Foto’s: Polisie se vuil hoofkantoor ontruim, ongeskik verklaar

Só lyk dit by die Suid-Afrikaanse Polisiediens se hoofkantoor in Pretoria. (Foto: Verskaf)

Die polisie se hoofkantoor in Pretoria, waar minister Bheki Cele onder meer ook ʼn kantoor het, staan leeg nadat dit Dinsdag ongeskik vir menslike gebruik verklaar is.

ʼn Onmiddellike kennisgewing van verbetering is uitgereik en polisielede is aangesê om die gebou te verlaat.

Dié gebou in Pretoriusstraat, wat die polisie sowat agt jaar gelede vir nagenoeg R900 miljoen gekoop en daarna glo opgeknap het, sal nou tot verdere kennisgewing gesluit bly tot dit weer veilig verklaar is.

Johan Böning, afdelingshoof van Solidariteit se afdeling vir beroepsgesondheid en -veiligheid, is Dinsdag saam met ʼn inspekteur van die departement van arbeid na die polisie se hoofkantoor in die Telkom-toring waar dit onveilig vir menslike gebruik verklaar is.

Dié besoek volg op verskeie klagtes van polisielede oor ’n gebrek aan skoon drinkwater, swak of stukkende lugversorging en ventilasie, stukkende en vuil toilette, geslote en ongemerkte nooduitgange, hysbakke wat nie werk nie, onvoldoende toerusting vir brandbestryding en algemene vuil en besmette kantoorruimtes.

Solidariteit het ook klagtes ontvang van beweerde lugwegsiektes en allergiese reaksies, vermoedelik weens die vuil kantoorruimtes en gebrek aan vars lug. Sommige werkers het ook oor vuil matte, luise en kakkerlakke gekla.

Böning sê daar is ná talle klagtes en etlike onbeantwoorde skrywes aan die polisie se afdeling vir beroepsgesondheid en -veiligheid en lt.genl. S.W. Chamane, afdelingskommissaris van regsdienste by die polisie, besluit om ʼn ter plaatse ondersoek te doen.

Volgens Renate Pieterse, netwerkkoördineerder vir die openbare bedryf by Solidariteit, is dié hoofkantoor die plek waar onder meer die polisie se regsafdeling en korporatiewe bestuursafdeling moet werk.

“Cele en die nasionale polisiekommissaris, genl. Fannie Masemola, is ook veronderstel om daar te sit. Die boonste vloer waar min. Cele se aangewese kantoor is, is nuut oorgedoen en met goeie tegnologiese sekuriteitstoestelle beveilig.

“Dít terwyl die res van die 24 verdiepings as onleefbaar beskou word,” sê Pieterse.

Só lyk dit by die Suid-Afrikaanse Polisiediens se hoofkantoor in Pretoria. (Foto: Verskaf)

Die gebou het boonop nie die vereiste okkupasiesertifikate of goedkeuring van die brandweer gehad nie, sê Pieterse. “Die polisie se hoofkantoor mag dus eers weer sy deure oopmaak nadat ʼn okkupasiesertifikaat toegeken is en die brandweer ʼn inspeksie gedoen het.”

Helgard Cronjé, adjunkhoofsekretaris van die openbare bedryf by Solidariteit, sê dit is skokkend dat die amptelike wetstoepassers van die land nie eens basiese veiligheidswetgewing kan nakom nie.

“Tog kan min. Cele polisiegeld en -tyd gebruik om met ʼn polisiehelikopter na die ANC se manifesbekendstelling in Durban te vlieg;  terug by die huis is die hoofkantoor absoluut vervalle.

“So, wat is nou eintlik die prioriteite, ANC-politiek of die veiligheid van landsburgers? Ek dink die antwoord is voor die hand liggend. En dit is ʼn baie ernstige saak. Die impak op werkersmoraal in die polisie en die uitwerking daarvan op misdaadbekamping is baie erg.”

