Foto’s: Polisie slaan toe op dwelmlaboratorium

Foto verskaf deur die SAPD

Twee persone is Woensdag in hegtenis geneem tydens ʼn groot dwelmklopjag in Harding, KwaZulu-Natal.

ʼn Multidissiplinêre span van die Valke, misdaadintelligensie en Port Shepstone se blitspatrollie en honde-eenheid ondersoek tans ʼn plaas waar ʼn groot dwelmvervaardigingslaboratorium gevind is, het Reneilwe Serero, woordvoerder van die ministerie van polisie, gesê.

Verskeie lede van die polisie se forensiese eenheid prosesseer ook groot hoeveelhede narkotika wat soos Mandrax lyk en ander toebehore wat gevind is.

“Die omvang en waarde van die dwelmmiddels moet nog bepaal word,” het Serero gesê.
Dit volg ná maande van samewerking tydens ondersoeke.

Bheki Cele, die minister van polisie, het die inhegtenisnemings verwelkom. “Dwelmgebruik is ʼn ernstige probleem en ons sal hierdie fabrieke een-vir-een vind en sluit,” het hy gesê.

Verdere besonderhede oor die operasie sal later bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Paul ·

Hierdie is nou ‘n beter berig as die een met die rooi haai op.

Hasie ·

Mooi so SAPD , julle is sterre, baie dankie vir die van julle wat hard werk om ons land skoon te kry van al die gemors.

Ja ·

Mandrax kan geplant word, maar dit gaan defnitief nie groei nie!

Ryks ·

Dwelmgebruik is ‘n ernstige probleem?? Maar die moorde wat uitbeheer uit is word nie as ernstig geklas nie?

Guve ·

Well done,dis nou positief,ek sal met liefde help vernietig,ek hoop di “Masterminds” sit forever.Trots op jul polisie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.