[Foto’s] Oud-SA’ner sterf ná fratsgolf gesin tref

Die Bruynius-gesin (Foto: JustGiving-skarefinansieringswebwerf)

Die Bruynius-gesin (Foto: JustGiving-skarefinansieringswebwerf)

Rudy Bruynius, oorspronklik van Johannesburg, is Vrydag dood nadat hy en sy gesin tydens ʼn vakansie in Newquay, in Cornwall, Engeland, deur ʼn fratsgolf van rotse meegesleur is.

Rudy en sy vrou, Lisinda, wat in Pietermaritzburg gematrikuleer het, en hul kinders is deur die fratsgolf meegesleur.

ʼn Woordvoerder van die kuswag het gesê Rudy is in die hospitaal oorlede. Die tweejarige McKayla is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal.

Die gesin, van Surrey, het glo op die rots gestaan en visvang toe hulle omstreeks 17:20 in die groot golwe meegesleur is.

Rudy en McKayla is met ʼn lewensreddingsboot uit die water gehaal. Hulle is met helikopters na die Royal Cornwall-hospitaal geneem. McKayla is intussen glo na die Bristol-kinderhospitaal oorgeplaas. Sy is op ʼn ventilator geplaas en die omvang van moontlike breinskade is nog nie bekend nie.

Lisinda is met ʼn waterponie na die kusgebied gebring. Die ander twee kinders kon self teen die rotse uitklim. Lisinda en die twee seuns het slegs geringe beserings opgedoen.

Suid-Afrikaners en plaaslike inwoners in Cornwall het dadelik reageer op ʼn versoek om finansiële hulp. Madelein Jansen van Noordwyk, ʼn vriendin van Lisinda, het ʼn skarefinansieringsblad oopgemaak. “Lisinda en haar twee seuns is in Cornwall sonder enige finansiële bystand, met geen noodmaatreëls nie. Kan ons hulle asseblief help en vir hulle bid?” het sy geskryf. Daar is reeds meer as £15 000 ingesamel om Lisinda en die twee seuns te help.

Volgens ʼn lewensredders was die seetoestande by Fistral-strand rof met rooi vlae wat swemmers gewaarsku het om versigtig te wees.

Lees meer: Mirror, BBC

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Ek glo nie ek was al 10 jaar oud toe my ouers en ons twee kinders die kaapse wêreld besoek het. Dit was in die Gordonsbaai omgewing waar die kruise op die rotse gestaan het. Op ‘n vraag aan my ouers is aan my meegedeel dat by elke kruis een of meer mense gesterf het. Dit het ‘n geweldige indruk op my gemaak dat ek tot vandag maar lig loop vir die see.
Sterkte aan hulle wat agter bly en mag jul vertroosting vind.

Nico ·

Hulle het waarskynlik nog kennisse en familie in Suid-Afrika. Ek het die berig interessant gevind.

Ag kom nou.... ·

Lithop hoekom bly jy nie eerder van die Kommentaar Blad af nie… ?? Natuurlik raak dit ons. Hy en sy vrou is oorspronklik van Pietermaritzburg – WAT IN SUID-AFRIKA IS –
En soos wat Nico tereg sê – hulle het waarskynlik nog kennisse en familie in Suid-Afrika. Ek het die berig nuuswaardig gevind – ALHOEWEL baie hartseer. My hart gaan uit na hierdie gesin en hulle families. Ag NEE Lithop as jy sulke goed wil skryf – gaan kry iets anders om doen vir jou hande en bly van die Maroela Blad af!!!

Heidi ·

Sy hele familie bly nog hier in SA. Jou kommentaar is omgevraagd

Katryn ·

Ek het vir Rudy en sy suster, Tanya skool gehou in Glenharvie! Ons dink aan julle, Tanya! Dis ‘n pragtige gesin wat nou sonder ‘n pappa is!

Jan ·

Is hulle famile van Oom Apie Bruynius wat in Roodepoort woon of gewoon het?

Marcell Bruynius ·

@Jan dit is korrek ja. Rudy was sy broer se seun gewees.

Jan ·

Dankie Marcell. Baie simpatie en sterkte vir die hele familie in hierdie moeilike tyd.

Wenner ·

Dis nie net “nog n gesin” nie. Hierdie gesin het GELIEFDES! En vir ons as Suid-Afrikaners is dit BELANGRIK om te lees wat met ons mense in n ander land gebeur. Sodoende kan ons vir hulle, en vir hul geliefdes, bid. Ek is bitter dankbaar vir hierdie beriggewing.

Bruno Stef ·

Hoe ver is Cornwall van Dower af want my 16 jarige kleindogter van Perth in Australie het 2 dae terug die Engelse kanaal vanaf Dower na Calais in Frankryk geswem en ons het haar poging op internet gevolg . Die weer en see toestande was baie kalm alhoewel die seestrome volgens haar helpers baie erg was in elk geval my innige simpatie aan die familie van die oorledene.

Lielie ·

Bruno die Engelse kanaal is aan “Londonse kant van die UK”. Newqua is in Cornwall wat die mees suidelikste deel is. DIt is nie ver van Lands’End. Ongelooflike mooi wereld wat ons so paar jaar platgetoer het. Ook die Dorpie waar my seun en sy gesin bly. Hirdie is hartverskeurend en hul het nuus kort na voorval gedeel en die kommentaar van die mense in die area op die voorval het my laat besef hoe traumaties dit selfs vir almal van hul was.

Bruno Stef ·

Regstelling ” Dover ‘ lyk my is die regte spelling.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.