Austr vir die hulp hou so aan Vf+

Robert ·

Baie dankie vir julle ondersteuning Australie – die word opreg waardeer.

Saartjie ·

God sal nie Sy kinders verlaat in hul tyd van nood nie. Ons moet net bly glo.

LHS ·

Klp ini bos. Was Australie nie een van die lande wat ook maar hard gewerk het aan ons ondergang nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek het ongelooflike respek vir enige persoon wat opkom vir ons huidige situasie en dit mag dalk lei daartoe dat nog n paar blankes kan verhuis na n meer veilige tuiste, let wel n paar, die res moet maar steeds aangaan en veg vir oorlewing. Dit is geen oplossing nie. Mense gryp nou al na die kleinste bietjie positiwiteit, wat verstaanbaar is, maar bly asb. oopkop en realisties. Die buiteland gaan absoluut niks daadwerkliks doen om enige iemand in die bek te ruk nie, Hierdie is een persoon wat hom uitspreek teen die blanke volksmoorde in SA, wees verseker die meeste Ausies deel nie sy sentiment nie, want hulle stel doodeenvoudig nie belang nie. Bedank Peter Dutton maar beslis nie Australie in totaliteit nie.

Flip Pretorius ·

LHS los tog die verlede uit, wees dankbaar daar is ander lande wat ons raaksien

Stefaans ·

Dankie Australië. Wie onthou nog vir John Minto van Nieu Seeland? Hy is die anti-apartheid aktivis wat die rugbywedstryd in Hamilton verongeluk het. ‘n Mens hoor nie ‘n woord van hom oor die euwel wat hy en sy huurbende help skep het nie.
Ek wag ook nog vir Ramaposa se uitspraak teen plaasmoorde – dit kom neer op stilswyende goedkeuring van wraak.

Oom Koos ·

Haai Tom. Bekommer jou eerder oor die talle wit boere wat in Suid-Afrika wat vermoor word en skei uit met jou homofobiese uitlatings.

Melissa ·

Net so Oom Koos! Daar is belangrike dinge om oor te worry as om te probeer keer dat twee mense wat lief is vir mekaar, trou.

RM ·

Baie Dankie Australië!!

Your kindess towards us is truly appreciated!! GO AUSSIES!! May God bless you!!

Johannes van Staden ·

Sanksies is dalk die volgende stap . Ons moet sterk staan in geloof en waaksaam wees ….moet egter ook nie dom wees nie veral as mens sien wat in zim gebeur het ….baie sendelinge is daar dood …..

christa ·

mooi so! daar sal nog lande sien wat in SA aangaan. Sisulu moet wakker skrik en erken die land is in ‘n gemors

Eish ·

Dit is wonderlike nuus dat die bewusmakingsveldtogte dié klas van momentum begin opbou. Groot waardering teenoor Australië vir die blyk van solidariteit.
Mag die aksies van krag tot krag gaan sodat politici op buitelandse besoek hul telkemale trompop vasloop teen die klas van aksies.

Hendrik ·

Waardering aan die mense in Australie dat hulle protes kan aanteken teen die plaasmoorde. Hier in S.A is dit nie so maklik nie a.g.v vyandige atmosfeer wat die huidge regering geskep het. Ons sal hierdie situasie moet oorleef en sorg dat ons konsentreer ,soos Flip Buys voorgestel het, om ons veilig te hou. Daar sal moet gesprekke wees waar ons as Afrikaners geakkomideer moet word in S.A as ‘n minderheidsgroep en waar alle wetgewing wat diskrimineer afgestel moet word. Die volgende paar maande sal ons hierdie kwessies moet dryf, al moet ons grond uitruil in ‘n poging om die Afrikaners in ‘n ngebied moet konsentreer. Australie kan druk toepas maar ons moet die oplossings vind.

Andrea ·

Jy is reg, Hendrik. Maar, ek moet sê, indien daar die geringste moontlikheid bestaan vir my om Oz toe te emigreer, begin ek dadelik daaraan werk. So Afriform en VF+ moet asb nie die buitelandse regerings die idee gee dat almal eerder hier wil bly nie. Niks gaan verbeter nie, inteendeel. Daar is baie van ons wat eerder sal wil wegkom indien dit moontlik is. Hoekom? Want dis nie meer my land waarvoor ek so lief was nie. Ek kry SA jammer, want ons vaderland is verwoes, vermink. Maar ek skuld dit aan my kinders om hul aan die lewe te probeer hou.

gatiep ·

Dankie.
Dit lyk amper of die anc ons hier wil hou om ons almal te kan doodmaak?

Heinrich ·

Dankie VF+ en Aus, dat julle so sterk staan!
Gewoonlik werk dit so: Iemand sê iets slegs teen die ANC (gewoonlik die waarheid), die ANC skree ‘Rassis!’ en almal moet dan die probleem ignoreer en die rassis aanspreek, want niemand mag tog ‘n rassis in die ANC se oë wees nie; dis baie erger as Hitler se kaskenades.
Die Australiërs ken nie hierdie manier van hoe ons al gebreinspel is nie, en ignoreer bloot die standaard ‘Rassis!’ reaksie van die ANC en volstaan met die feite, mag ons almal tog hier leer om eerder met die feite om te gaan as om elke keer die ‘Rassis!’ uitspraak in oorweging te bring. Die ANC kan mos by uitstek glad nie rassisties wees nie, slegs wit mense is rassisties.

Johan Dreyer ·

Thank you Australia, we are humbled by your as well as grateful for your concern and actions. We need help.

Leon ·

“Oestralië” is nie n slegte plek nie, net jammer van al die Aussies wat daar bly.

Fanie Kemp ·

Dankie vir instansies soos Vryheids Front Plus en Afri Forum vir jul onvermoeide optrede in belang van die Afrikaner en ander minderheidsgroepe. Julle aksies begin vrugte oplewer.
Ek glo vas dat Die Here julle as instrumente gebruik om dinge in ons land te laat regkom.
Hopelik sal die Universiteite en al die ander instansies wat so hard probeer om die Afrikaanse Taal te vernietig tot hul sinne kom.
Die druk Binnelands en nou ook vanuit die Buiteland moet net volgehou word.

Gilla ·

Sal ek tel as ‘n boer as ek ‘n groentetuin en vr’n vrugteboom in my tuin het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.