[Foto’s] Petrolbom by bekende Kaapstad-kerk

St Mark’s Anglikaanse kerk in Distrik Ses, Kaapstad Foto: Henk Kruger/ANA PHOTO

Die geskiedkundige St Mark’s Anglikaanse kerk in Distrik Ses in Kaapstad is beskadig ná ʼn betoger ʼn petrolbom na die 150 jaar oue gebou geslinger het te midde van betogings by die nabygeleë Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie (KSUT).

Alhoewel die kerk nie heeltemal verwoes is nie, is beduidende skade aangemeld.

“Die Anglikaanse bisdom van Kaapstad is ontsteld oor die petrolbom by St Mark’s-kerk, ʼn kerk wat ʼn belangrike rol gespeel het tydens die struggle vir geregtigheid en vryheid,” lui ʼn verklaring.

Die voorval het Woensdag omstreeks 16:00 plaasgevind toe onbekende persone toegang tot die kerkhof bekom en ʼn petrolbom gegooi het.

Die polisie ondersoek die voorval en een persoon is reeds in hegtenis geneem.

KSUT het ook die voorval veroordeel. Lauren Kansley, woordvoerder vir KSUT, het gesê daar was ook ʼn brandstigtingsvoorval by ʼn ingenieursgebou op die kampus. Betogers begin klein brande, het sy gesê, maar brandbestryders is op die toneel om die brande te blus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

struggle ·

Die ewige strugglers, verloorders vir altyd al word daar hoe baie ophefwerk gedoen.

al ·

Struggle – ek stem 100% saam met jou.
Ek wens al die satan-gebroedsels word uitgeroei, dan sal SA n beter plek en veiliger wees.

John ·

… en so draai die wiel… Ouers wat bv hul kinders aanpor tot disrespek en wetteloosheid, voel dit self later aan die bas… Kerklikes het vir eeue anderskleuriges in die land tot opstande aangemoedig. Dit begin nou erg boemerang soos dit altoos doen. Om sonder kennis en respek daarvoor, ‘n lang sweep te probeer klap, het ‘n verrassende en erg pynlike effek vir die slimjanne.

JC ·

Dankie John, uitstekend soos altyd. Ai, ai; die dodelike ironie…
“Die Anglikaanse bisdom van Kaapstad is ontsteld oor die petrolbom by St Mark’s-kerk, ʼn kerk wat ʼn belangrike rol gespeel het tydens die struggle vir geregtigheid en vryheid,”-lag ek my nou sowaar ‘n papie!
Struggle voort!!! /s.

Erick ·

Al die kerke wat aktief meegewerk het tydens die ‘struggle’ kan maar afgebrand word.
‘Don’t ever take a fence down until you know why it was put up.’ Robert Frost 1916

Ander Annie ·

Nee, daar is ‘n heerlike koffie plekkie in daardie kerk. Hoekom moet dit verniel word. Een van die beste mense wat ek geken het, is uit daardie kerk begrawe. Nee, elke historiese gebou is deel van ons geskiedenis en kultuur. Weet jy wat moet stop………..die kultuur van afbrand, vandaliseer en vernietig. Weet jy wat moet stop………..die kultuur van om mense te brand met kookwater en warm strykysters en die kultuur van doodmaak.

Cherokee ·

Oorweeg vir ‘n oomblik dit dat vele van daardie terroriste gebore is na dit wat hulle ‘ die struggle’ noem. Gebore is na die staatsgreep van 1994. Dit sou vergelyk met blankes wat nou Britse eiendom terroriseer weens die Vryheidsoorloë in die begin van die vorige eeu.

Theresa ·

Pragtige gebou. Geen sin van waarde nie – en sal altyd als vernietig. Indien nie kan parasiteer nie, dan vernietig. Tot als plat is soos voor groei en bou en sukses. Dis om van te huil.
Wens die handvol mense tussen die massas wat werklik net normaal wil voortleef, wil hierdie tipe waansinnige gedrag in die kiem smoor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.