[Foto’s] Polisie op soek na hiérdie ontsnaptes

Sthembiso Goodman Thole Langa. Foto: SAPD

Sthembiso Goodman Thole Langa. Foto: SAPD

Die polisie in Nkandla, KwaZulu-Natal, is op soek na drie verhoorafwagtende gevangenes wat ʼn maand nadat hulle ontsnap het steeds op vrye voet is.

Die polisie het in ʼn verklaring gesê Sipho Mthokozisi Simo Langa (29), Lindokuhle Bhodloza Manqele (22) en Sthembiso Goodman Thole Langa (29) het op 22 Februarie uit die Nkandla-streekshof ontsnap. Al drie was in die hof om op aanklag van moord te verskyn.

“Nadat die hof verdaag het, is die drie beskuldigdes terug na die polisieselle vergesel. In die proses het hulle na bewering ontsnap,” het die polisie gesê.

Die drie word daarvan beskuldig dat hulle Lindithemba Mxolisi Ndlovu (20) in April 2015 tydens ʼn rusie met ʼn skerp voorwerp doodgesteek het. Hulle is ʼn dag ná die moord in hegtenis geneem en is borgtog geweier.

ʼn Saak van ontsnapping uit wettige aanhouding word deur die polisie ondersoek. Enigiemand met meer inligting oor waar die drie beskuldigdes hulself bevind, word versoek om konst. Bongiwe Nene by 073 232 1151 of Crime Stop by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

popeye ·

NOOIT!!! Nie in daardie deel van Nirvana nie! Kan nie wees nie….fopnuus. Almal lewe mos wel in die Nkandla streek.

Chaparel ·

Die polisie is op soek na die verhoorafwagtende wat n maand gelede ontsnap het dus die polisie het n hele maand niks aan die saak gedoen nie.
As daar sou staan die polisie is die afgelope maand nog steeds op soek na die verhoorafwagtende dan weet ons mos hulle doen alles om die 3 op te spoor.

AL ·

By Nkandla dorpie ontsnap? ….. Ons moet vir hom koordinate gee ….

Vraag? ·

Sou hulle die kans gehad het om te ontsnap indien hulle wit was?

ken benoni ·

Bly daar nie ‘n nar daar naby nie? Die polisie moet gaan kyk, hulle is dalk in die tent!!

"oop lippe" ·

Maroela, jy hou my op datum van hoe dinge in hierdie “kritieke tye wat moeilik is om deur te kom” ontvou. Ek voel net sterk om op te hou lees want ek kan nie meer hierdie dierlike optrede verwerk nie a-nee-a-mahn!
‘N vriend van my het my grappenderwys die volgende “joke” gestuur wat ek ook hoop nie op sensitiewe mense se tone gaan trap nie.
” ‘n bus vol regerings amptenare val om net duskant De Doorns by oom Anton se plaas. Toe die polisie en ambulanse eindelik opdaag het die oom al almal begrawe. Die polisie vra oom “jy sê hulle was almal dood? ” oom Anton antwoord … “ag paar van hulle het gestry hulle is nie, maar jy weet mos hoe lieg die regering. Thole Langa kan bly wees hy was nie in daai bus nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.