[Foto’s] Parys-boere: Só lyk die toneel

Foto: Mariné Lourens

Die onderskeie regspanne, die regter en ses beskuldigdes in die sogenaamde Parys-boere-moordsaak het Dinsdagoggend die toneel op ʼn plaas buite die Vrystaatse dorp besoek waar twee vermeende plaasaanvallers glo aangekeer en aangerand is.

Boeta van der Westhuizen (46), Loedie van der Westhuizen (19), Anton Loggenberg (50), Cor Loggenberg (20), Miela Janse van Vuuren (23) en kapt. Henk Prinsloo (47) staan tereg op twee aanklagte van moord in verband met die dood van Samuel Tjixa en Simon Jubeba. Die staat beweer die ses beskuldigdes het Tjixa en Jubeba so erg aangerand dat hulle later in die hospitaal aan hul beserings beswyk het. Die ses beskuldigdes het skuld op al die aanklagte teen hulle ontken.

Regter Corné van Zyl op die toneel. Foto: Mariné Lourens

Die toneel waar Tjixa en Jubeba op 6 Januarie 2016 glo deur ʼn groep boere van die gemeenskap aangekeer is, is geleë op die plaas Swartklip. Dit is nie ver van die plaas Biesiesbult nie, waar Loedie van der Westhuizen sr., Boeta se pa, na bewering die betrokke dag in sy huis aangeval en aangerand is.

Die verdediging beweer Tjixa en Jubeba het Van der Westhuizen sr. in sy huis aangeval en aangerand, maar het op die vlug geslaan nadat hy die paniekknoppie gedruk het. Hulle is toe by Swartklip deur ʼn groep boere aangekeer.

Kobus Burger vir die verdediging het aan regter Corné van Zyl verduidelik dat die regspanne nie kan uitwys presies waar die twee mans gelê het nie, maar dat dit in hierdie gedeelte van die veld was. Die plek waar die mans aangetref is, is in ʼn veld naby ʼn lae veeheining. Die gebied reg rondom die toneel is veld met enkele groot klippe wat plek-plek tussen die gras uitsteek.

Drie van die beskuldigdes, Miela Janse van Vuuren, Loedie van der Westhuizen en kapt. Henk Prinsloo, op die toneel. Foto: Mariné Lourens

Burger het aan Van Zyl gesê die gras op die toneel was verlede jaar baie korter, omdat dit daardie tyd nog nie in die gebied gereën het nie.

Die besoek aan die toneel het onder meer gehelp om Van Zyl ʼn idee te gee van die terrein waar die mans aangetref is, die toestand van die paaie tot by die plaas en die afstand tussen Swartklip en Biesiesbult. Die regspanne het ook aan Van Zyl ʼn sementdam uitgewys nie ver van waar Tjixa en Jubeba aangetref is nie.

Sers. Gerhard Keyser, ʼn lid van die SAPD in Parys, is ook Dinsdagoggend na die toneel ontbied. Keyser het vroeër in die hof getuig hy was die aand van 6 Januarie 2016 aan diens en is na Van der Westhuizen sr. se plaas ontbied nadat die beweerde plaasaanval daar plaasgevind het.

Kobus Burger, deel van die verdediging se regspan, op die toneel. Foto: Mariné Lourens

Keyser het vroeër aan die hof gesê hy is later na die toneel by Swartklip waar hy onder meer die erg beseerde Tjixa en Jubeba aangetref het.

Keyser het aan die hof gesê hy het gehelp om die twee beseerdes agter in die polisiewa te laai en het daarna stadig en versigtig gery om die ambulans langs die pad te ontmoet wat hulle hospitaal toe sou neem. Keyser het Dinsdag voor gery toe al die betrokkenes die toneel verlaat het om aan die regter te wys watter pad hy met die twee beseerde mans gery het om die ambulans te ontmoet.

Die verhoor duur voort.

Lees alle vorige berigte oor die Parys-boere op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Theresa ·

Moral of the story: Moenie mense gaan aanrand/beroof/probeer vermoor in hul eie wonings nie- maak nie saak wie dit is nie. Eintlik was daar selfverdediging ter sprake??! vra maar net.

al ·

Snaaks dat hierdie saak soveel opslae maak maar vigilante gewelddadige gedrag van ons mede landgenote trek nie naastenby soveel aandag nie.
Ek het geen simpatie met die plaasaanvallers nie – …..

apie ·

Zuma se radikale ekonomiese transformasie ‘n ‘plunderingsmeganisme’ sê ‘n ontleder – en hulle verwag boere met kalm bly as hulle aanvallers agtervolg en voorkeer…..

