Foto’s: Polisie gevra om EFF uit wetgewer te verwyder

Foto: @Kate_Lorimer / Twitter

Foto: @Kate_Lorimer / Twitter

Die polisie is Dinsdag ontbied om sewe lede van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) uit die provinsiale wetgewer in Gauteng te verwyder, berig Times Live.

Ntobie Mekgwe, die speaker, het glo opdrag gegee dat die LPW’s die raadsaal moet verlaat omdat hul kleredrag nie toepaslik is nie. Mekgwe het gesê die EFF se rooi oorpakke is onvanpas, aangesien die woord “Asijiki” (ons sal nie terugtrek nie) op die rugkant verskyn, en sy dit as ʼn party-kenteken beskou.

Volgens die berig kon die polisie nie daarin slaag om die lede te verwyder nie. Die lede het geweier om die raadsaal te verlaat en die vergadering moes uiteindelik verdaag word.

LPW’s van die ANC en DA het die raadsaal verlaat, terwyl die sewe EFF-lede bly sit het. Hulle was vasbeslote dat hulle nie die perseel gaan verlaat nie.

Televisie-monitors wat die sitting uitgesaai het, is afgeskakel en persone is versoek om die publieke en mediagalery te verlaat. – SAPA

Foto: @JackBloomDA / Twitter

Foto: @JackBloomDA / Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Peter Says ·

En die polisie kon hulle nie vewyder Nie ??? Die ander het geloop. Hier kom sports…

Belinda ·

Ek wonder wat dink ander Lande van ons jis dis omtrent soos n sirkus regtig………..geen skaamte en geen gedrag ni………………maar ja if you want to be white act white!

Dlia Apsey ·

Wat meer wil jul hê as bewys dat di SAP ni geskik is om hul werk te doen ni. EFF het oortree en het geen dissipline hul moes gearresteer geword het!

Christo ·

Aangesien hulle daarop aandring om oorpakke te dra , moet die wetgewer by hulle sitplekke borsels , besems , en lappe plaas sodat hulle die huis kan skoonmaak na die sitings .

Jasper ·

Die polisie moet volgende keer traangas geruik dan, kan hulle huself beseer so met die uitkom slag.

Marieta ·

En dit is nou die idiote wat wet en orde moet handhaaf en die publiek moet beskerm? Maar hulle is nie eers in staat om sewe barbare in oorpakke te beheer nie… Dank elkeen van hulle af en gee die poste vir die gpf lid wat daarin geslaag het om die inbrekers in Springs te stuit en nou self ‘n moontlike aanklag van poging tot moord in die gesig staar. Ten minste is hy nie so hopeloos soos die kastige polisie nie.

Berita Drescher ·

Dis n uitgemaakte saak! Dit is net kat en muis games wat Juju en ANC speel…hy is in plek gesit deur ander ANC lede om hierdie rol te vertolk…dis logies asb….hy is die main man om die hele bleksels
e appelkarretjie met wiele in die lug te besorg….hy is n duiwel en niemand wil luister nie…hie kom groot AKKIES!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.