[Foto’s] Pensioenaris trek rower vas

Janneman se oom. Foto: Verskaf

Janneman se oom. Foto: Verskaf

“Hy mag dalk 74 wees, maar hy kan maklik ʼn man wat in sy 40’s is, grond toe bring”. Só beskryf Janneman Coetzer (27) sy oom wat Sondagoggend ʼn gewapende rower vasgetrek het wat al geruime tyd sy buurman se plaas in Mpumalanga teister.

“My oom en sy buurman, in sy 70’s, woon sowat 500 meter van mekaar. Hulle woon albei alleen en is goeie vriende. My oom doen ook stukwerk vir sy buurman,” het Coetzer Maandag aan Maroela Media gesê.

Volgens Janneman is sy oom Sondag omstreeks 07:30 na die buurman se plaas waarna die twee vriende oudergewoonte saam kerk toe sou gaan.

“Die buurman het gesê hy gaan net gou na sy vee kyk en is op sy fiets van die plaashuis weg, terwyl my oom agtergebly het. ʼn Man het die buurman se huis dopgehou en toegeslaan toe hy daar weg is, minwetende dat my oom nog daar is.”

Volgens Janneman het sy oom in daai stadium ʼn draai gaan loop. Die verdagte was op pad na die huurman se slaapkamer en Janneman se oom het hom stormgeloop toe hy verby die badkamer loop.

Die verdagte wat aangekeer is.

Die verdagte wat aangekeer is.

“My oom het ammoniaksproei by hom gehad en hom daarmee gesproei en met hom tot in die sitkamer gestoei. Die man het my oom met ʼn mes in sy arm gesteek. My oom was gewapen en kon sy pistool uitkry, waarna hy  die man in sy linkerbobeen geskiet het.”

Janneman het gesê sy oom het die verdagte na buite geneem terwyl hy sy buurman gebel het om te sê hy het ʼn inbreker gevang. “My oom was nog op die foon toe die gewonde man opspring en probeer weghardloop.” Janneman se oom het die booswig agternagesit, terwyl die buurman op sy beurt hulp van boere daar naby en die polisie ontbied het. Die verdagte het tussen bome probeer vlug en oor ʼn heining gespring. Volgens Janneman het se oom hom ingehaal en weer platgetrek en aangehou totdat hulp opgedaag het.

Die Lothair-polisie het die man in hegtenis geneem. Hy het glo aan die polisie erken dat hy al sewe keer, hoofsaaklik Sondae as die buurman nie daar was nie, by die plaashuis ingebreek het.

“My oom sê dit is ʼn hartseer situasie, want dit was nie vir hom lekker om iemand te skiet nie, maar hy is bly dinge het nie erger uitgedraai nie en dat die man wat die plaas so lank al teister, nou uiteindelik gevang is,” het Janneman gesê.

** Die berig is gewysig op aandrang van die familie en om veiligheidsredes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

GES ·

Knap gedaan menere. Ek hoop die stuk skuim gaan vir ‘n goeie tydjie toegesluit word.

Em ·

Oom Jaans ek wens jy wil by my kom bly, ek kan doen met ‘n man soos jy in die huis en sal jou baie bederf.

Izzy ·

Wow, hoe trots voel ek nou op oom Jaans. Baie bly dat die oom ok is.

Peet Schabort ·

1) Pensionaris= Regsgeleerde wat as raadsman van die Nederlandse regering opgetree het. President van die Bataafse Republiek.
2) Pensioenaris=Pensioentrekker.
1) is wat Zuma nooit in sy lewe sou kon regkry.
2) is hopelik wat hy gaan doen.

Sune van Heerden ·

Dagsê Peet

Ons vra om verskoning vir die oorsig. Ons wysig die berig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Delta1 ·

Mooi man, well gedaan my oom. Bly daai skuim is uit die weg geruim. Hoop hy sit lank vir sy misdade.

Beatrix Stevens ·

Well Done Oom Jaans”” Vat vyf”’ so bly dat Oom darem iets kon doen met die Indringer”’ en dat hy darem gevang is… moet nie jammer voel vir wat Oom gedoen het?? hy verdien dit, want dit kon dalk in n lelikke storie ontaard het, maar gelukkig het Oom die regte Taktiek gebruik… en daardeur nog n misdaad gekeer??? OOM JAANS VERDIEN N PRYS??? Dat n Oom van 74 nou so n Rower moet vasvat”’ DIT WIL GEDOEN WORD…. Bly Oom is Ok”’

Pietie ·

Ai tog Maroela die oom se gesig is duidelik herkenbaar op die hoofblad

SNEL ·

Ek haal my hoed af vir die oom af, dis wonderlik! Bly hulle is veilig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.