[Foto’s] Paramedici sit ‘poot’ by

Foto: ER24

Foto: ER24

ER24 se span paramedici van Johannesburg-suid moes Woensdagoggend in ʼn ongewone noodgeval hul bystand lewer.

ʼn Vrou het by ER24 se basis aangekom om hulp te vra vir haar hond wat sukkel om geboorte te gee, het ER24 in ʼn verklaring gesê. Die paramedici het sonder om te huiwer dadelik gehelp en die vrou het verduidelik die babahondjie sit nou al ʼn paar uur lank vas. “Toe paramedici ondersoek instel, het hulle gevind die babahondjie se kop is in die pelvisbeen vasgekeer,” lui die verklaring. “Hulle het dadelik die ma in die ambulans gelaai en met haar na ʼn nabygeleë veearts gery vir verdere bystand.

Die babahondjie is veilig gebore en dit gaan goed met ma en kleintjie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ruby ·

Dankie julle ouens dat julle gehelp het en ook aan die vrou wat hulp gevra het en nie net die hond aan sy eie lot oorgelaat het nie.
:-) :-)
Ons soek meer sulke liefdesdaad stories.

Aster ·

Laat daar nog sulke wonderlike dinge in Suid-Afrika kan gebeur. Baie dankie ER24 vir julle uitstekende diens! Dit wys jou dat ‘n lewe (maak nie saak of dit mens of dier is) kosbaar is! Hou so aan!

René ·

Oh wow, hats off to ER24. Julle is wonderlik. Dankie vir julle puik diens en liefde waarmee julle julle werk doen

Koos ·

Dankie ER24. So ‘n ruk terug ry my vrou werk toe. Sy bel my en se daar le ‘n persoon langs die pad en sy het gesien hoe die in mekaar sak. Ek bel die SAPD en Netcare 911. Die SAPD stuur ‘n voertuig uit en Netcare 911 se reaksie oor die foon…. Het die persoon ‘n mediese fonds, indien nie kan hulle nie help nie! Dit dien om vermeld te word dat ek eerste die staatsnooddienste gebel het en nie kon deur kom nie. Weereens dankie ER24. Duidelik is lewe vir julle belangriker as geld, of dit mens of dier is!

Hettie ·

Dankie ER24 vir jul liefde wat omgee en doen! Hou so aan! Trots op julle!

connie ·

Baie dankie ER24 vir jul hulp, nie net met mense nie maar ook met ons diere kinders. Mag die Here elke een van julle seen in jul werk.

Eish! ·

ER24 van Bethlehem………….! Dai manne is ook tops. Ek het hul eenkeer nodig gehad en bly 52km van hul af. Ek weet nounog nie hoe hul so vining by my uitgekom het nie. Die man was in die kerk?????????? Binne 15minute was hul by my. En die maniere van die ER Ambulans ouens…….Baie goed. Dit was swart en wit personeel en hul almal was baie vriendelik, behulpsaam en profesioneel. Dankie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.