Foto’s: Ouma vier 100ste verjaarsdag met valskermsprong vir NSRI

Georgina Harwood vier haar 100ste verjaarsdag met 'n valskermsprong ten bate van die NSRI Foto: Sky Dive Cape Town

Georgina Harwood vier haar 100ste verjaarsdag met ‘n valskermsprong ten bate van die NSRI Foto: Sky Dive Cape Town

Georgina Harwood het Saterdag haar 100ste verjaarsdag gevier met ʼn tandemvalskermsprong naby Kaapstad.

Georgina het die geleentheid gebruik om geld in te samel vir nuwe lewensreddingsbaadjies vir die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI). Een baadjie kos R1 200.

Dit is die derde keer dat sy uit ‘n vliegtuig spring. Sy was 92 jaar oud toe sy die eerste keer vir die uitdaging daarvan gespring het. Toe sy 97 jaar oud was, het hulle as drie generasies saam uit die vliegtuig gespring en nou het sy dit vir die fondsinsameling- en bewusmakingsveldtog gedoen.

Klik hier om haar veldtog finansieel te ondersteun.
Jy kan ook van SnapScan gebruik maak om die veldtog te ondersteun. Gebruik asseblief jou telefoonnommer en ‘Georgina’ as verwysing.
Klik hier om haar Facebook-blad te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

George ·

nee man sy wou net weer styf vas gehou word deur n jong sterk man .LOL

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.