Foto’s: Polisie slaan toe op onwettige ammunisiefabriek

Foto: Verskaf.

Die polisie in Kaapstad het ʼn onwettige ammunisiefabriek in Lansdowne ontdek.

Lt.kol. Andre Traut, woordvoerder van die polisie, het gesê dié vonds is ʼn slag vir bendes in die omgewing.

Volgens hom het ʼn intelligensiegedrewe operasie die polisie Saterdagaand na Bombaystraat gelei.

“ʼn Soektog op die perseel het na die ontdekking van ʼn onwettige ammunisiefabriek gelei. Ons glo dit word gebruik vir die bendes in die Hanover Park-omgewing,” het Traut gesê.

Daar is beslag gelê op groot hoeveelhede magasyne, geweerkruit, patrone asook toerusting wat gebruik word om ammunisie te vervaardig.

Foto: Verskaf.

Foto: Verskaf.

Foto: Verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Muffin ·

Dit lyk nie soos n ammunisie FABRIEK nie. Derduisende jagters en handgeweerskuts laai hulle eie patrone. Is dit ook FABRIEKE.

Charles Skeen ·

Dit lyk vir my meer na ‘n entoesiastiese herlaaier van 9mm patrone.

PJC ·

Ek wonder waar het hulle al die goed gekoop. Om kruit, doppe slagdoppies ens. te koop het jy tog ń lisensie vir elke kaliber nodig. Iewers is weer ń groot slang in die gras wat tot baie lewensverlies kan lei.

Landi Slatter ·

Dagsê Houtoog

Baie dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewys.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Fluweeltjie ·

Interessant dat dit OOK in die Kaap is. Dit voel asof daar ‘n aanslag teen die Kaap is. Dit herinner my dat twee jaar gelede is daar mos gesë dat die Kaap onregeerbaar gemaak gaan word.

Johnnie Bravo ·

FABRIEK? Daar is baie indiwidue wat patrone herlaai, veral diegene wat dit as ‘n sport beoefen of gereeld gaan skiet sodat hulle nie die duur patrone uitskiet nie .. kan regtig nie sien hoe hierdie as ‘n oorwinning gesien word en dat ‘n FABRIEK nou toegemaak is nie? Tensy julle regtig hierdie patrone kan verbind met bendeverwante voorvalle, moet ek vir julle se het julle eintlik niks gekry nie.

Grassie ·

Daardie toerusting is nie ‘n fabriek nie, die kan geen ammunisie van nuuts af maak nie. Dit kan slegs reeds afgevuurde doppies weer herlaai. Dit kan wettig by enige wapenhandelaar gekoop word en honderde sportskuts en jagters besit dit. Die toerusting is nie juis van wafferse kwaliteit nie maar die ou werk besonder netjies. Die hoeveelheid komponente wat gewys word is ook nie buitensporig nie. As die persoon ‘n gelisensieerde 9mm pistool besit is hy moontlik nog binne die wet. As hy ammunisie aan bendelede verskaf hoop ek hulle sluit hom toe en gooi die sleutel weg want sulke optrede kan daartoe lei dat wetgewing ingestel word wat wettige, eerlike herlaaiers benadeel.

Matrys ·

Grassie, stem 100% saam, maar jy vat die mense wat met Lee toerusting herlaai so bietjie in die gesig :-) Vir die wat nie weet nie, ‘n lisensie houer mag 2.4 kg dryfmiddel en 2000 slagdoppies wettig in sy besit hê.

Fielies ·

Oi Grassie wat bedoel jy my Lee toerusting is nie waffers nie eh? :-)

Stem saam, as daai kwansuis n ‘fabriek’ is dan is die land vol ‘fabrieke’.

Grassie ·

Matrys en Fielies – Jammer manne, ek vra om verskoning. Ek het self ‘n Lee haelpatroonlaaier wat ek ek vir geen ander soort sal verruil nie. Groetnis.

