Foto’s: Optog in België teen plaasmoorde

Die optog teen plaasmoorde in Gent, België. Foto: Facebook

ʼn Optog teen plaasmoorde in Suid-Afrika is Donderdagaand in Gent in België gehou.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, is tans in België, waar hy plaasaanvalle en onteiening sonder vergoeding met verskeie mense en groepe bespreek. Groenewald het foto’s van die optog op Facebook gedeel.

Groenewald het reeds die Vlaamse Belang Jeugaksie in Gent toegespreek oor plaasmoorde en sal vergrype teen minderhede ook met ander belanghebbendes bespreek. Hy het ook met Gerolf Annemans, LP van die Europese Parlement, vergader oor onteiening sonder vergoeding.

Die optog teen plaasmoorde in Gent, België. Foto: Facebook

Groenewald sal verder die organisasie UNPO (Unrepresented Nations & Peoples Organization) toespreek oor die ANC-regering se voorneme van onteiening sonder vergoeding. Die geleentheid is tydens die 26ste presidensie-vergadering van UNPO wat plaasvind op 23 en 24 Maart.

Volgens die VF Plus vorm dit deel van ʼn deurlopende aksie van die party om die internasionale gemeenskap oor vergrype in Suid-Afrika in te lig. “Dit is in besonder ook deel van die VF Plus se aksieplan wat aan die begin van vandeesmaand bekend gestel is om die regering se planne om die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, stop te sit.”

Ingevolge dié aksieplan het die party onderneem om onteiening sonder vergoeding te internasionaliseer deur aktiewe skakeling met die Europese parlement en regerings, die Verenigde Nasies (VN) en deur die VF Plus se lidmaatskap van UNPO.

Die optog teen plaasmoorde in Gent, België. Foto: Facebook

Suid-Afrika is ʼn ondertekenaar van die VN se Verklaring oor Menseregte en volgens die VF Plus is onteiening sonder vergoeding ʼn oortreding van artikel 17 van hierdie verklaring. “Die VF Plus sal dit onder die wêreld se aandag bring.”

Die optog teen plaasmoorde in Gent, België. Foto: Facebook

Dr. Groenewald het in Junie verlede jaar UNPO se dertiende algemene vergadering in die Skotse parlement in Edinburgh oor selfbeskikking toegespreek en het gesê selfbeskikking is ʼn internasionaal erkende en aanvaarde beginsel wat aan minderheidsgroepe die reg verleen om hulself teen assimilasie en gevolglike verdwyning in ʼn meerderheid te beskerm.

Hy het gesê selfbeskikking word verskans in die Verenigde Nasies (VN) se Handves en die Internasionale Deklarasie op Burgerlike en Politieke Regte as ʼn reg van “alle mense”.

Dr. Groenewald se besoek kom nadat die Nieuw-Vlaamse Alliantie (N-VA) ook ʼn seminaar by die Belgiese parlement in Brussel gehou het oor plaasmoorde én die ANC se beleid van eiendomsonteiening sonder vergoeding.

Die N-VA is die grootste party in Vlaandere en deel van die Belgiese koalisieregering. Die byeenkoms is ingelei deur Mark Andries, die stafhoof van die Vlaamse streekpremier, Geert Bourgeois.

Die N-VA-gasheer en N-VA-parlementslid, Peter Luykx, het die byeenkoms soos volg afgesluit: “Die plaasmoorde in Suid-Afrika is een beklemmende problematiek wat nog veel te onderbelig word in die media en beleidskringe.”

Hy meen dit is belangrik dat ʼn regerende party in Europa hom hieroor uitspreek. Daar word verwag dat hierdie tema voortaan meer aandag sal kry in Vlaandere én ander lande in Europa.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

braaier ·

Pragtig en dankie,
Selfbeskikking met baie hoë grense. Dit sal werk vir ons.

Gerrit ·

Dankie VF+ vir die bewusmaking van die genocide teen wit boere in sa ons sal onthou wie ons gehelp het waneer ons volgende jaar stembusse toe gaan

Ek stem ·

Gerrit ek het lankal oorgeskakel ek wens net die ander draadsitters en grootpraters wil ook die besluit neem. Ons eie mense kyk uit vir ons en daarom ondersteun ek hulle. Geen ander een kry my ondersteuning nie. Verseker nie foute gemaak nou tyd om reg te maak dit is nog nie te laat nie. Oorsee gaan nie vir my nie die bande wat my in SA bind te sterk. My kinders, kleinkinders en ander familie kan nie almal gaan nie. So ek bly tot my dood. My familie in 2005 laas gesien hul nou in Australia ja hul lewe sonder minder vrees maar soos dit nou aangaan neem ons problem ook daar plaas want hoekom want hulle trek ook oorsee of sluip in.