Maroela Media het Woensdag verskeie vrae oor die situasie aan die polisie se nasionale woordvoerder gerig, maar nog geen terugvoer ontvang nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

OMW ·

Dis die hoofbestuur EN die mense wat daar werk wat die plek so laat agteruit gaan het. Skokkend !

Niklaas ·

Ek is sommer geskok . Is hul dan nie opgevoede mense wat trots op hulself het nie ?

Rudolf ·

Ek kan jou verseker dat dit nooit by die ou Hoofkantoor – Wachthuys – so so lyk nie ! Daar was nog trots en selfrespek. Kan die lede nie hulle eie rommel optel nie ?

Philip ·

Ek vermoed die skoonmaakdienste se tender kom van n kader wat nie diens lewer. Ook seker dat die staatsdiens loodgieters het wat hulle water probleem kan oplos.

Leona ·

Dankie Johan en span! Dit lyk al die afgelope 5 plus jaar so. Dit was n skok om te ervaar.

Josua ·

Maw ,Cele werk van die huis af want dit is duidelik dat hy nie sy kantoor gebruik nie, nog n bewys hy hoort nie in sy pos nie want duidelik is daar beslis n tekort aan netheid en dissipline in die polisie as hul hoofkantoor so lyk.

Hendrik ·

Op alle teriene het onbeskaafdheid sy stempel gelaat en hul wedywer om ons toekoms te bepaal.

Pieter ·

Dasy, die Wereld kan self sien. Dis wat jy kry van geskoolde staatswerkers. Viva…
gelukkig weet ons dat dit slegs BEE is wat die blaam hier kan ontvang lol…

Manie ·

Uitstekende nuus die week. Eers sluit die Lugmag HK, nou die SAPD HK.

Pieter ·

Belasting Word Gemors nie net met die proses nie maar ook duidelik met die mense wat daar gewerk het. Mors Mors Mors Mors Mors is al wat ek sien met ons hard verdiende geld…

CHRISTINE ·

Daar is geen trots en word nie gewerk van 2020 af, maar kry bogeniddelde vergoeding want daar is 40 jaar terug gestruggle.

skurweberg ·

Gebrek aan selfrespek. Dit is pressies wat met erfgoed gebeur. Geen wonder dat die land lyk soos wat dit lyk nie. Skandalig ook vir die bevelvoerders. Lach of self respect on all levels of command and constables

Estelle ·

Sies, walglik verby………..en vir R900miljoen gekoop en opgeknap ‘n paar jaar terug, wonder maar net? Sies ek raak sommer weer naar. Wat het ‘n mens verwag.

Ivana ·

Goed, die gebou val uit mekaar uit, maar is dit nodig dat dit soos n varkhok lyk. Ten minste kan dit skoon gehou word, dan sal dit sommer alreeds beter lyk. Dan om n gebou reg te hou word – wat hulle noem INSTANDHOUDING – gedoen. Indien nie sal dit so lyk en uitmekaar val net soos wat met ons land gebeur. Geen instandhouding van enige infrakstruktuur nie, maar daar word gekla oor dit so lyk

Debbie ·

Die kantore, toilette ens. het nie vanself in daai toestand gekom nie. Dis deur die mense wat daar werk dat die gebou in daai kondisie is.

domheks ·

As jou werksplek so lyk wil ek nie weet hoe lyk dit by hulle huise nie! Skandelik – Sies!

Mario ·

Maar dit is hoe die anc hoës die land sien. Bo waar hulle rond hang(Cele se kantoor) is dit 1ste wêreld – maar onder dit verval die hele land!!! Ek wens ek kan vir Cele en die anc top amptenare n bietjie gaan rond wys…

RS ·

Bos mense wat dit gebruik. Dit sal vanself in n bos verander. Diere hoort mos buite, maar nou bring hulle die buite in.

JohanR ·

Net agt jaar gevat om ‘n gebou te verwoes! Daar is selfs vinniger gewerk aan verwoesting as die ANC!

