Foto’s: Passasier verkool in trok

One dead in truck collision 1

Die wrak van die vragmotor. Foto’s: ER24

ʼn Man het Vrydagoggend verkool en een is beseer nadat ʼn vragmotor en ʼn motor wat ʼn sleepwaentjie gesleep het, naby Newcastle in KwaZulu-Natal gebots het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het die botsing op die N11 plaasgevind. “Die bestuurder van die motor, wat ʼn minibustaxi op die sleepwa gesleep het, het glo beheer oor die motor verloor en voor die vragmotor ingery,” het Meiring gesê.One dead in truck collision

Die vragmotor het uitgeswaai, omgeslaan en aan die kant van die pad tot stilstand gekom, waarna dit aan die brand geslaan het. Die bestuurder van die vragmotor het geringe beserings opgedoen, maar sy passasier het in die wrak verkool.

Niemand in die motor is beseer nie.

Die vragmotorbestuurder is op die toneel behandel en na die Madadeni-hospitaal geneem vir waarneming.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.