Magda ·

Martin.. en as 8 onskuldige mense terwyl hulle slaap aanval, he regverdig is dit?

Mariska ·

Martin, so jy keur goed wat daai 2 booswigte gedoen het? En jy reken dis verkeerd vir hulle om met hulle lewe te betaal? So wat van al die ander boere wat sterf omdat hulp nie gou genoeg kom nie? Is dit maar regverdig dat hulle met hulle ONSKULDIGE lewens betaal? Ironie, as dit wit op swart moord is word die beskuldigdes darem maar baie vinnig aangekeur. Maar as dit Swart op Wit is loop hulle vry rond vir die res van hulle lewens!!

Johanna ·

En as dit nou visa versa is – gaan die Regters ook uit om te gaan kyk?

Nettie ·

@Johanna – wáárvan praat jy nou, vrou? As dit 8 blanke plaasmense was wat wreed aangerand, verkrag en vermoor was, het die polisie darem al hopelik die toneel besoek (en bemors), die dossier oopgemaak (maar toe raak dit weg) en kamma na die oortreders gesoek (maar dit toe gestaak) en sal die saak nou na 10 maande nog steeds by die NVG lê om ‘oorweeg’ te word vir vervolging; indien die vermeende verkragters/moordenaars/diewe wel aangekeer word en die dossier opgespoor word in die naaste ‘squatter camp’ sal die nodige ‘evidence’ weg wees en sal die saak uitgegooi word weens onvoldoende bewyse. Dit is soos die regstelsel vir die swart mense en die regstelsel vir die blanke mense in SA vandag werk.

Martin ·

Mariska, dit is nie regverdig dat jy my oordeel nie. Magda dit is ook nie regverdig dat agt mense aangeval word terwyl hulle slaap nie. Maar hoe dapper moet ses groot mans wees om twee ander mans so aan te rand. En hoe kon hulle nie voorsien dat hulle vir baie groot probleme soek nie. Ek is self ‘n Boer, maar ditkan ek nie goedkeur nie. Al wat hulle nou bereik het met hierdie sotlike daad, was om die kans te staan om alles te verloor. Wat nou van hulle families en hulle plase. En al sou hulle loskom, watter skade het hulle nou aan hierdie alreeds venielde land gedoen? Hoekom het hulle nie daai mense opgelaai en Polisiestasie toe geneem en ‘n saak gemaak, ipv om rêg in eie hande te neem nie?

LMF ·

Ja Martin en wat as hul ok van die bakkie afgeval het oppad polisiestasie toe dan was daar groter moeilikheid in parys

Hennie ·

Laai hulle op polisiestasie toe is hulle binne n uur weer terug op straat agv arrestasie wat klaarblyklik nie reg uitgevoer was nie. Ek self het so bloutjie geloop.

charmaine ·

Doen hulle so baie moeite vir elke boer wat ook vermoor word?

cor ·

Martin die manne was sekerlik kwaad en het mekaar opgewerk voor hulle nog op die toneel was. As jy hulle so kyk kan jy sien hierdie manne vat nie nonsens van kabouters nie. So toe dink hulle met geweld op moontlike geweld en nie met hulle verstand nie. Dit leer jou maar net beteul daai humeer van jou anders gaan jy in vandag se tyd aan die kortste end trek, dit is nie meer die tyd waar jy alles en almal wil reg en uit die pad neuk nie.

Pop ·

Martin heel duidelik het jy nog nie ‘n loop van n wapen in jou of jou geliefdes se gesig gehad nie. En nog minder is jy met ‘n koevoet geslaan en met ‘n byl gekap. Dalk was dié 2 al aandadig aan so iets en kon jy volgende gewees het.

Johan. H. ·

Maritn ,Want as hulle daaie mense opgelaai het en een het afgespring van die bakie en sy nek gebreek het ons weer n Colinie op hande, Bottom line die boere is gatvol, vir hierdie regering en sy parasiete,..MM verwyder my kommentaar weer!!En as hulle saps toe geneem is wat dien hulle saps maatjies met die saak???

Hendrik ·

Martin is reg.Ons moet ons verstand gebruik.In hierdie land kan dinge net by die stembus reggestel word.Met gewelddadige optrede gaan ons blankes sleg aan die verloorkant wees.Dit is my beskeie mening.

