Foto’s: Park wat miljoene kos nou ʼn hoop vullis en as

Die Seawinds-park na 16 maande. Foto: Verskaf

Die Seawinds-slimpark naby Lavender Hill in Kaapstad is binne 16 maande van ʼn park van wêreldgehalte tot net ʼn hoop rommel en as gereduseer.

Die park wat teen ʼn koste van R7 miljoen gebou is, is op Erfenisdag (24 September) in 2017 vir die publiek geopen en het onder meer ʼn waterspeelarea gehad waar kinders meer kon leer oor die watersiklus. Daar was ook ʼn speelarea vir kleiner kindertjies, twee bane waar verskeie balsporte gespeel kon word, ʼn piekniekarea, ʼn buitelug-oefenarea en ʼn onderdak verhoog.

Só het die park gelyk. Foto: Verskaf

Die park is egter onherkenbaar vernietig en is nou niks meer as ʼn hoop rommel en as nie. Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, het sy skok uitgespreek oor die toestand van die park.

“Al die fasiliteite is tot op die grond afgebrand, gevandaliseer of gesteel. Die park is só erg beskadig dat jy dit nie eens meer kan herken as dieselfde plek toe dit oopgemaak het nie.”

Die Seawinds-park na 16 maande. Foto: Verskaf

Badroodien het gesê die doel van die park was om mense byeen te bring en om ʼn blywende nalatenskap vir die kinders van die omgewing te gee. “Ongelukkig het kriminele die park en dit waarvoor dit gestaan het vernietig. Families het nou nie meer ʼn pragtige veilige plek nie en die kinders in die area het nou minder plek om te speel.”

Die publiek is aangemoedig om voorvalle van vandalisme by die polisie aan te meld, aangesien die stad volgens Badroodien nie alleen die euwel van vandalisme kan aanpak nie.

“Ons sal kyk na langtermyn oplossings om hierdie laakbare gedrag te probeer stopsit. Ons sal saam met die gemeenskappe, die polisie en ander wetstoepassingsagentskappe werk.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

Karin ·

Werklik ! Hoe kan julle nog geskok wees oor sulke gevalle !

Ex DA supporter ·

The DA that always criticizes and then this happens in their own back yard. If it was managed properly it wouldn’t be in ruins. Don’t make it the public problem to report things.

Pixie ·

Did the DA break it down? It was proudly handed over to the community to manage. To be proud of what they got and to maintain it. I am no DA fan but don’t blame the wrong people here.

ZAR ·

I’m not a DA voter, but I’m the first to tell you that the DA can do only as much as the laws allow. If protesters that vandalize were dealt with thoroughly then people would think twice before they did this. Remember the ANC controls the DA’s budget.

Etienne Prinsloo ·

Your commentary is totally in keeping with the mindset of those that vandalized this facility. The DA is better off without you.

lolla ·

hoe de hel kan jy die DA blameer??…. waar is die mense wat daar bly en hulle maaksels se verantwoordelikheid vir oppas en beskerm…..min ander gebiede het so goeie handout gekry…. maar alles is verniet en niks word opgepas nie….. en ja kinders kan nie op hulle eie speel nie…..want baie ouers glo mos as die kind gemaak is moet ander die kind groot maak….hulle pocket die ‘all-pay’ …. sorteer die kinders in julle area uit….glo my sulke kriminele is in alle areas met die kriminele wat nou oral intrek…. kom vat verantwoordelikheid en moenie kriminele beskerm nie…..die skuldiges woon in die area…. en nee ek stem nie DA nie

Johanna Botha ·

Dis nou n GROOOT GEMORS ! ! DA sokkies optrek ……NOU ?

manie ·

Ek stem beslis nie da maar rerig, is dit nou werklik hulle wat park afgebreek het

Francis Linström ·

Gaan kyk made enige plek in SA en jy sien vandalisme van opebare geriewe. Humansdorp se karavaanpark se geboue se dakke en deure is alles weg. Glo swembad is ook tot niet. Aliwal warmbronne, Eens hoog produserende plase, PE Uitenhage tonnels, afgebrande skole en so kan ek aanhou. Oral, so hoe kan dit gestop word?

