Foto’s: Ouma (100) duik ook saam met haaie vir NSRI

Foto:  Marine Dynamics Shark Tours

Foto: Marine Dynamics Shark Tours

Georgina Harwood, wat Sondag haar 100ste verjaarsdag gevier het met ʼn tandemvalskermsprong, het Maandag saam met haaie geduik.

Maroela Media het Saterdag berig oor Harwood se valskermsprong om geld in te samel vir nuwe lewensreddingsbaadjies vir die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI). Dit was die derde keer dat sy uit ʼn vliegtuig gespring het. Sy was 92 jaar oud toe sy die eerste keer uitgedaag is om te spring.

Harwood het Maandag in Gansbaai saam met die haai geduik. Marine Dynamics, die maatskappy wat Harwood se duik moontlik gemaak het, het R5 000 aan die NSRI geskenk. Harwood het reeds meer as R19 000 vir die NSRI ingesamel.

Klik hier om haar veldtog finansieel te ondersteun.

Jy kan ook van SnapScan gebruik maak om die veldtog te ondersteun. Gebruik asseblief jou telefoonnommer en ‘Georgina’ as verwysing.

Klik hier om haar Facebook-blad te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

CHRISTA ·

Wys jou weer eens: If you want a job done, ask a woman. Dit neem ‘n dame van 100 jaar oud om vir die NSRI fondse in te samel sodat hulle seereddingsbaadjies kan koop!

CHRISTA ·

Wys jou weer eens: IF YOU WANT A JOB DONE, ASK A WOMAN. Dit neem ‘n 100 jarige dame om vir die NSRI fondse in te samel om lewensreddingsbaadjies te koop!!! Dit lyk nie of die regering fondse vir hulle het nie – als is seker op Nkandla spandeer.

Elfie ·

Ouma, jy is nog sommer baie hups – respek en “salutations”!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.