ʼn Voertuig is Vrydag uit die waterkanaal naby die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) gehaal.
Jermaine Carelse, woordvoerder van die brandweer en reddingsdienste in Kaapstad, het gesê hulle is vroeg Vrydagoggend na die kanaal ontbied.
Die voertuig was al byna heeltemal onder water, maar die bestuurder was nie meer binne die voertuig nie.
Carelse sê die bestuurder van die Mercedes-Benz het vermoedelik beheer verloor waarna die voertuig in die kanaal beland het. Die bestuurder is intussen in hegtenis geneem.
“Die reddingspan het ʼn leer opgerig en twee brandweermanne het afgegaan om seker te maak dat daar niemand in die voertuig is nie. Die voertuig was leeg en die reddingspan het ʼn hyskraan gebruik om die voertuig uit die water te trek.”
Die moontlikheid word ondersoek dat die bestuurder onder die invloed van alkohol bestuur het. Maroela Media het navraag by die polisie gedoen en wag vir terugvoer.
- Foto: Verskaf
- Foto: Verskaf
- Foto: Verskaf
- Foto: Verskaf
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Net gou by karwas gestop
Dit was n paar baie duur doppe daai!
Oeps, en as die eienaar wel onder die invloed was gaan die versekering nie lag nie.
Nege uit die tien mense wat sulke karre koop weet nie hoe om dit te bestuur nie. Ek dink voordat jy in so vinnige voertuig klim jy eers ‘n gevorderde betuurskursus geslaag het.
Kan ‘n man nie groter visse vang nie?