Charllas ·

Nog nooit so hartseer gevoel oor `n gebou soos nou! ek het groot geword in daai gebou, ouma en mamma daar gewerk! Daar is niks oor van daai plek! Hoe kry hulle die gebou in sulke haglike toestand

Sêmanet ·

Ek stem met Ivana saam. Die gewone mens sê altyd: jy kan arm wees, maar jy kan skoon wees. Daardie lyk soos plundering en nalatigheid.

Eugene ·

Kom die kastige generaals en kastige grootkoppe nie agter dat die plek vieslik vuil is of is dit waaraan hulle gewoond is

Nici ·

Ek verstaan die gebou is nie in orde nie, maar gits, tel die rommel op! ‘n Nat lappie, mop en emmer het ook niemand al dood gemaak nie!

Andre ·

…waarlik ‘n minister waarop ons trots kan wees!!
Geen wonder die SAPD is so puik deesdae nie!

George ·

Almal se mooi, wat alles goed en wel is – maar dink nou – dit gaan n verdere R90mil kos uit ons sakke om dit weer om standaard te kry. Ek se, laat wie okal daar binne werk, gaan skoon maak.

piet ·

So daai plek is in 8 jaar seker nie skoongemaak nie as jy na daai fotos kyk. Dis ongelooflik.

PoppieK ·

En wie is verbaas? Julle moet kom kyk hoe lyk dit by die “so called” Polisie Woonstelle in Sophiatown, Johannesburg – HERDERSHOF. Die lede wat daar bly verhuur die woonstel uit. Dis is 3 slaapkamer, balkon,, sitkamer en elke vertrek word uitverhuur vir blyplek. Die polisie beampte betaal iets soos R1500 per maand maar hy kry R8000 terug vir die huur daarvan. Meer as halfte van die 15 vloer gebou word nie bewoon deur polisie beaptes nie. Dis mos lekker om in die Mag te wees!!

Wondermaarnet ·

Hoe het dit daardie vlak in die eeste plek bereik? Varkerigheid is ‘n siekte. Nou moet die belastingbetalers seker opdok sodat die kaders in weelde kan werk en oor 5 jaar lyk dit weer so.

Delia ·

Die Cele en generaals is nooit daar nie. So hulle sal nie weet hoe dit lyk.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ek wonder hoe lyk die ministriële kompleks waar die junta woon. Kan net raai.

Mien ·

‘n Plek kan nie van self in so ‘n toestand kom, die mense wat daar werk het dit so gelos en dan het hul nog die vermetelheid om daaroor te kla. SIES!!!!!!

Oujongvrou ·

Lyk soos die res van die land. Party mense floreer in vullis en gaos. Sies.

Alta ·

Die flenter gebou in nie in Pretoriusstr nie, maar in Madiba (ou Vermeulenstr), Waghthuis/Navarre/Thibault is in Pretoriusstr deurloop na Francis Baard is die oorspronklike hoofkantoor, ek werk in Waghthuis, is baie skoon en netjies , ek het al gehoor en gesien van daardie bouval toe ek daar verby geloop het, veral daardie donker”ramp” wat so vol rommel is, so dankbaar ek werk nie daar nie

Anel ·

Ek kan verstaan dat ‘n gebou agter uit gaan, maar lyk of die lit hul rommel sommer op die grond gooi en daar los. Wacghthuis wat soveel ouer is het nooit so gelyk nie! Wat het die lot in die kolleges geleer tydens opleiding van netheid? Gaan kyk hoe lyk party van die enkelkwartiere! ‘n Vark sal nie eens daar bly nie. Die ou SAP was ‘n trotse MAG. Die nuwe SAPD is net organisasie waar lyk my die meerderheid geen trots meer het nie. Moennie my verkeerd verstaan nie, maar daar is nog toegewyde lede, maar hoe moet hulle teen hierdie ding baklei? (Ou Cele kom ook nie voor in nie. Ek vermoed hy het sy eie hysbak).

Milan ·

Dit is presies wat die BELA wetgewing aan ons mooi skole ook gaan doen.