Theresa ·

Dankie!!! Daar is dus nog mense wat hul uiterste bes doen (en ‘n ruk terug al begin het) om ons nood na die buiteland te verkondig en oplossings te probeer vind!
Baie dankie – hou ons asb op hoogte hoe mens kan saamwerk om ‘n groot golf van krag tot krag te laat klim.

leser ·

dr p groenewald, wees verseker, meer mense in sa staan agter jou en sal vir jou stem. nie een ander party wil iets vir die WIT BOERE doen nie, al wat hulle kan doen is praat, praat, praat, lê met hul hande in hul sakke

Gestremde ·

Saam met God en die VF+ gaan hier nog ‘n omkeer kom in Suid Afrika. En vir Julius Malema het ek slegte nuus. Wit Suid Afrikaners het dalk nog voor jou voorvaders in Suid Afrika hier aangekom in 1652 en met jou rassistiese opmerking moet jy sommer immigreer na Rusland en by Hitler gaan grond eis en ophou om ander rasse in Suid Afrika te probeer vedryf. Vat sommer al jou rooipet puppets saam. Net die heel ongeskooldes van ongeskooldes en die kamma MP’s vestig hulle hoop op jou met grondonteiening vir selfvereiking.

rollie ·

Die eerste swartstamme het hul meer as 200 jaar voor die Europese kolonialiste in SA gevestig, net so terloops..

Boerseun ·

En wie was hulle en waar was hul erkende grondgebied. Ook waar le hulle grafte

Francois le Cochon ·

@Rollie. Ja, en die swart stamme het die inheemse Koi stamme uitgemoor en hulle grond afgevat.

Cherokee ·

Pieter, julle is besig met groot werk!
Dankie daarvoor! Wanneer ons die die Suid Afrikaners wat DA stem [:-))] van ons nekke af kry, sal die VF los teuels kry.

Eish ·

Uiteindelik kan almal sien watter politieke party werklik die Kaukasiese Afrikaanssprekende (Uitgesluit die hensoppers) se belange dien.
Uitstekende werk!

liz ·

Dat ander lander optogte moet hou en hulle uitspreek teen hierdie sinnelose moorde, dag vir dag maar ons eie regering sit agteroor en doen sweet nothing om die situasie aan te spreek, SIES!!

suid ·

what knows joe? was suid afrikaners in belgie nie die belge srlf nie

Jerry ·

Vir elke aksie in en vanuit die buiteland sal daar n reaksie binnelands volg deur die ANC met strafmaatreels en die EFF met aanhitsende populistiese uitsprake en geweldadige demonstrasies. Hoe dit die Afrikaner binnelands gaan affekteer en of plaasaanvalle eerder gaan toeneem as afneem en of die Afrikaner binnelands gereed is om op te tree om die versnelde aanslag te verwerk sal net die tyd ons leer. Wanneer die Afrikaner se leiers nee se vir versoening en ja se vir n “fight” dan neem ek aan dat die Afrikaner gerat is vir die “fight” en die loopgrawe gegrawe is, indien nie gerat is vir die fight, dan kan die loopgrawe terselftertyd dien as grafte!

Stem Saam ·

100% korrek Jerry. Ons moet net weer daai oorlewings instink ontdek en ophou dankbaar wees dat ons mag asem haal.

adriana ·

Baie dankie!!!
Vra sommer ook vir Trump om vir ons ook ‘n muur te kom bou!!!

Baie dankie vir die tyd, die doelgerightheid, die deursettingsvermoee, begrip, integriteit en rugraat om ons so te probeer help!!!!!

piper ·

man van. staal. die EFF en ANC gaan seker gal braak teenoor hom nes die aussie plaas stories. hy waag baie en stel homself in gevaar. ek weet nou hoe om te stem.

Wow ongelooflike goeie werk ·

Wow Pieter Groenewald & VF, al manier hoe ‘n verskil gemaak kan word waar ons in die minderheid is!!!!

Frikkie 50 ·

Dit kan nie hierby stop nie, ek vertrou DAt dit nie gaan nie. No pun intended.

Jan ·

Dankie vir die moeite! Hou so voort, dis nou tyd om baie geluide te maak in die buiteland. Julle is ysters en het my stem

Hennie ·

Daar is ook ‘n samekoms in Brisbane Australie gereel hierdie naweek om vir die SA boere te bid, gister was reeds 1400 mense geregistreer vir die samekoms.

Koos1 ·

Die selfde lande wat gehelp het om apartheid tot ‘n val te bring en die ANC gesteun het in ALLE opsigte, gaan nou hopelik help om die einste ANC tot verantwoording te roep.
België, Australie en wie nog? Kom ons hoop Engeland en VSA voeg hulle stemme en beursies to hierdie doel. Laat ons ministers maar briewe skryf tot hulle omval, om verskonings te soek en te eis, hierdie lande se geld is brood nodig vir hierdie land.

Piet ·

Baie dankie VF maar dit is nie net boere wat vermoor word nie dit is alle wit mense in dorpe en stede ook laas saterdag n ou tannie in Orkne wreed verkrag en vermoor deur n klomp sy was 78 jaar oud

Veer ·

Wow, well done aan die VF+. Ek dink dis n wonderlike bewusmakingsveldtog in die buiteland, mag dit die eerste van honderde aksies wees.
So lank daar mense is wat opstaan en aanhou veg vir geregtigheid mag ons nie gaan lê nie..

Kaspaas ·

Ek haal my hoed af vir Dr.P.Groenewald. Nou weet Ek ook vir wie om te stem in die volgende verkiesing!Dankie, en nogmaals Dankie!

