Foto’s: Oscar Pistorius-moordverhoor: Forensiese kenner getuig oor koeëlgate

Foto: Herman Verwey/Media24/Pool

Foto: Herman Verwey/Media24/Pool

Nog foto’s volg onderaan die berig. Die ballistiese kenner Thomas “Wollie” Wolmarans het Vrydag in die Pretoriase hooggeregshof tydens Oscar Pistorius se moordverhoor verskille uitgewys tussen sy eie en die staat se gevolgtrekkings oor die misdaadtoneel.

Pistorius word van moord beskuldig nadat hy Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 deur ʼn geslote toiletdeur in sy huis in Pretoria-Oos doodgeskiet het. Hy voer aan hy het haar vir ʼn inbreker aangesien.

Wolmarans het Vrydag gepoog om die staat se aanname, dat Steenkamp in ʼn verdedigingsposisie was, te besweer. Hy het ook die polisie se ballistikus, kapt. Chris Mangena se bewyse, in twyfel getrek. Mangena het Vrydag ook die hofverrigtinge bygewoon.

Wolmarans, ʼn voormalige polisiebeampte, het gesê hy glo nie dat Reeva haar kop met haar linkerarm beskerm het toe sy in die kop geskiet is, soos Mangena aangevoer het nie. Hy sê die breinweefsel wat op die vloer en muur opgespoor is, is nie op Reeva se linkerhand opgespoor nie.

Hy het ook getuig oor ʼn stukkie koeël wat hy in die toiletbak opgespoor het. Ondersoekbeamptes wat vroeër die toneel ondersoek het, het nie dié bewysstuk raakgesien nie. Hy het dit aan die polisie oorhandig.

Wolmarans het ook aan die hof gesê Steenkamp kon nie op die toilet gesit het toe die skote gevuur is nie. “Die oorledene het nie op die toiletsitplek gesit nie. Haar broek was opgetrek en die skoot is deur haar broek gevuur,” het Wolmarans getuig.

Staatsaanklaer Gerrie Nel het tydens sy kruisverhoor Wolmarans uitgevra oor die koeëlgate in die deur. Daar is van ʼn laser gebruik gemaak om aan te dui hoe die koeël deur die deur geklief en die muur en Steenkamp se liggaam getref het.

Pistorius staar ook aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Vuurwapenwet in die gesig. Hy het onskuldig gepleit op alle aanklagte.

Wolmarans se kruisverhoor duur Maandag voort. –SAPA

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

'n Laser word tydens die getuienis gebruik Foto: Herman Verwey/Media24/Pool

‘n Laser word tydens die getuienis gebruik Foto: Herman Verwey/Media24/Pool

Forensiese kenner Wollie Wolmarans op 9 Mei 2014 in die hof Foto: Herman Verwey/Media24/Pool

Forensiese kenner Wollie Wolmarans op 9 Mei 2014 in die hof Foto: Herman Verwey/Media24/Pool

Foto: Herman Verwey/Media24/Pool

Foto: Herman Verwey/Media24/Pool

Foto: Herman Verwey/Media24/Pool

Foto: Herman Verwey/Media24/Pool

Forensiese kenner Wollie Wolmarans Foto: Herman Verwey/Media24/Pool

Forensiese kenner Wollie Wolmarans Foto: Herman Verwey/Media24/Pool

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Irene Pool ·

Ek volg die Oscar verhoor soos n sepie. Gaan nerens, wil dit direk sien. Ek kry Oscar baie jammer. Hy is nog nie skuldig bevind nie, so wag voordat dat klippe gegooi word. Reeva het badkamer toilet toe gehardloop in donker nadat Oscar vir haar gese het om die polisie te bel, Haarself toe daar toegesluit om die polisie te bel en weg te kom van indringer en dat hulle haar nie in die hande kry nie., Toe Oscar skree vir die indringers om uit die huis gegaan was sy seker hy het indringers gesien en dus doodstil gebly. Hy was oorstelp van bangheid en begin skiet om die indringers wat hy toe in toilet “gehoor” het weg te jaag. Gedink hulle sou deur die badkamer venster vlug! So ja, ek wil dit glo. Die “dom” persone wat kamma die verweer moet help is besig om klei te trap en dit kan gevaarlik wees vir Oscar se pleitoog.
So ek hoop en bid die waarheid sal seevier en nie kleitrappery nie!

Frank Passano ·

Ag foeitog Irene [Pool], jy is SO naïef; of dalk ‘verstaan’ jy nie lekker nie! ‘n Vyfjarige kind kan sien dat OP lieg. Sy het wel gaan wegkruip in die toilet, maar beslis nie vir die ‘phantom black intruder’ nie, maar vir OP. Waarom kan julle nie aanvaar dat hy skuldig is nie?

Irene Pool ·

Sorry fout gemaak deur te se “dat hulle deur badkamer venster sou vlu” ek bedoel toilet venster.

Dankie

Peter Says ·

Irene, ja dit is beslis vir jou n sepie, onthou net om objektief na die saak te kyk, lees mooi tussen die lyne, en jy sal dan sien wat ek sien…

senet ·

Irene ek stem saam jou maar nou kry jy mense wat hom skulldi maak hul was nie daar toe dit gebeur het nie of was hul dis n saak tussen hom die Here en reeva en nou kom ander en oordeel hom hy ook n mens wie se hy is skuldig oscar ek staan agter jou

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.