Foto’s: Parys brand weens betogings

(Foto: Verskaf)

Chaos het Maandagoggend in Parys in die Vrystaat uitgebreek toe hordes inwoners van die Tumahole- en Schonkenville-nedersetting die strate ingevaar het. Dié inwoners is keelvol daarvoor dat hulle alewig sonder water sit, en indien daar wel water is, is dit vuil.

Volgens Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier, het inwoners reeds Sondagmiddag begin om JoJo-tenks in die nedersettings aan die brand te steek.

Teen vanoggend (Maandag) het die situasie handuit begin ruk. Die inwoners het van vroeg Parys binnegestroom en na die munisipale geboue en waterwerke opgeruk.

“Die situasie in die dorp is gespanne en daar is ʼn sterk polisieteenwoordigheid. Bande word oral in die dorp gebrand en paaie is ook met klippe toegepak. Skole is reeds van vroeg af ontruim en die verskeie toegange in en uit die dorp is versper,” het Pretorius gesê.

“Inwoners is kwaad en het genoeg gehad.”

Volgens Pretorius het AfriForum met ’n onlangse besoek aan die nedersettings gesien dat die JoJo-tenks – wat veronderstel is om met skoon water deur die munisipaliteit gevul te word – dolleeg is.

“Een van die inwoners het gesê hy het vyf jaar laas water in sy krane gehad. Dit is onaanvaarbaar.”

(Foto: Verskaf)

AfriForum het reeds verlede jaar by die provinsiale sowel as die nasionale rampbestuur aangevra dat die waterkrisis in Parys tot ’n plaaslike ramp verklaar word. Die aansoek spruit uit die feit dat die drinkwater in Parys met E. coli besmet is en die munisipaliteit nie ’n daadwerklike poging aanwend om die toestand om te keer nie.

Die hooggeregshof in Bloemfontein het egter AfriForum se aansoek van die hand gewys, bevestig Pretorius.

Dié burgerregteorganisasie het ook reeds twee dringende hofaansoeke gebring en een twee jaar vantevore, oor die watertekort sowel as die swak gehalte van die water. Al hierdie hofaansoeke is egter ook deur die hooggeregshof afgewys as nie dringend nie.

“Die betogings kon voorkom gewees het as die Ngwathe- plaaslike munisipaliteit en die Vrystaatse hoogegeregshof gehoor gegee het aan AfriForum se versoeke en die hulp wat hulle gebied is, aanvaar en uitgevoer het.”

Die munisipaliteit het ongeveer 18 maande gelede ’n ooreenkoms met AfriForum onderteken, waar die organisasie planne om die waterwerke sowel as die rioolwerke in goeie werkende toestand te kry, voorsien het. Die munisipaliteit het tot vandag toe egter aan geen van die aanbevelings voldoen nie.

“AfriForum het lankal gesien dat die watersituasie in Parys ʼn tydbom is. Ons is egter steeds bereid om hulp te voorsien, dit moet net aanvaar word.”

Maroela Media het die munisipaliteit vir navraag genader, maar nog geen terugvoer ontvang nie.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Johanncb ·

Ek besef die situasie is onaanvaarbaar, maar hoekom aanvaar die Munisipaliteit nie die hulp wat aangebied word nie?! Ek glo almal, voorstede ingesluit, het dieselfde probleem! Gebruik die hulp!

Nie Verbaas ·

So die Vrystaat se regters is net so korrup. Van die hand gewys as inwoners sonder water of met vuil water sit. Stem vir die ANC en dit is wat hulle kry.

Harry ·

Seker ne tvan die hand gewys omdat Afriforum die aansoek gebring het.

Anna84 ·

Dit is eerder ‘n geval van, as die MENSE nie wil hoor nie, moet hulle maar voel. Stem met elke termyn maar net weer vir die party wat gratis T-hemde en worsrolle uitdeel saam met ‘n klomp leë beloftes.

Chantel ·

NEE!! Kroonstad ook deur geloop, maar stem maar weer dieselfde.