Danie ·

Hang af hoeveel patrone herlaai word. indien dit 100 tot 200 per maand is dan dit nie baie nie. Indien dit tussen 1000 en 100000 per maand is dit ‘n groot deurbraak.

Ek is nie seker van die feite nie, maar een persoon kan in ‘n dag seker 1000 patrone laai (veral as dit al is wat die persoon doen).

Ek sien dit so: ‘n Duisend patrone kan ‘n 1000 mense dood maak wanneer hulle deur ‘n mens met ‘n vuurwapen afgevuur word. So ook kan 100000 patrone 100000 mense dood maak wanneer hulle deur ‘n mens met ‘n vuurwapen afgevuur word.

Dit is baie moontlike dooie mense. Indien dit hierdeur gestop is dit die moeite werd.

Sport skut ·

Nee Danie – jy is verkeerd ek laai maklik 3000 tot 4000 n maand ek skiet tot n 1000 op n naweek uit – en ek is binne die wet. Mense praat maklik plaas hulle eers vra. My toeristing herlaai-laai 100 ronyes in 10min. Ek mag vir my self laai maar ek mag nie verkoop nie.

Deon ·

Die wet bepaal dat jy slegs vir jouself mag herlaai en dan ook vir die kalibers waarvoor jy wettige lisensies het. Indien jy wil herlaai om te verkoop (fabriek) moet jy geregistreer wees as n vervaardiger. En jou fabriek sal deur die SAPS op n gereelde basis geinspekteer word. In hierdie gevak klink dit vir my soos n heel onwettige fabriek.

Casper Labuschagne ·

Onwettig om jou eie ammunisie te laai? So die dominee hier in Kroonstad, wat langs sy lessenaar in die konsistorie se studeerkamer ook ‘n tafeltjie het waar hy sy ammunisie herlaai bedryf ook ‘n onwettige ammunisiefabriek? Die drukperse in die foto is nie ongewoon of buitensporig nie, gewoonlik verteenwoordig elke pers bloot ‘n ander kaliber. En dit lyk soos baie koëlpunte en doppies, maar dit is nie regtig nie, dit is hoe die verpakking is waarin dit aangekoop word.

Gys ·

Om die toerusting te koop het jy nie n lisensie nodig nie. Jy het net n lisensie nodig om die primers en kruit te koop. Ook as die persoon n wettige lisensie her vir die caliber wat gelaai word kan die polisie niks aan hom doen nie. Hy mag net nie meer as 200 rondtes in sy besit he nie.As hy dedikatet status het kan hy onbeperkte hoeveel heid ammo per lisensie he. As daar bewyse is dat hy die ammo verkoop , dan het die persoon n probleem. Die setup van die herlaai tafel sal by almal gevind kan word wat hulle eie ammo herlaai. As daai setup n ammo fabriek is dan weet ek nie wat ek het nie.

Jd ·

Behalwe as jy n toegewyde jagter of sport skud is mag jy die 200 oorskry. Die 200 is vir persone wat n wapen besit vir selfvedeging

LouE ·

Beslis nie ‘n FABRIEK nie. Lyk soos enige entoesias se herlaai tafel. Mens het geen lisensie nodig om sulke toerusting te besit nie. Jy het net ‘n vuurwapen lisensie nodig om slagdoppies (primers) en kruit te besit.

Carlia ·

‘n Doodgewone herlaaistel, wat alle skuts gebruik, word nou sommer ‘n fabriek gedoen. Dit wys net hoe min mense weet van wapens, herlaai en sportskuts. Dat hierdie een wel vir bendes aangewend is, is wel waar en 100% krediet vir die Polisie wat hulle gevang het. Maar fabriek, nooit nie.

Chisro Grobler ·

Nou het ek al alles gehoor. Die toerusting is om gebruikte rontes weer te herlaai. Baie, maar baie dun dit. Niks onwettigs as j n lisensie het vir n 9mm nie. Maar jy kan net herlaai vir wat jy n lisensie voor het.

Dingetjid dit is waar ·

Ek ken n paar jagters wat dit doen viir jag doeleindis

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.