Foto’s: Plaaswerker ure ná ongeluk gevind

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Plaaswerker is dood nadat hy met ʼn vragmotor in ʼn gebou vasgery het op ʼn plaas buite Bloemfontein in die Vrystaat.

Volgens ER24 het die voorval op ʼn plaas langs die N1 sowat 20 km buite Bloemfontein plaasgevind. Die gebou waarin die plaaswerker vasgery het, word glo as ʼn stoorplek gebruik.

Die plaaswerker was steeds in die wrak vasgekeer en het ernstige beserings aan sy kop en bors opgedoen. Hy is met meganiese toerusting uit die wrak bevry voor hy na die Pelonomi-hospitaal gehaas is vir behandeling. Hy het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Volgens ER24 het die eienaars van die plaas Sondagaand ʼn harde slag gehoor, maar hulle was onseker wat dit kon wees. Die boer het glo eers vroeg Maandagoggend op die plaaswerker afgekom. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Otto Skorzeny ·

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek? Uhm, ek dink hy het reeds beswyk.

lillian ·

Nou hoe ry hy in die nag met die trok rond? Seker sonder toestemming ook nog, en toe kry boontjie sy loontjie … of is ek nou ongevoelig?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.