Foto’s: Polisie slaan toe op daggalaboratorium

Daggaolie waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Die polisie in KwaZulu-Natal het drie mense tydens ʼn klopjag in hegtenis geneem wat na bewering ʼn hidroponiese daggalaboratorium op ʼn plaas in dié provinsie bedryf het.

Die verdagtes, tussen 25 en 45 jaar oud, het glo met dagga en daggaolie (kannabisolie) handel gedryf.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke in KwaZulu-Natal, het gesê die inhegtenisneming volg op ʼn gesamentlike poging deur die Valke en die polisie se misdaadintelligensie-eenheid en taktiese reaksiespan.

“Die lede het vroeër die week op die plaas in Ellingham Estate toegeslaan en beslag gelê op kannabisplante, -olie en toerusting om die plante te kweek en die olie te vervaardig. Die dagga en toerusting het ʼn geskatte waarde van R500 000,” het Mhlongo gesê.

Die verdagtes moet binnekort in die Umzinto-landdroshof verskyn op aanklagte van die handel en kweek van kannabis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Eish ·

Te oordeel aan die presisieboerdery en tegnologie in gebruik, is dit duidelik kundiges in hidroponiese verbouing van cannabis.

Onnie ·

Sjoe wat n gatslag! Die polisie het nie mannekrag om plaasmoorde the bekamp nie, maar hulle het mannekrag om n dagga plaas te bevlieg. Ek persoonlik dink drank doen baie meer skade aan ons samelewing.

jean ·

Presies.Snaaks dat baie dringerder misdaad nie ook so intensief nagespeur word nie

Lerato ·

Onnie
Ek stem saam. Daar word beweer dat daggaolie medisinale waarde het, veral vir kanker behandeling.

Issie ·

Ek hoop nie dis die Dokter waar ons vir my broer die olie vandaan gekry het nie. Hy is ook van Natal. Glo my daai olie het my broer genees van kolon kanker en hy gebruik die olie nogsteeds. Ons is my broer se geneesing aan hom te dank want dokters het hom 6 maande gegee om te leef en dis nou al 2 jaar.

Beslis ·

Aggenee!!! Ek is bewus van baie mense wat die daggaolie vir medisyne gebruik en die resultate is uitstekend. So jammer om te hoor. Vang verkragters, moordenaars, diewe, die wat bedrog pleeg en los die wat mense gesond maak uit.

Steve ·

Die artiekel moet eintlik lees: Drie lewens verwoes, ouderdome 25-45. Sestien mense sit sonder lewens belangrike mediseine, en kan moontlik sterf as gevolg van. Die Valke en polisie mors ter duisende rande om ‘n klein skaal operasie te eindig…..

En dit is klein skaal daai, daar is maar drie ligte. As dit groot skaal was, dan was daar baie meer. Hulle R500 000 waarde is meer soos R15 000. Daar is seker net 10 plante daar met daai mylar teen die muur wat die lig reflekteer op die plante. Dis soos ‘n spieel. Nou neem hulle die foto sodat dit baie meer lyk. Bo link is die foto kan jy kreukels sien, en die goor wit kolle bo is waar die die lig van die mylar af reflekteer.

Can ·

Canabis is baie goed vir baie siektes. As die Here die daggaplant laat bestaan het hoekom kan daar nie olie van gemaak word vir genesing nie of is die Mediese Raad teen dit want dan word dokters nie meer ryk nie.

Noem maar net ·

Die Here het ook elkeen van al die ander goed toegelaat soos bv. Tabak, kokaien, LSD, TIK, Heroin, Sianied, Arseen, kweekhuisgasse, ens. Net omdat dit bestaan beteken nie dis noodwendig goed vir jou nie.