Nicholaas ·

Netso en dit kan ek nie verstaan, my brein kan rerig nie die tipe redenasie verwerk dat jy ontevrede is maar aanhou stem vir die party ek weet rerig nie meer.

Rocco ·

As jy ‘n IK het wat baie laag is, kan jy nie vir jouself dink nie. Dit is hoe die regerende party die hulpeloses verder uitbuit, instede om hulle te help, en reg te lei

Johann ·

Kyk na die fotos/videos…die “betogers/inwoners” is niks anders as kinders wat praktiese eksamens aflê in brand stig, klip pak, gedwonge massa anargie, breek,verwoes,DEMAND, ongeskoold bly….al.die basiese ervaring wat “demokrasie” in SA definieer.

Nettie ·

Hulle het dit nog altyd gedoen. Ek kyk gisteraand ‘n Engels-Amerikaanse tv reeks, en dieselfde daar. Die swart skoolkinders neem deel aan protesoptogte en dan is die ouers kwaad as iets met hulle gebeur. Die ANC gaan hul eie Sharpeville een van die dae hê, en dan gaan hulle nie rassisme kan blameer nie.

Harry ·

Eerlikwaar kan jy hulle regtig blameer? Gaan jy vir 5 jaar sonder water sit, an as die munisipaliteit vir jou bitjie water gee is dit vuil. Sal jy happy wees? Om te praat kry jou ook net so ver.

Elma ·

Die kinders kry mos n klip in die hand voor hulle n mes en vurk in die hand kry!

CRDP ·

Hulle wil mos vir die ANC stem met verkiesings, dis wat gebeur, word alles belowe maar kry niks, nie eers water nie

kragaap ·

Stem cANCer – dra rivierwater in emmers elke dag huis toe – soos 100 jaar terug.

Elméne ·

Net jammer – te danke aan die anc is die water in die riviere nie meer bruikbaar nie maar rioolslote!!

Elize ·

Hulle probeer hulle korrupsie wegsteek daarom wil hulle geen hulp aanvaar nie en die betoger kry waarvoor hulle gestem het.

Ansie ·

So, die hooggeregshof was van mening dat die voorsiening van drinkbare water aan mense nie dringend is nie? Of verstaan ek dit verkeerd?

Nettie ·

Hulle sal eerder doodgaan van die dors, of ander mense laat doodgaan van die dors, as om die wit hand wat uitgesteek word na hulle, te aanvaar. Kan ‘n mens SOVEEL haat hê vir iemand wat jou net wil help?

Hulle gaan eendag voor God staan en gaan moet verduidelik hoekom.

Danie ·

Basiese dienslewering kan nie eers nagekom word nie.Maar hulle soek geld hou julle geld terug wil sien waar hulle geld gaan kry om aksies te neem.Die soustrein sal tot stilstand kom.Inwoners vergader en reel met boere ry water aan vir julle self.Ons sit self al 2 maande sonder water.

Misky ·

Kyk, ek sal self kwaad wees as ek 5 jaar sonder water sit. Maaaaaar ek brand nie die jo-jo tank waarin juis my water moet gaan nie!!!!

Jackie ·

Mens kannie die soort van anargie goed praat nie, maar nog minder die ANC munisipaliteit se swak bestuur. Ongelukkig sal die in inwoners met die volgende verkiesing of weer vir die ANC of vir die EFF stem.

Mariana ·

Viva ANC Viva. Van wanneer af is drinkwater nie dringend nie. Hooggeregshof moet weer dink oor die saak. Afriforum gee hulle hel.

Dup ·

SA is met e.ANC besmet. Onluste en dienslewering betogings sal vir ewig met ons wees…..net soos die daaglikse kragonderbrekings.

Di ·

Rerig! Jong snuiters wat deelneem aan hieraan?? Wys jou net hoe hulle opgevoed word en dan wonder ons nog hoekom daar CHAOS is die skole ook heers! Hulle ken net van VERWOES, dis hoe hulle groot gemaak word. “Cut off your nose to spite your face” Vernietig hulle eie JoJo-tenks! Wys jou die intelligensie van sekeres in die land. More betoog hulle weer oor daar nie water tenks is nie. Ek sal hierdie klomp NOOIT kan verstaan nie.

marius ·

Die hool is plat teen die grond . Hierdie is net die begin .