Willehond ·

Hallo suid afrika! Let op my klein letters, die gemors land verdien nie hoofletters nie!

Johan H. ·

Gaa kyk hoe lyk die dorp hoedspruit, Die sif loop op krukke,

bren ·

soos alles in SA; vernietig alles! Ek is werklik oor hierdie chaos in die land. GEEN respek vir niks nie.

BlinkStephaans ·

En steeds glo hulle as jy dit met die beste bedoelings en verniet gee sal die ontvangers hul goeie bedoelings sien en dit mooi oppas en gebruik waarvoor dit bedoel is. Droom voort. Die opvoedings taak sal met geluk aan ons kant nog n paar geslagte duur… voorspoed met dit.

Avra ·

Niks wat iemand verniet kry, word ooit opgepas en versorg.
WERK vir dit

Ingo ·

Hoe erg moet dit in n land gaan voordat mens kan aansoek doen vir vlugteling status? Ek het nie genoeg geld, die verkose beroep of die jeug om te emigreer nie!
Ek het genoeg gehad van die land se politieke waansin.
Mens kan in enige land weer oor begin,maar mens het net een gesin!
Ek is in die proses om my huis op te knap en dan te verkoop- sal die geld oorsee moet belê.Help nie mens het n huis wat binnekort waardeloos gaan wees ,maar mens het nie geld om n toekoms erêns anders te begin nie.
Noem my maar wat jy wil!

Estelle ·

Ons gesin dobber in dieselfde bootjie as jy rond Ingo. Ek wil my tassies pak en maak dat ek wegkom hier. Ek sal met niks in ñ nuwe land weer van vooraf kan begin. Hier het ek niks en geen toekoms. Noem my ook maar wat ookal in jou gedagtes opkom.

P ·

Net mooi alles moet verniel of vernietig word waar gaan dit end. Ek is so moeg vir die vandalisme. Is net een te veel vir my.

Cherokee ·

Dit is nie net met die park gedoen nie maar met die hele Suid Afrika.

Kierie ·

Verhaal die skade van die gemeenskap. Hulle het in die eerste plek nie daarvoor betaal nie. As jy nie vir iets gewerk het nie, maw verniet gekry het, sal jy nie daarvoor omgee nie.

Alida ·

Wat het julle verwag? Niks mag mooi lyk of werk nie. Bravo SA.

Tanya ·

Baie schems maar werk nie los dit maar uit gebruik daai schems se geld vir arm mense asb

Vivian ·

Dis jammer dat sommige individue ‘n gemeenskap ‘n slegte naam gee.Ek is bruin maar ek breek nie af nie,ek werk hard vir wat ek wil he en verwag absoluut niks verniet van niemand nie.Ek leer my kinders om ordentlike opgevoede landsburgers te word.Nie almal kan oor dieselfde kan geskeer word nie!Nerens kan sulke vandalisme geduld word nie!

Peet Schabort ·

Jy is reg Vivian. Gister sien ek hoe ‘n wit vel sy vullis by sy karvenster uitgooi in die straat. Rommelstrooi, vernietig, swak maniere ken nie ras of velkleur. Hierdie goggas is in elke gemeenskap. Opvoeding moet reeds op laerskool begin sodat die peuter die ouers kan opvoed. Ja, ek is wit.

lolla ·

ek stem saam Vivian… ons het ook niks verniet gekry nie en swaargekry vir wat ons het…. maar opvoeding het ons by die huis geleer en my kinders het ook respek vir ander en alles by die huis geleer …. die gemeenskappe moenie kriminele beskerm nie….al is dit jou kind…niemand skuld ander iets nie…ons moet werk en waardeer vir wat ons het

Wonder net ·

Wel, kyk waar is dit gebou, beantwoord dit nie baie. Kon nog nooit iets oppas, opbou of herstel

marous ·

Wys vir die wereld daar buite hoe hierdie mense waardering toon .

