[Foto’s] Paramedikus kritiek ná ambulans teen seekoei bots

ambulans-seekoeiTwee paramedici is beseer, onder wie een kritiek, ná die ambulans waarin hulle gery het Maandagaand teen ʼn seekoei gebots het op die berugte Molotopad buite Pretoria.

Mercia Blake, woordvoerder van Life24-ambulansdienste, het gesê hul kollegas was op pad na ʼn ongelukstoneel in KwaMhlanga toe hulle net verby Roodeplaatdam teen die seekoei gebots het. Die seekoei is dood.

Volgens Blake is die bestuurder van die ambulans kritiek beseer en moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word. “Ons het nie gedink hy gaan lewend daaruit kom nie. Die ambulans lyk regtig afgryslik. Ons gedagtes en gebedes is met ons geliefde paramedici.”

Blake het gesê die paramedici is na die Mamelodi-hospitaal geneem vir behandeling.

Die seekoei is op ʼn sleepwa gelaai en van die toneel verwyder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Andre ·

En daai groot grys lyf sien jy nie vinnig genoeg in die pad raak nie.

Realis ·

Arme MENS en SEEKOEI! Dit sit beslis nie in enige MENS se broek om hierdie tipe werk te doen nie, HY red ander se lewens – MAG DIE HERE SY LEWE SPAAR – ONGEAG VELKLEUR!

Werner ·

Die seekoeie loop baie in daardie area rond,buffelsdrift area sien mens hulle baie,hy was heel waarskynlik oppad roodeplaat dam toe

Leonorah ·

Sies mense, verskillende se kommentaar is regtig baie onvanpas.
Sterkte aan albei die besserders,
En kom ons bid ons Hemelse Vader dat hulle mag gesond word.

KarenG ·

Ek lees nou die kommentaar van ” arme seekoei” en kan nie help om te dink dat mense so min van mekaar kan dink nie. Of dit nou ernstig bedoel word of as ‘n grap, dit bly hartseer. Dis mense wat baie seergekry het en wat gewoonlik ander mense se lewens red, dalk eendag jou geliefdes. Wat as een van jou vriende/familie in ‘n dier vasry, gaan jy dan ook se “arme diet”, terwyl jou geliefde dood of ernstig in die hospitaal is? Ek wonder maar net. Sterkte aan die paramedici, hoop vir ‘n volle herstel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.