Renier ·

Dalk moet die lands burgers net ingelig word oor hoe om sy stem volgende keer te gebruik.

Rocco ·

Hulle word baie goed deur die anc ingelig – dis hoekom hulle vir die anc stem

Corne ·

Ek kan die frustasie verstaan, maar hoekom op dees aarde altyd alles afbrand, en dan nog weier vir ‘n helpende hand. Ek bid baie vir ons land, maar ek begin nou geen simpatie he vir hierdie mense wat aanhou om vir die ANC te stem nie. As jy nie hoor nie moet jy maar voel. Kan hulle wraggies nie sien hoe korrup is die regering nie????

Hennie Biebouw ·

Ek sukkel om die psige van mense te verstaan, wat afbrand en vernietig, eerder as om by die stembus vir verandering te stem.
DIt is ‘n nasionale verskynsel in Suid-Afrika, die mense wat die meéste deur die ANC se korrupsie en swak dienslewering geraak word, is dieselfde mense wast jaar na jaar vir hul swaarkry stem

Sonblom ·

Ek verstaan glad nie hierdie mense nie. Die mense betoog oor water maar brand die Jo-Jo tenks. En wat soek die kinders daar?!?! So word hulle mos groot gemaak. Liewe aarde!

Vonkprop ·

Nou brand hulle die JoJo tenke en môre kla hulle weer hulle kan nie water stoor nie.

Papsak ·

As hulle nie sin kry nie dan brand hulle maar wat moet ons se oor sonder krag kort op mekaar ons vat nie so oor nie maar hulle mag ons water ook nie skoon maar kort kort af maar ons gaan nie so tekere nie

Eugene ·

Stem ANC sodat julle sonder water kan wees. Word wakker en stem vir ‘n party wat ‘n verskil kan en sal maak. Ek sien geen kommentaar deur die DA. Sekerlik is hulle ook betrokke by die munisipaliteit

Swerwer ·

Solank die huidige Regering aan die stuur van die land is, kan en sal hierdie tipe probleme net vererger. As jy kyk na die jong kinders wat deel is van die ontstoke inwoners is dit net weereens ‘n bewys dat hul van kleins af geleer word om te vernietig. Om paaie te versper, brand, breek, moor en algehele vervietiging gaan nie die probleem oplos nie. Die inwoners moet ‘n leier kry wat hul eerstens, wet en orde kan toepas , ordenlike skool opleiding en opvoeding beskikbaar stel en die probleme kan oplos.
Dissipline is ongelukkig die grondslag van ‘n opbouende en gelukkig voortbestaan

Elma ·

Julle het seker die jo-jo tanks verniet gekry, daarom dat julle die enkele kans om water te kan kry, sal vernietig. Dis mos die oplossing – brand en breek.
Stupid much?

Ria ·

Parys het nie gebrand nie. Geen winkel is geplunder of karre op hul dakke gekeer soos wat hul in Pta en Jhb maak nie. Daar is “useless” Jo-jo’s gebrand en tyres en klippe gepak en paar gegooi. Ek voel nes hul want mens kan sonder krag maar wragtig om sonder water te sit?! Was hele Desember by my dogter en moes afspoel met 5L ķan water wat sy aanry in stort elke oggend. Jy moet water in kan hou langs toilet. As jy kraan oopmaak kom daar n klein stroompie rooi-bruin water uit wat stink.
Mense sê nou dit moet vreedsaam gedoen word! Vreedsaam??! Die munisipaliteit verstaan nie vreedsaam nie! Laasjaar was daar voor Stadsaal bymekaar gekom om n memorandum aan Victoria de Beer te oorhandig(waarvan tot nou sweet blou boggerall gebeur het van mense en alle Parysenaars is uitgenooi waarvan daar nie meer as 10 blankes was nie, want mos makliker om te sit en kerm op fb as om hul gatte te lig en saam te staan. Ek hoop die mense wat nou opstaan kry iets reg met die useless munisipaliteit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.