Boerseun ·

Jy leef ongelukkig in ‘n droomwereld as jy dink jy (en ander blankes) kan dinge by die stembus “regmaak”. Die dae van ‘n “verskil” maak by die stembus het in 1994 gestop. Ongelukkig is die meeste blankes skape wat steeds vir die Boerehatende (pro-regstellende aksie/pro-SEB/pro-onteiening, anti-nasionalisties, ens.) DA stem. In wese stem die Afrikaner vir die moord op hul kinders en hul volk wanneer hulle vir die DA stem. Die stembusstryd is lankal verby! Nou moet ons buite-parlementer woeker en ons eie Boere-Volksraad ondersteun. Gaan uit haar uit my volk!

anton ·

Hendrik…….April fools grappe is al lankal verby hoor!!!!

Lampies ·

Dalk plaas MM my kommentaar? Hendrik, die stembus beteken vir ons niks. Tel die aantal stemmers, mater, dan is dit duidelik dat ons in 1994 ons laaste kans weggestem het! Terloops, die DA word nou onafwendbaar ‘n swart populistiese party; Maimane skreeu so pragtig saam met die EFF en ANC en SAKP “Amandla!”. Dink jy eerlikwaar hy gee vir jou om? Of vir Zille?

bray rabie ·

Kan jy die mense blameer wat dit gedoen , ek glo nie sou seker dieselfde gedoen het

Gwendalene ·

Dit verbaas my elke keer as ek kommentaar lees dat mense wragtig sogenoemde “vertroue” in die regstelsel het en so giggel ek, skud my kop en vat nog ‘n groot sluk van my Rooibos tee.

Voor my pa se selfmoord het ons op ‘n plaas gewoon net so duskant Hartbeespoort. Pragtige plek. Net jammer die regering soek altyd die mooiste plekke om huisies te bou vir hul makkers.

Met die huisies kom nuwe nuuskierige voette met hande wat juk en gedagtes wat dwaal en so begin die probleme. Diefstal hier en ‘n moord of twee daar en soos gewoonlik word niks gedoen nie. Die gemeenskap besluit toe dat ‘n buurtwag die enigste opsie is.

Die probleme hou aan maar die buurtwag doen sy werk en verhoed meeste van die erge voorvalle maar een aand wil die honde nie ophou blaf nie, wagte ry rond maar sien niks nie.

Dit is toe die skote klap. Een, twee, drie. Stilte.

Die skote is oorkant ons en die buurtwag gaan uit. Daar lê hy, gemartel met ‘n strykyster en skroewwedraaier en toe geskiet in sy eie badkamer. Die buurtwag sit toe die mans agter na,trek hul vas LAAI HULLE OP DIE BAKKIE en neem hul polisie toe en maak ‘n saak van diefstal en moord.

Net nie volgende dag is ons opad na ‘n familie dag. Raai wie kom uit die drankwinkel gewaggel met Colgate smiles en ‘n Castle? DIE MOORDENAARS!!!

Cornu Perold ·

Kom ons gaan betoog buite die hof. Tyd dat ons stemme dik gemaak word.

Vryheid ·

Ons hoor daagliks van plaasaanvalle. Ons is g@tvol. Ek sal nie meer terugstaan nie, sal my mense en my grond beskerm. Presies wat die boere gedoen het. Ons sal nie net sit en kyk hoe ons uitgeroei word deur gewetenlose rowers nie. Die dag as daar rowers deur jou deur loop en jou gesin begin afmaai as of hulle niks werd is nie- praat dan weer oor dapper en regverdig!

Beatrice ·

Ek stem volkome, dia tyd dat ons saamstaan. Ons moet saam baklei vir ons land wat so in sy glory is. Ma nee meeste mense prt net en doen niks. En die wat wel doen en nie net prt nie word met klippe gegooi. Nee a as julle enigstens murg in julle pype het staan saam. Dinge kan nie so aangaan nie. Hoeveel van ons mensies moet nog met hul lewens boet. Staan op en veg vir wat ons sin is.

vermeende ·

Beatrice ek stem saam jou, ons moet nou saamstaan maar se eers, was jy en jou man in Cogliny toe daar vir hulp gevra is???
Geloof sonder dade beteken niks.
1000000 mense daag op om te bid maar as ons geloof in dade getoets word dan los ons die mense wat skree om hulp op hulle eie.

apie ·

Ai, ek kry hierdie mans jammer. Mens besef dit was soos n oorlogsituasie en die adrenalien het gevloei. As jy onwettige betreders of moontlike aanvallers net oplaai en polisie toe neem is hulle more weer daar – net met meer moed, haat en selfs ‘n ekstra onwettige wapen. Hulle ken nou jou grond . Wat staan die arme boere te doen ? Die staat doen niks!!! Die minister van polisie of die president moet gedagvaar word

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.