Jordaan ·

Dit is wat gebeur as mense vir niks betaal nie. Hulle heg geen waarde aan enigiets nie.

Solution ·

Dit is absoluut hartseer om dit te sien. Waarom is dit toegelaat om tot hierdie toestand te laat vergaan?
Geen mens gee vir ‘n baba ‘n krystaal speelding en hoop dit breek nie.
Kon julle nie lankal iets omtrent die situasie gedoen het nie. Nou moet meer geld in geploeg word.
Kom vinnig op met ‘n plan sodat, hierdie eens pragtige plekkie weer mooi lyk.
Waarom moet iets eers nuuswaardig word, voordat ingegryp word. Julle is mos nie kinders nie………

Els ·

Welkom in die nuwe Suid-Afrika! Alles moet mos gebreek en bemors wees.

Stripes ·

As jy aan niks gewoond is nie kan jy nie sien dat iemand anders iets geniet nie. SAPD stel nie belang in betreding of vandalisme sake nie want dan is hulle verplig om teen hulle tjommies op te tree en die anc ondersteun dit. Waar is enige vandalisme se skade tydens betogings ens al ooit verhaal van diegene wat betrokke was? Daar word altyd ‘n paar vir die skyn gearresteer en net om die hoek weer vrygelaat want dit is te veel papierwerk en hulle is nie daar om te werk nie.

Willem ·

Dis geen probleem nie. Bou net n nuwe park ons betaal mos belasting. Ek is seker die vernietiging van die park was Jan van Riebeeck se skuld.

Michelle ·

Die ouers kan nie hul kinders beheer nie. Ouers laat hul kinders toe om te doen wat hulle wil, dwelms kan nie beheer word nie die Weermag en die Polisie kan die mense nie beheer nie. Van die ouers verkoop dwelms saam met die kinders of die ouers het dit gebruik en dit so afgesmeer aan die kinders. Baie kinders kon kos kry met R17 miljoen en julle is bekommerd oor ‘n parkie ‘n stuk sement sou werk

Snowflake ·

Nuwe wet in sa is dat niks meer mag finksioneer nie, niks mag instand gehou word nie, niks mag floreer nie, niks mag suksesvol wees nie… dis sa se nuwe beleid!!

corne ·

Kaapstad = DA So hoekom dien die DA nie iets hieraan nie? O wag hulle is te besig met hofsake esv as on weeklik vir die mense om te gee

rina ·

Kom kyk gerus hoe lyk Parys se eens kroonjuweel Mimosa, dit is totaal en al vernietig, gaan kyk ook Aliwal noord se vakansie oord, gaan kyk Standerton se ontspannings plekke, suid-Afrika is besig om tot niet te gaan

jakes ·

Die parkie se agteruitgang is maar tiperend van die algemene toestand van dorpe en stede in SA. Wat verwag mense dan anders ? As jy onbevoeg is om n land en sy mense ordentlik te regeer dan is totale verval jou voorland.

Rooikop ·

Glad nie verbaas nie ……………….. alles word geplunder en vernietig …………….

Jurie ·

In die eerste instansie wonder ek vir wat is 7 milkoen gebruik om die park te bou?Onmoontlik alles in die parkietjie gesit!Gaan iemand nou 8 miljoen kry om te herstel?
Tweedens is byna elke parkie in die land in dieselfde toestand want hulle kry gratis Wi fi en wie gebruik op die ou ende die parkies nie kinders nie!

olly ·

Dit sal nooit verander nie, wanneer die dood aanbid word kan daar net verwoesting volg!

alida ·

Waar was die munisipale werkers wat daar moes skoongemaak het? Ek laat my nie wysmaak hulle het oor ‘n tydperk van ‘n jaar niks agtergekom nie.

