Foto’s: Petrolbom na trok geslinger

Die skade aan die vragmotor wat in Qonce met ‘n petrolbom bestook is. (Foto: Verskaf)

ʼn Vragmotorbestuurder kon net betyds deur die passasiersdeur van die vragmotor ontsnap toe ’n petrolbom die naweek na die voertuig in Qonce (King William’s Town) geslinger is.

Die vragmotor het heeltemal uitgebrand terwyl die bestuurder ligte beserings tydens die voorval opgedoen het.

Shane Wagner, ’n risiko-versekeringsmakelaar by die Garrun Groep, wat vragmotoreienaars tydens voorvalle van dié aard bystaan, sê die vragmotor het Saterdag kort nadat hy die dorp binnegegaan het by ’n verkeerslig op die N2 in Qonce stilgehou.

Verdagtes het met die vragmotor se wegtrek by die verkeerslig ’n petrolbom na die kajuit gegooi.

Nog twee vragmotors het egter agter die betrokke vragmotor gery en die verdagtes het vermoedelik weggehardloop toe hulle besef dat daar meer as een vragmotor is.

Wagner sê voorts dit word vermoed dat die boosdoeners ongelukkig is met dienslewering in die dorp en dat hulle al vantevore vragmotors en ander voertuie geteiken het.

Die vragmotorbestuurder is nie na afloop van die voorval na ’n hospitaal geneem nie, maar is wel erg getraumatiseer.

Mluleki Mbi, woordvoerder van die polisie, sê die polisie ondersoek ’n saak van kwaadwillige skade aan eiendom.

Geen inhegtenisneming is tot dusver gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Strandloper ·

Hul nuwe nasionale sport…wonder of daar n olimpiese speele gaan wees?

Belinda ·

Hoekom was hy nie hospitaal toe geneem nie? Illegal immigrant miskien en dalk die rede hoekom dit gebeur het?

Raakvatter ·

Want hy het ligte beserings, Belinda! As ek ligte beserings opdoen gaan ek ook hospitaal van die hand wys.

Samuel ·

In die 90-jare en vroeër sou mens hulle terroriste genoem het.

Pieter ·

Klagte oor dienslewering. Dit is nou bog. Die ANC is goed in die saal, veral in die Oos Kaap na laas maand se verkiesing. Terrorisme deur die ANC. Dit is in sy aard. Opmerklik dat Luthuli huis nog geen petrolbom gekry het nie met hul ontevrede, onbetaalde werknemers.

Gert ·

Trokdrywers gaan moet begin meer wakker wees en hulleself begin beskerm. Boosdoeners moet heeltemal gestop word sonder gevolge vir mense wat eiendom beskerm

Misky ·

Is dit dieselfde trok in fotos wat in King William’s Town uitgebrand is? Dit lyk nie vir my heeltemal uitgebrand soos berig meld nie. Steeds baie traumaties en sterkte aan die drywers wat deesdae op ons land se paaie baie ure en myle moet aflê

Kokerboom ·

Boewery op groot skaal. Seker ook ongelukkig oor nare naam vir dorp. Koste van die futiele oefeninge(polities gedrewe) kon gehelp het om King Williams Town te beveilig

Waarnemer ·

Tien teen een n Zimbabwier wie die voertuig bestuur het…ongelukkigheid van die SA bestuurders gaan nog baie toeneem omdat die regering nie die indiensneming van buitelanders (goedkoop arbeid) wil stop sit nie.Daar is baie maatskappye wie van hierdie dienste gebruik maak en sodoende is die werkloosheid syfer van Suid Afrikaners so hoog.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.