[Foto’s] Plett-walvis spoel weer uit en sterf

Die moordwalvis nadat dit Maandag weer uitgespoel het. Foto: Facebook via Plett Hope Spot

Die moordwalvis nadat dit Maandag weer uitgespoel het. Foto: Facebook via Plett Hope Spot

Die moordwalvis wat Vrydagaand gered is nadat dit op ʼn strand in Plettenbergbaai in die Wes-Kaap uitgespoel het, is dood nadat dit Maandag weer ʼn ent verder uitgespoel het.

Plett Hope Spot, ʼn mariene bewaringsorganisasie, het op hul Facebook-blad gesê die karkas van die moordwalvis is by Lookout Rocks gevind. Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het die nuus bevestig.

Volgens Plett Hope Spot het verskeie organisasies Maandag hand bygesit om die 1,5 ton karkas te verwyder, aangesien dit ʼn gesondheidsrisiko vir die publiek kan inhou. ʼn Nadoodse ondersoek is op die strand gedoen voordat die karkas verwyder is en die organisasie het gesê die uitslag van die ondersoek sal binnekort bekend gemaak word.

Maroela Media het vroeër berig die NSRI het Vrydag ure lank gespook om die jong walvis, ongeveer 6m lank, weer terug in die water te kry nadat dit op Robberg-strand uitgespoel het. Die walvis het daarna telkemale probeer om terug te swem op die strand, maar die reddingspan kon daarin slaag om die moordwalvis weg te hou van die strand af en dit het uiteindelik dieper in die see in geswem.

Die moordwalvis is egter in die volgende paar dae heeltyd gewaar waar dit al langs die strandfront geswem het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Kobus ·

Hierdie is nog een van die natuur se raaisels. Dalk was hy beseer. Dis baie ongewoon vir ‘n moordwalvis om homself tweekeer op amper dieselfde plek uit te spoel.

ek ·

En hul se hy wou bly uit swem strand toe… vind dit baie snaaks .

Berhalet Beukes ·

Al verstaan ‘n mens dit nie… Wonder of die walvis nie tog ‘n plek gekies het om te sterf nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.