[Foto’s] Paramedikus help katjie red

Die katjie wat vassit. Foto: Verskaf.

Die katjie wat vassit. Foto: Verskaf.

ʼn Paramedikus van Rescue Care Paramedics het Maandagaand tydens sy aandskof gehelp om ʼn ongewone pasiëntjie uit ʼn moeilike situasie te red by ʼn kruising in Durban.

Die paramedikus, Garrith Jamieson wat ook Rescue Care se woordvoerder is, het Woensdag aan Maroela Media gesê hy het ʼn oproep van die bestuurder van ʼn insleepvoertuig ontvang dat ʼn katjie in die voertuig se wiel vassit.

“Die kat het by die kruising van die Jan Smuts-hoofweg en N3-wisselaar onder die insleepvoertuig ingehardloop en nie weer uitgekom nie,” het Jamieson aan Maroela Media gesê. “Die bestuurder het uitgeklim en die katjie tussen die allooivelling en die skyfremmeganisme sien vassit. Die bestuurder het hulp ontbied en ek het gaan kyk hoe ek kan help.”

Jamieson het gesê die katjie was nie baie gelukkig nie en het baie gemiaau. “Dit het gereën en die katjie was nat en vol modder. Dit het darem gelyk of die kat nie raakgery is of seergekry het nie, hoewel hy baie aggressief en gespanne was. Ons het besluit die beste manier om die katjie te red, was om die wiel van die voertuig af te haal. Toe die wiel af is, is die katjie maklik bevry.”

Jamieson het die kat drooggemaak en ondersoek. “Die katjie was ongedeerd en is in die sorg van Andres Mathois van SA CAN Pet Rescue geplaas wat reeds ʼn liefdevolle huis vir die katjie gevind het.”

Die katjie, veilig in die hande van die paramedikus. Foto: Verskaf

Die katjie, veilig in die hande van die paramedikus. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Griki ·

Wat ‘n pragtige verhaal! Beide die voertuigbestuurder en mnr Jamieson is my helde, vandag! Baie dankie dat julle soveel omgee. God seën julle.

veronica ·

As daar maar net meer sulke goue harte was!!! Dankie Superhero!!!!Blessings vir jou!!!!

Eliza-beth ·

‘n Goedvoel storie so tussen al die moord en doodslag. Die nuwe eienaars kan nou lekker lang stories oor hul katjie vir hul kuiergaste vertel! Dankie aan al die mense wat gehelp het hiermee!

Dee ·

Skielik dink ek so bietjie meer van (sommige) van die aasvoëls van die pad. Pragtige storie.

Lynnette ·

Give that man a Bells!!! Baie dankie vir julle bedagsaamheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.