Foto’s: Optog vir Palestina in Kaapstad gehou

@NC4P_/Twitter

@NC4P_/Twitter

Duisende mense het Saterdag ‘n optog na die parlement in Kaapstad gehou om hul steun aan Palestina te wys.

Die reuse skare het gesing en plakkate in die lug gehou en eis dat die geweld in die Gasastrook beëindig moet word.

“Ons skat dat daar meer as 30 000 mense is wat aan die optog deelneem, maar dit kan soveel as 50 000 wees,” het Richard Bosman, hoof van veiligheid en sekuriteit in die Kaapse munisipaliteit, aan Sapa gesê.

Die optog is deur die National Coalition for Palestine (NC4P) gereël. Die koalisie bestaan uit meer as 30 godsdiensorganisasies, burgerlike instellings, vakbonde en politieke partye.

NC4P het vroeër die week in ‘n verklaring “beslissende optrede van die Suid-Afrikaanse regering geëis teen die Israeliese aanvalle, moorde, verplasing en die vernietiging van die Gasastrook”.

Die koalisie het ook ‘n beroep gedoen vir ‘n internasionale ondersoek na die optrede van die Israelse weermag in die Palestynse-gebiede.

Volgens berigte is meer as 1 900 mense reeds dood sedert Israel verlede maand met Operasie Beskermingsvoordeel begin het in ‘n poging om Hamas se infrastruktuur te vernietig.

Die Verenigde Nasies sê nagenoeg 1 350 van die oorledenes was burgerlikes, insluitend honderde vroue en kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Trippie ·

Sal dit nie WONDERLIK wees indien ons Blankes ook so ‘n optog kan reel ten opsigte van die uitwissing van die Blankebevolking/boere.

Willie ·

Daar was al optogte gereël deur Front Nasionaal in die verlede. Twee om presies te wees. As jy weet wat die opkoms was sou jy nie die kommentaar gelewer het nie.

Dr No! ·

Bert, hier is die antwoord op kwel-vrae. Klink of hy dit dringend nodig het.

Vir enige blaasprobleme, kontak gerus u naaste Urologie-hospitaal.

Willie ·

Bert jy sukkel mos. Vra maar vir hulp ek sal help. Moet nie skaam wees jy het jouself nie gemaak.

Grassie ·

Solank Hamas aanhou om vuurpyle in Israel in te skiet en onder hul grondgebied in te tonnel gaan die Israeliete bly terugskiet. Al die mense wat aan daardie optog deelgeneem het weet dit, dus is die hele optog onder valse voorwendsels gehou. Hulle het heeltemaal ‘n ander agenda, nl. die totale uitwissing van Israel. Hulle het dieselfde voornemens met die Christendom. Dink maar aan die duisende Christene wat die afgelope paar dae in die noorde van Irak verjaag en uitgemoor is. Niemand betoog daaroor nie.

WillieK ·

Grassie is 100% korrek. Let op wie verbreek elke keer 1ste die skietstilstand? Gaza! Dan kry hulle elke keer die simpatie en Israel word uitgewys as die varke in die verhaal. As SA sou inmeng gaan ons bloedneus kry – net soos Gaza! Komaan mense – haal af die oogklappe en kyk wat werklik daar gebeur. Die tonnels word gebou om n 9/11 in Israel te pleeg, en Israel weet dit! Die vraag is: Het die klomp wat plakkate swaai in die Kaap gejuig oor 9/11 wat in die VSA plaasgevind het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.