Foto’s: Polisie op soek na dié verdagtes

Foto verskaf deur die SAPD

Die polisie in Mpumalanga is op soek na ʼn groep mans wat Maandag glo ʼn juwelierswarewinkel by I’langa Mall in Nelspruit beroof het.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het gesê die rooftog het omstreeks 17:20 plaasgevind. “Die twee mans in polisieuniform het die winkel betree en die veiligheidswag aan diens genader. Die beampte was agterdogtig oor die twee en ʼn groep gewapende mans het daarna skielik die winkel betree en die personeel met vuurwapens gedreig. Hulle het ʼn onbekende bedrag kontant gesteel en in ʼn wit Ford Ranger (registrasienommer HTC 429MP) van die toneel gevlug,” het Bhembe verduidelik.

Niemand is nog in verband met die rooftog in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van sakeroof en identiteitsbedrog van die persone wat hulself as polisiebeamptes voorgedoen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

tamboti ·

en daar is mense wat beweer SA se misdaad is so hoog agv armoede?

Onnie ·

In die 1ste foto lyk die veiligheidswag baie bly om hulle in te laat. Glad nie agterdogtig soos hy nou beweer nie

Sonja ·

Ag dis darem lekker in SA.
Boewe kry polisie umiforms en wapens.?
Maak en breek soos hulle wil.

Hoe nou....... ·

Wie se dit was nie n SAP lid nie? Wonder maar net.

Diefie ·

Ek ruik ‘n vis, soos dit vanoggend hier in die Kaap ruik. Inside job. Is die sekuriteits wag dalk ‘n vriend van oom polisieman? Sit sommer ‘n klag van moord ook by, aangesien hulle die personeel met wapens gedreig het.

honourable member ·

Hierdie mense is maar almal kop in een mus. Almal deel van dieselfde sindikaat.

Laetitia ·

Kry die hulp van die FBI in, die spul van ons te treurig om enige iemand vas te trek.
hoeveel moorde, transito rooftogte, helder oordag rooftogte by winkelkomplekse ens word nie gepleeg nie en niemand word gevang nie.
absolute hopelose spul.

Piet Pompies ·

In ons dorp is ‘n Kafee wat die basiese benodighede en lekkergoed verkoop. Die vorige eienaar het ‘n gehuurde werker gehad wat Kafee vir hom bedryf het en in die 3 jaar is die plek seker 6 beroof. Die nuwe eienaar het ‘n werker van die dorp aangestel en dit is nou 9 jaar sonder enige roof. Net soos die boonste berig, word ‘n “inside job” vermoed.

En nou? ·

Mens kan sommer aan die lyftaal sien hulle is fop polisie!
Watse polisieman staan met sy hande agter sy rug?

En nou? ·

Mens kan sien aan die lyftaal hierdie is fop polisie!
Watse polisieman staan met sy hande agter sy rug?

Lee ·

Jy kan duidelik sien hulle is defnitief nie beamptes nie al dra hulle uniform. Daai personeel het bietjie opleiding nodig.

Cherokee ·

Dit word weer opnuut bewys dat die mense verkeerd is wat sê misdaad is buite beheer in Suid Afrika. Misdaad is absoluut in beheer.

Hoe nou....... ·

Kan dalk moontlik nasionale ere klere kry in misdaad pleeg – Imagine, Springbok klere in diefstal of plaasmoorde…….laat mens dink.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.