Foto’s: Oscar Pistorius-moordverhoor: Tolk vertraag hofverrigtinge

Oscar Pistorius op 3 Maart 2014 in die hof Foto: Herman Verwey/Media24 - POOL (SAPA)

Oscar Pistorius op 3 Maart 2014 in die hof Foto: Herman Verwey/Media24 – POOL (SAPA)

Foto’s van die hofverrigtinge volg onderaan die berig. Oscar Pistorius se moordverhoor is Maandag in die Pretoriase hooggeregshof vir bykans ‘n uur en ‘n half vertraag weens ʼn probleem met ʼn Afrikaanse tolk.

“Ons het tans ʼn probleem met taaldienste,” het Emily Dhlamini, beampte van die departement van justisie, gesê. Pistorius moes langer as ʼn uur wag voordat sy verhoor begin het.

Die departement het om 10:30 twee tolke gereed gehad, maar het toe ʼn probleem ondervind met een van die tolke. Dhlamini wou nie verdere besonderhede verskaf nie.

Die polisie en hofordonnanse moes vroeër ʼn vrou, wat slegs as Annemarie bekend staan, uit die hof begelei. Die vrou bevraagteken Pistorius se geestelike toestand en wou ʼn aansoek bring om hom op te neem. Die vrou het al by vorige geleenthede tevergeefs gepoog om ʼn soortgelyke aansoek te bring.

Pistorius (27) word van moord beskuldig nadat hy Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 by sy huis in Pretoria-Oos doodgeskiet het en staar ook aanklagte van oortreding van die Vuurwapenwet in die gesig. Hy beweer hy het haar vir ʼn inbreker aangesien. Die hofverrigtinge word regstreeks op die televisie en radio uitgesaai.

Regter Thokozile Masipa sal die getuienis aanhoor.

Klik hier om die hooftrekke van die Oscar Pistorius-moordverhoor gratis op Maroela Media te volg.

Oscar Pistorius se familie in die hof (v.l.n.r.): Broer Carl Pistorius, suster Aimee Pistorius en tannie Lois Pistorius (Arnold Pistorius se vrou) Foto:  Herman Verwey/Media24 - POOL (SAPA)

Oscar Pistorius se familie in die hof (v.l.n.r.): Broer Carl Pistorius, suster Aimee Pistorius en tannie Lois Pistorius (Arnold Pistorius se vrou) Foto: Herman Verwey/Media24 – POOL (SAPA)

Oscar Pistorius stap verby Reeva Steenkamp se ma, June Foto: AP Photo/Themba Hadebe, POOL (SAPA)

Oscar Pistorius stap verby Reeva Steenkamp se ma, June Foto: AP Photo/Themba Hadebe, POOL (SAPA)

Reeva se ma, June Steenkamp (links op die foto) saam met 'n onbekende vrou op 3 Maart 2014 in die hof Foto: AP Photo/Themba Hadebe, POOL (SAPA)

Reeva se ma, June Steenkamp (links op die foto) saam met ‘n onbekende vrou op 3 Maart 2014 in die hof Foto: AP Photo/Themba Hadebe, POOL (SAPA)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.