[Foto’s] Polisie slaan toe in Pta-middestad

Polisiebeamptes deursoek ‘n voertuig. Foto: Phillip Bruwer

Die polisie het Donderdag in volle mag die strate van die Pretoriase middestad ingevaar om die gebied ʼn veiliger plek te probeer maak.

Die grootskaalse operasie was ʼn gesamentlike poging deur beamptes van verskeie polisiestasies in die Pretoria-Sentraal-groepering. Die groepering bestaan uit die Brooklyn-, Garsfontein-, Lyttelton-, Pretoriase Moot-, Silverton-, Sunnyside- en Villieria-polisie.

Brig. Wiseman Mthembu, die groepering se operasionele bevelvoerder, het die beamptes vroegoggend by die Moot-polisiestasie gegroet, waarna die Vispol-koördineerder, kol. Terence Naidoo, die beamptes toegespreek het.

“Die doel van die operasie is om misdaad te bekamp en vorm deel van ʼn reeks voortdurende operasies wat gaan volg om veral trio-misdade [kapings, huisroof en sakeroof] te bekamp. Dit is om kriminele die boodskap te gee dat hulle nie hier welkom is nie,” het Mthembu tydens die openingsparade aan Maroela Media gesê.

Maroela Media het die polisie daarna na Sunnyside vergesel waar die beamptes deur die strate gestap en voetgangers, winkels en voertuie sporadies gestop en deursoek het.

Tydens die operasie het die polisie onder meer beslag gelê op talle nagemaakte CD’s en ʼn onwettige dobbelmasjien.

Mthembu het gesê die polisiegroepering sal gereeld in gebiede toeslaan en die verrassingselement gebruik om misdaad hok te slaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

WONDER ·

POLISIE HET VRYDAG DIE STRATE INGEVAAR?? JULLE BEDOEL SEKER DONDERDAG? OF IS EK VERKEERD.

Nico Strydom ·

Dagsê Wonder
Die vingerfout is blitsig herstel.
Baie dankie
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Maya Roon Joubert ·

‘n Groot pluimpie en nog groter DANKIE aan Pta SARS vir opruiming taak! Mooi gedaan! DANKIE!

Adri ·

Pleks slaan hulle toe op die “kriminele” (HAT: “b.nw en bw.: strafregtelik, wat betrekking het op misdrywe”. NIE “N NAAMWOORD NIE!) wat die paaie wederregtelik versper. Prioriteite!

Charlene ·

Vrydag??? Julle bedoel seker Donderdag of andersins “Verlede week, Vrydag” of het ek dit mis???

Mariaan ·

Sjoe hoe veilig voel ek nou dat die Cd’s en dobbelmasjiene vd strate verwyder is, jammer hulle was te besig om vandag die paaie te be veilig waar niemand kon ry agv die taxis

Veronica ·

FANTASTIES!!!!!!! LONG OVERDUE . . . ns : hou net vol daarmee ELKE DAG !!!!!!

Vryheid ·

Ag siestog, dobbel masjien en cd’s. Hoop nie die ware krimenele was versteur nie in hul slaap nie.

Andre ·

Polisieering is nie ‘n sporadiese ‘oe’ wys aksie nie. Dit moet 24/7 gedoen word.
More is dit weer ‘back to business’.

BOBBEJAAN ·

Wat maak dit saak Donderdag Vrydag dis gedoen terwyl die helfte van die krimenele deur die taxis buite gehou is. Puik tydsberekening

Johan. H. ·

Hoop nie hulle gaan nou staak omdat hulle moes werk nie,, Dankie ieg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.