Elmar Botha ·

Regtig dis belaglik die mense help ander met siektes wat hull nie geld het om medies te kry nie as jy staads hospitale toe gaan dan raak jy siek en dit is wanner jy n besoeker is, maak dit wettig kyk na israel.Ek wonder wie is die kompetiese daar naby dit was hulle wat die polises gebel het en die valke die land is in n gemors en hulle het tyd om dit te doen wys jou net hulle kan niks aan die probleem doen nie sommige lyers kan vuurwapens afskiet maar niks gebeur met hom nie

Boomslang ·

Nou hoe so , elke tweede ou op faceook adverteer dan die olie en goed , kompetiesie raak seker maar sterk

brens ·

Nog een vd regering se beheer; ek self gebruik cannabis olie; die wonder-olie!! hoe gouer hul dit wettig hoe beter!!

GM ·

Ek stem saam, hulle moet die gebruik daarvan (vir medisinale doeleindes) wettig maak. Plaas gaan lê die polisie/valke ‘n bietjie besoekies af by diegene wat hulleself so oop en bloot ‘inspuit’ op straat. Dis immers daai mense wat sal moor vir ‘n ‘fix’. Ongelukkig gaan als oor geld, en as ‘n ‘cure’ gevind word vir sekere tipes siektes, gaan die befondsing van die navorsing daarop stop, en die farmaseutiesebedryf gaan ook daaronder ly, want minder mense gaan geld op medikasie spandeer. Hoeveel prosedures is nie daarbuite nie wat lewens kon gered het as dit nie te duur was om te ondergaan vir die ‘gewone mens’ nie?

DeVill ·

Lagwekkend dat die poliese hulle fokus op mense wat met plante boer?!

George ·

Shame man. Daar gan iemand alweer wat duidelik gehalte handhaaf in besigheid. Hoekom gaan keer julle nie n’ paar geweldadigers nie. Ons het regtig nie n’ tekort aan moord en roof in die land nie. Dis jammer dat druk mens n’ keuse moet maak om te oorleef. Dis nogsteeds moreel regop. Die Jode het dit al cocher bemerk. Regtig julle.

TLC ·

Dalk is die plaas ok 1 wat gaan onteien word
Ek soek ook stukkie grond daar

Jovaro ·

Terloops : medici wil jou nie dood he of gesond he nie – net “gesond” genoeg om jou te tap.

Daar is ‘n plek vir hulle in die ongevalle en operasie teater.

Ek hrt ‘n databasis waar verskillende hibriede Cannabis olies meer as 700 mediese kondisies GENEES het net die laboratorium bewyse. Waar is die Westerse mediese databasis met bewyse… Geld… En verder voel die kwakke ‘n veer vir jou – kyk wat hul doen as jou fondse opgedroog het!!

Cannabis bo!!!!

Right ·

Die volgende keur wat iemand Ebola kry OF N GEBREEKTE ARM in daai geval gee vir hulle n zol en kyk of hulle gesond word.

Canna-alles ·

Cannabis het my ingroei toonnaels en gesplete haarpunte reggemaak. Dit het my motor herstel en my vrou baie mooier gemaak… Wag nee, dit was nie die olie nie, dit was toe ek dit gerook het. Skuus. ;-)

dagga_issi_gagga ·

Ek het 3 jaar terug ‘n rug operasie gehad en is daarna op sterk pyn medikasie gesit. Aanhoudende gebruik van die medikasie het my laat depressief voel en het ook later nie meer die nodige effek gehad nie. Ek is aangeraai deur ‘n familie lid om die cannabis olie te probeer en ek moet se, dit werk wonders. Ek het dit daagliks gebruik in die begin en mettertyd afgeskaal. Geen pyn meer en geestelik voel ek weer soos my ou self.

Hierdie was werklik ‘n mors van tyd en belasting geld wat eerder aangewend kon word om werklike misdade teen te veg.

Naas Vermaak ·

My Labrador hond se gejeukery/krappery/arthritis en haarverlies is amper 100% genees danksy “cannibisoil”….maar ek’s nie verbaas oor die polisie optrede nie…wat maak nou eintlik sin deesdae hier in die RSA…???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.