Louwrens ·

My Matriek Engelse voorgeskrewe boek ” Animal Farm ” is nou weer kristalhelder in my gedagtes met die foto’s wat ek hier sien.

Die satan alleen weet . . .

koos10 ·

Na lang gewik en weeg, moet ek net iets sê. Die SAPS gebruik net een van die vier kantoorblokke. Baie van die foto’s is van die ongebruikte kantoorblokke wat onder die departement van openbare werke se verantwoordelikheid val. Verder kom bykans al daai gemors van buite af. Die gebou staan in die hart van Marabastad, die mees vervalde area in Pretoria.

Nicky ·

Die ander partye moet hierdie fotos en ander wat baie is op Billborde sit reg oor die land

annie ·

Daar is baaaie meer sulke vervalle geboue in die land soos die staatshospitale. Almal wag seker vir Cyril se wonderstede wat hy so geredelik beloof op ANC-byeenkomste. Die Reserwebank se papgesitte kussings sal seker die geld voorsien. Die verkiesing oor nog vyf jaar behoort nog meer sports op te lewer. Of ons dit sal wil beleef is ‘n ander vraag.

Adriaan ·

Slegs vir ménslike gebruik ongeskik verklaar, … ,wat oorbly kan maar aangaan.

Dup ·

Het ons dan iets anders verwag? So lyk dit in die meeste sakekerns in SA.Soos ñ varkhok.

Althes ·

As die toestande van geboue so walglik lyk en vuil en verwaarloos – hoe is die gehalte van die werkers se werk?
Sies vir senior bestuur! Die belastingbetalers moet opdok vir jul vet salarisse terwyl jul misluk in jul werk.

Martie ·

So lyk alles wat aan die staat behoort. Dis nou die mense wat daar werk wat dit so laat lyk. Hoekom word dit nie net skoongemaak nie., maar o nee daar moet nou ten duurste ‘n ander plek gehuur word. So lyk dit in alle townships en plekke waar die meeste werkers vandaan kom want dis hulle leefwyse. In

Martie ·

So lyk alles wat aan die staat behoort. Dis nou die mense wat daar werk wat dit so laat lyk. Hoekom word dit nie net skoongemaak nie., maar o nee daar moet nou ten duurste ‘n ander plek gehuur word. So lyk dit in alle townships en plekke waar die meeste werkers vandaan kom want dis hulle leefwyse. In dan smag hulle daarna om in die suburbs te woon maar sodra hulle intrek begin die verval. Tradisie.

Cassie Carstens ·

Dis eintlik baie tragies en so tekenend van ons regering se rekords.

Protea ·

Dit lyk orals by die polisie so. En die handjie vol wat dit nog netjies probeer maak. Moet van hulle eie geld gebruik. Dis soos dit is, en dis baie hartseer

Santjie van Soendal ·

Só lyk die HELE regering se “huis”. En wie gaan die plek opknap? KADERS ? Daai woord is n K-woord met n een D. Ek wonder hoe lyk Luthuli- huis? Daar is mos daggaplantasies in die Uniegebou se tuine onder Mandela afgodsbeeld se uitgestrekte arms… Ek wonder hoe lyk dit dáárbinne? Bo blink. Hulle vlieg met Jets en jaag blink karre en in bloulig brigades lughawe toe en terug en spandeer Miljoene Rande aan Staatsbankette met silwer en kristal eetgerei, vreet kaviaar en suip Johnny Walker Blue Label en word in weelde begrawe….met óns belastinggeld…. VARKE is nie só erg soos mense wat letterlike en figuurlike varke is nie… Skandalige, wall..glike etters. Gee my dan liewer n tuiste en heenkome in Orania. Gelukkig is my pa dood voor hy dít moes aanskou het. Hy het dit al nét ná Dr. Verwoerd se moord sien kom. En tóé was hý uitgekryt deur mede- Afrikaners van die destydse Nasionale Party. Wát n SKANDE!! En dít ons Wetstoepassers se hoofkantore…. dié Wêreld is ons woning NIÉ. Ons roep uit na die Berge….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.