Foto’s: Pik Botha ter ruste gelê

Oudminister Pik Botha is op 23 Oktober ter ruste gelê. Foto: eNuus/Mia Spies (Twitter)

Oudpres. FW de Klerk, Bantu Holomisa, leier van die United Democratic Movement (UDM) en hoofregter Mogoeng Mogoeng was almal Dinsdag by die begrafnis van oudmin. Pik Botha.

Die begrafnis is by die NG kerk in Wonderpark, Pretoria, gehou nadat Botha vroeër by die Heatherdale-begraafplaas in Pretoria-Noord ter ruste gelê is.

Moeletsi Mbeki, politieke ekonoom en adjunkvoorsitter van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Internasionale Aangeleenthede, het ʼn huldeblyk aan Botha gelewer. “Ek het Pik gesien drie dae voor hy dood is en dit was nie lekker om hom te sien in die toestand waarin hy was nie,” het Mbeki gesê.

“Ek hoop die geleentheid dien vir die familie as ʼn herinnering aan die vol lewe wat Pik gelei het en al die herinneringe wat julle as familie saam met hom gedeel en gemaak het. Hy het bygedra om ʼn fondament te lê vir Suid-Afrika waarop alle leierskap kan voortbou om ʼn beter nasie te skep.”

Botha was lid van die apartheidsregering, grootliks as minister van buitelandse sake waar hy verantwoordelik was daarvoor om die uitgeworpe apartheidstaat te verdedig. Hy was egter ook lid van die apartheidleierskap wat Suid-Afrika gehelp het om die oorgang na demokrasie te maak.

Hy is in 1994 deur destydse pres. Nelson Mandela as minister van minerale en energiesake aangestel totdat hy in 1996 uit die politiek getree het.

Botha is op 12 Oktober in die ouderdom van 86 oorlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Hendrik UAE ·

Waarom was die vlae nie halfmas nie en ook nie n staatsbegrafnis nie?

BOERmetnRoer ·

Ek voel vrede veraaier! Hy is een van rrdes waar ons vandag sit! Ek weet nie hoe sien iemand iets goed in hom!

RG ·

Margaret Thatcher het gesê “One’s life must matter”, Pik Botha se lewe ‘n sprekende voorbeeld.RIV

Severine ·

Was seker die keuse van die familie vir ‘n privaat begrafnis,

gerdarabe ·

he was a greatman and if he was state president the south Africa would be a better place for all. from border troop rest in please.

Johann M van Heerden ·

Rus rustig mnr Pik Botha. Ek het nogal van hom gehou, veral toe hy op internasionale TV se dat een man een stem selfmoord sou wees. Ook het hy gese ons by ‘n ander geleentheid dat ons politieke bestel moet verander. Wat se dit van die man dat hy deel was van daardie groep leiers wat dit in werking gestel het. Wat tot dusver in SA gebeur het, het ek reeds voor 1994 voorspel. Politiek is vuil en ‘n spel van woorde met min diepte. Mense wat dink is dikwels nie so glad met die mond nie. Hulle bly maar stil en word dalkin nuwe plaasmoord of aanval geskend of tot niet gemaak. Dit is daardie groep ou manne se ware latenskap. Nie die slim woorde nie. Jammer ek moet dit se.

Hannah ·

Stil, broers,
daar gaan ‘n man verby,
hy groet,
en dis verlaas.
Daar’s nog maar één soos hy;
bekyk hom goed.

Die oog,
nou dof en weggesink,
soos vuurvonk kon hy blink –
die arendsblik,
die kakie- en renegateskrik.
Die stap en kraggebaar
is nou bedaar.
Is dit jul leier nog, per’ ruiterskaar?

Gewis!
en soos hy ons s’n was
en is.

Al is die oog verswak,
hy kyk nog fier omhoog
in jou
soos in sy God se oog.
Al stap hy kromgeknak
en afdraans af,
al klop die hart al flou:
soos altyd is nog nou
elk stap en hartslag trou
tot in sy graf.

Callie ·

Die ou gesegde, praat niks as jy nie iets goed kan se nie. Het baie gedink, gewonder en weereens van die onthou wat saam met my daar was, en nie lewendig teruggekom het nie. Dit om die wat so lekker geleef het in die NP, hulle het net soos die ANC hulle self verryk, te beskerm terwyl hulle ons belieg het.

Helena. ·

Sjoe!! Wie sou al die dinge vir hom in sy gesig kon sê..nou is hy weg en kan nie meer hoor nie. Papbroeke en groot praters laat hom nou in vrede rus. Julle beurt sal kom.

Linda ·

Hallo Maroela Media
In paragraaf 2 van die berig — Julle bedoel seker die begrafnis-/gedenkdiens is by die . . . kerk gehou na afloop van die begrafnis in die . . . begraafplaas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.