Foto’s: Polisie se flink optrede fnuik drie se planne

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Drie rowers is Woensdagoggend op heterdaad betrap terwyl hulle besig was om ʼn huis in Crosby, Johannesburg, te beroof.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het gesê die polisie was net ná 06:00 besig met parade toe hulle ʼn noodoproep ontvang het. Hulle het dadelik na die toneel gejaag en kon van buite beweging in die huis sien.

“Polisiebeamptes het deur die motorhuisdeur gebreek om toegang tot die huis te verkry. Daar het hulle drie verdagtes op heterdaad betrap terwyl hulle besig was om die huis om te keer. Die eienaar van die huis het vasgebind op die vloer gelê,” het hy gesê. Die polisie het op drie vuurwapens en die verdagtes se wegkommotor beslag gelê.

Volgens Dlamini was die man alleen in die huis en het gesê hy is deur die drie mans oorval toe hy sy motorhuis oopgemaak het. Die mans het hom terug in die huis gedruk en vasgemaak. Dlamini kon nie bevestig wie die noodoproep na die polisie gemaak het nie.

Die polisie was Woensdagoggend steeds besig om die toneel vir leidrade te fynkam. ʼn Saak van huisbraak word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

CK ·

Knap gedaan vir die saps,en die persoon wat die oproep gemaak het.hou so aan dankie.

Die Skim ·

Mooi So! So gaan ons hulle bende vir bende vastrap en toesluit. Die wat nooit iets goeds te sê het van SAPS nie. kom lewer ook hier negatiewe kommentaar. Jul stilte is oordonderend.

MARIA ·

Hoop van harte hulle gaan toegesluit bly en nie weer n “boete” betaal en weer vry wees nie. Dit goed om te sien daar nog Polisie wat hulle werk ernstig op neem.

pop ·

Wit polisiemanne wat nog oorgebly het in die diens. Mooi manne, wys hoe moet dit gedoen word

Peet Schabort ·

Die voetboeie/kettings ontbreek maar is seker onmenslik ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.