MW ·

Stem heelhartig met jul saam. As jy nie daarvoor betaal nie hoekom sal jy dit uitlos? SA = Selfhelp Afrika. Die mooiste aluminium brugreëling is naby ons ‘n paar jaar gelede stuk vir stuk snags afgesaag tot daar niks van oor was nie. Iets wat met belastingbetalers se geld opgerig was. Nou vervang in een of ander minderwaardige sink. Die munisipaliteit kan nie voorbly om dreindeksels te vervang nie. Ons was inderdaad in die huis geleer dat jy ‘n ander se goed nog beter moet oppas as jou eie? Dis goed om te hoor daar is nog mense met goeie waardes in die rondte. Seldsaam geraak

marco polo ·

Die oplossing is eenvoudig. Moet niks meer bou nie, want dis net geldmors en gaan in n kort tyd verwoes word. As die gemeenskappe sulke plekke wil he, laat hulle dit self bou met hul eie geld. Ek wonder hoe het die stadsraad in die eerste plek besluit om so iets te bou.

Johann Jordaan ·

Die vandale is van die gemeenskap! As die gemeenskap iets werd was sou die eerste keer wat die park verniel was dit aangegee het. Sloop die ding en hou op om goeie geld te spandeer aan gemeenskappe/ mense wat nie dit wat vir hulle gedoen word waardeer en oppas nie.

ZET ·

Ons belastinggeld gaan ook opraak. Daar is net te veel waarvoor daar betaal moet word.

Karen van Zyl ·

Dit is absoluut pateties, ons belasting geld is daarvoor gebruik en maar nog net ‘n stuk grond om te verwaarloos.

Hennie ·

Stem saam met alles wat gesê word net een ding moenie die kinders blameer nie hierdie vinger word reguit na die ouers gewys dit vat n groote om n kleintjie raak te sien , ongelukkig is van hierdie geslag ouers so pateties as wat kan kom hulle wil net hê en hê maar nie bereid om verantwoordelikheid wat daarmee saam gaan te aanvaar nie.Word wakker ouers en leer julle kinders die regte dinge in die lewe.

A Mac ·

Hoekom verbaas en geskok wees? Teen die tyd weet enige mens met verstand dat hier in Suid Afrika nie meer vooruitgang gaan wees nie. Maak nie saak of jy die mooiste skool, hospitaal, pretpark, winkelkompleks bou en aan die gemeenskap skenk nie, gee net tyd dan het jy dit waarvoor 3de wereld lande bekend is, ‘n hoop rommel en ‘n ashoop. Ons sal eerder verbaas wees as die plekke instand gehou en opgepas word.

Elvira ·

Nog minder as 10 jaar dan is alles wat mooi en goed was in hierdie land ten gronde. Gaan soos die res va n Afrika boontoe lyk. Dor, droog en dood.

Renier ·

Hier in Australië is daar pragtige parke. Ek merk egter reeds ‘n verval wat in sekere woonbuurte plaasvind. Myns insiens is ons op pad na ‘n Suid-Afrika oor so 20 tot 30 jaar. Demografie is bestemming en die regerende sosialiste glo ons is almal dieselfde.

Martie Brandt ·

Dis tragies, hartseer en skokkend. Ons dorpe is besig om te vergaan onder die rommel. Het in Desember tussen Pretoria en Springbok gereis. Die dorpe is rommelhope. Kan elke dorp se inwoners nie self inspring en skoonmaak nie? Moet ons altyd wag vir ‘iemand’ om dit te doen? Uitdaging aan die inwoners ; begin ‘n skoonmaakproses, ons selftrots weeg tog swaarder as al die verwyte, beskuldigings en rommel??

Wat Wie ·

Luister na die getuienis oor Bosasa dan verstaan ons hoekom dit so gaan. Ongelukkig verstaan almal dit nie en blameer nogsteeds ander vir hul werkloosheid en gesukkel. Afriforum en Solidartiteit nie groot genoeg om die hele SA te red nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.