Jorie ·

Pieter, mag Die Here jou wysheid en krag gee in hierdie taak en jou help.

Boet Fasie ·

Die buiteland sal nou maar weer sanksies teen Suid Afrika se BEEE’s en regering moet instel vir plaasmoorde, kotastelsel in sport en onbillike diskriminasie teen blankes en vernaamlik teen blanke mans .

Blommie ·

Ai tog hoe lekker is dit om sulke berigte te lees, maak my sommer van vooraf TROTS SA.
Dankie VF vir julle aanhoudende goeie werk vir ons WIT BOERE en land.

E.K. die eerste ·

Mens sou graag wou weet min of meer hoeveel mense deelgeneem het en wat reaksie van verbygangers was? Is daar nie ‘n video wat geneem is nie? Mens kan so video dan aanstuur na anderssprekendes in ander lande – ek het talle vriende oorsee.

christa ·

Mooi so Pieter Groenewalt en Belgie. Wat se Sisulu nou?????? Het sy al wakker geskrik of slap sy nog. So gaan daar nog baie lande sien wat in SA aangaan

Sophia ·

Baie TROTS op u, Dr Pieter Groenewald, en groot waardering! Ek is so bly dat ek VF+ kon stem in die vorige verkiesing want die DA het ek maar net nie vertrou nie… Ons kan saam ‘n verskil maak aan die toekoms! GOD MET ONS!!

Hans ·

Die Afrikaner soek n leier……. In Dr. Groenewald het ons n waardige leier. Die Afrikaner is n gelowige nasie en ons moet bid vir ons leiers.

Lizette ·

Ek kry skoon trane in my oë!!! Dit is fantasties!!!!! Hoe sal hulle se….. Viva VF+!!!!!!!

Oujongvrou ·

Cherokee jou aanhoudende gekap na die DA raak afgesaag. En al julle mense wat so bly is oor sanksies teen ons, ek hoop julle weet wie gaan swaarkry. Julle wat dit nie gewoond is nie. Dis wie

Chris Ws ·

Oujongvrou,bly asb.by die DA.Afskaffing van Afrikaans,grondonteining,regstellellende aksie is als waarvoor jy staan.Eks seker jy besef nog nie die DA is die anc se kleinboet nie.Stel maar self ondersoek in as jy my nie glo nie.
Ek en my familie sal weer VF+ stem!Dis tenminste ‘n party met ‘n blanke leier.

Pieter ·

Hi Rollie en dit sou vandag nog dieselfde gewees het die rekenaar wat jy gebruik om jou boodskap te stuur, jou kar waarmee jy ry ,die onderwys wat jou in staat stel om te lees en skryf, die elektrisiteit wat lig gee as dit donker is , raai wie het dit ontwerp die wit man en so kan ons aangaan en as jy my nie glo gaan google dit en terwyl jy google ja jy is reg n witman het google ontwerp.

jeannine ·

so spytig het niks geweet nie van die optog in Gent om die plaasmoorde ek woon in belgie maar daar is weinig oor gese ek is belgiese maar het groot geword in suid Afrika miskien dat hulle volgend keer meer die probleem wat daar gebeur open baar maak sal SEKER saam gaan betoog nog baie sterkte aan die plaas boere en hul gesin

Susan ·

Ek het nog altyd DA gestem maar sweer nooit weer sal ek of my gesin en familie vir die klomp stem nie ek wed julle die VF+ gaan aansienlik meer steun hê.

Leonard ·

Welldone VF + Australie en Belgie as ons wit mense die wereld so kan wys wat in S A aan gaan dan moet daar net iets goed uit kan kom en om te weet dat daar nog mense agter ons WIT BOERE is maak ons net nog sterker om terug te veg vir wat ons oupas voor baklei het en gesterf het. Die Here sal ons wit volk beskerm en dit is besig om te gebeur

Oom Kalahari ·

Dankie Dr Groenewald dat jy vir ons opstaan en veg vir ons minderheids regte. Ek is saam jou Cherokee – Viva VF+ Viva. Hoop die wereld neem notisie van misdaad land SA. As jy oogklappe dra stem jy DA

Oom Kalahari ·

Dankie Dr Groenewald en sy hele span vir al jul harde werk en voorbereidings asook al die finansieele kostes wat jul moet dra om ons Volkse oorlewing te gaan uitdra. Mag God jul ryklik seen. Stem reg, stem VF+ waar jou hart en mense is.

waco ·

Die Volksraad Verkiessings Kommissie beywer hulle vir selfbeskking in n eie Volkstaat. Gaan kyk gerus by http://www.vvk.co.za hoe jy kan help om dit nwerklikheid te maak.

jannie ·

Dankie vir groepe soos Agriforum en VF plus….ek gaan verseker van DA oor na VF plus….hulle staan waarvoor ek staan…geregtigheid vir almal in ons land!

Chris Ws ·

Ek wens ek en my vrou kon ook deelgeneem het aan die optog!Mooi so VF+!Die ander partye is te besig met hul eie duistere agendas – om blankes om die bos te lei!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.