[Foto’s] Pa en baba sterf in N3-ongeluk

Die ongeluk op 5 Januarie 2016 in Harrismith Foto: Netcare 911

Die ongeluk op 5 Januarie 2016 in Harrismith Foto: Netcare 911

ʼn Pa en ʼn baba is Dinsdagaand in ʼn ongeluk op die N3, ongeveer 20 km buite Harrismith in die rigting van Warden in die Vrystaat, oorlede.

“Paramedici is ontbied na die ongeluk tussen drie motors en ʼn vragmotor,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Een van die motors het glo voor aankomende verkeer beland en ʼn ander motor getref voor dit die vragmotor en nog ʼn motor getref het.”

Een van die motors en die vragmotor het aan die brand geslaan. “Die pa en baba was in die motor wat aan die brand geslaan het,” het Botha bygevoeg. “Hulle het ongelukkig al twee aan hul beserings beswyk. Die ma het wonderbaarlik uit die vlamme ontsnap, maar sy het ernstige beserings opgedoen.”

ʼn Vrou in ʼn tweede motor het geringe beserings opgedoen.

Paramedici het die beseerde persone op die toneel gestabiliseer voordat hulle na ʼn hospitaal in Harrismith geneem is vir verdere behandeling.

Die pad is in alle rigtings gesluit totdat die ondersoek afgehandel is.

Die polisie stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Judy-Anne ·

Ag siestog dat die vroutjie nou haar man en Babba verloor siestog dit is baie hartseer RIP xxx

Lulu ·

Dit moet ‘n verskriklike dood wees. Hopelik was albei reeds dood toe die motors begin brand het.
Dis vir my opmerkend hoeveel motors begin brand na ongelukke. Jare terug het dit net nie gebeur nie. Is moderne tegnologie besig om mense letter dood te maak? Al die rekenaar komponente, slim enjins (kan nie aan ‘n ander word dink nie) – is dit die moeite werd?

Tascha ·

Sjoe dis bitter hartseer! RIV my hart breek vir die vrou wat haar man en babatjie so tragies verloor het.

poplap ·

Is dit regtig nodig om foti’s van die brandende motor te wys? Is die artikel nie vanselfsprekend en grusaam genoeg nie. Eers die drywende lyk nou die brandende motor. Is Maroela sensasie jagters?
Geen gevoel vir naasbestaandes?

Le Roux Strydom ·

Poplap, dit is maar goed jy werk nie vir my nie, Die mense doen hul werk baie deeglik , ek weet nie wie die nalatige persoon of bestuurder was en of wat die omstandighede iwas wat die ongeluk veroorsaak het nie, hierdie is baie hartseer dog werklik , wie weet miskien skrik die soort van fotos ander padgebruikers af wat nie weet hoe ‘n motor ‘n mens kan vermink indien hul onder die vals indruk van sekurirteit beleef terwyl hul bestuur en dan netdoen wat hul wil n, my innige simpatie met die Moeder en al die ander mense wat hul geliefdes verloor agv motorongelukke in enige tyd van die jaar !

Gerhard ·

Ai poplap, dit is realiteit.
Hopelik sien ander onverantwoordelike mense die fotos en besef hulle is skuldig, miskien net kan dit mense se lewens red.
Ja dit is grusaam, maar absoluut nodig.

Sterkte aan die families.

Sarie ·

Dis AFGRYSLIK!!! Hoè gaan diè arme vrou voel as sy haar bewussyn herwin en hoor, beide haar man èn baba, het in die ongeluk omgekom… Vader, dis hièr waar ons as mens magtelose toeskouers is van hierdie vreeslike tragedie…. Here, slegs U kan hierdie pyn verstaan en haar hierdeur dra. Ek plaas haar in U hande, en vertrou U met die genesing van haar siel en liggaam…. Amen!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.