Foto’s: Plakkershut as slagpale gebruik

WAARSKUWING: Die foto’s in die berig kan sensitiewe kykers ontstel.

Foto's verskaf deur die polisie

Foto’s verskaf deur die polisie

Die polisie in Harrismith in die Vrystaat het sewe mense vir veediefstal in hegtenis geneem.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, sê Werner Kruger, bestuurder van die plaas Fraai Uitsig buite Harrismith, het Vrydag die polisie gekontak nadat hy gesien het ‘n kraal waarin skape gehou word is oopgebreek en dat van die skape weg is.

Mophiring sê die veediefstal-eenheid se ondersoek het hulle na die Intabazwe-township gelei. Die eenheid het inligting ontvang van ‘n gemeenskapslid dat daar skape geslag word by een van die plakkershutte.

Mophiring sê nege lewendige skape en 22 karkasse is in die plakkershut gevind. “Vier mense insluitend drie vroue is op die toneel in hegtenis geneem. Na verdere ondersoek is nog drie verdagtes in hegtenis geneem.”

Mophiring sê die skape en karkasse is aan die eienaar terugbesorg.

Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die Harrismith-landdroshof verskyn op aanklagte wat met veediefstal verband hou.

“Veediefstal is ‘n prioriteitsmisdaad in die Vrystaat. Ons sal nie ophou met ons stryd teen veediefstal nie. Ons wil gemeenskapslede wat kriminele aktiwiteite aanmeld, bedank,” het lt.genl. Simon Mpembe, provinsiale polisiehoof, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johann ·

Ek plaas dit hier, Trippie.

Waar ‘n pasiënt breindood, menslik gesproke, en na vele toetse verklaar word, is daardie persoon se siel al klaar by ons Vader.
Masjiene van ‘n baie hoë tegnologie word gebruik om die liggaam tydelik aan die lewe te hou. Dit is vir my persoonlik oorbodig. Behalwe waar daar een of ander geloofsoortuiging is. As gekyk word na die finansiële implikasies en die trauma wat die familie deurgaan, is dit beter om daardie masjiene af te skakel mits dit met die nabye familie gekonsulteer was.
Dan tree berusting in.
In my testament is daar geskrywe, dat genadedood toegepas moet word as enige hoop op genesing laat vaar is.

Belinda ·

Ag shame arme Skape het sekker n vreeslike tyd deurgegaan so bly die wat nog lewe is gered…………………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.