[Foto’s] Polisie soek dié vier vir string rooftogte

Die toneel vroeër vanjaar by die Bedford-winkelsentrum. Foto: Twitter

Die toneel vroeër vanjaar by die Bedford-winkelsentrum. Die foto’s van die verdagtes volg onderaan die berig. Foto: Twitter

Die Polisie het foto’s van vier ‘gewapende en gevaarlike’ verdagtes vrygestel wat moontlik verbind kan word met verskeie bank- en transitorooftogte in Gauteng.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die Valke ondersoek meer as 15 ernstige en gewelddadige voorvalle waarby dié verdagtes glo betrokke was.

“Die verdagtes is almal Zimbabwiërs en word moontlik verbind met verskeie sake, waaronder moord, poging tot moord en die besit van ongelisensieerde vuurwapens,” het Dlamini gesê.

Hy het gesê hulle was glo ook betrokke by die rooftog vroeër vanjaar by die Bedford-winkelsentrum in Johannesburg, waar ʼn skietery tussen ʼn groep verdagtes, veiligheidswagte en die polisie uitgebreek het. ʼn SBV-veiligheidswag en twee verdagtes is tydens die voorval doodgeskiet. Verskeie omstanders is ook geskiet en gewond.

“Die verdagtes is gevaarlik en vermoedelik met hoë-kalibervuurwapens en gewere gewapen. Die publiek word aangeraai om hulle nie te konfronteer nie, maar hul naaste polisiestasie te kontak of die ondersoekbeampte, lt.kol. Richard Ramukosi, by 071 481 2514 te bel,” het Dlamini gewaarsku.

Inligting kan ook aan Crime Stop deurgegee word by 08600 10111 of SMS’e kan na Crime Line gestuur word by 32211.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Dit raak tyd dat al wat n Zimbabwier , Mosambieker en Nigerier teruggestuur word na hul onderskeie lande toe en as ongewens in SA verklaar word Hulle is die oorsaak van baie drama in ons land.

Christo ·

Die ANC volgelinge kan hulle nie eers met geweld oorreed om te loop nie, en die regering self is te onbevoeg om dit te doen.

Theresa ·

Gerhard – dis 100% in die kol. Sodoende spaar ons ons natuurlike hulpbronne en raak ontslae van menige vuil en besette sypaadjie. Ook die meeste bedelaars wat so onbeskof raak as jy nie val vir die gebuig en gesmeek en handjie na die mondjie-ding nie.

Pietie ·

Talle “immigrante” veral uit Afrika, het werklik ‘n probleem en soek ‘n heenkome in Suid Afrika, maar van hulle sien toegeeflikheid, menslikkheid en gasvryheid as ‘n inherente swakheid in ons kultuur wat ten volle uitgebuit kan word, want in Afrika oorleef slegs die sterkste en mees meedoenlose!. Om goedsmoeds enigiemand in die land toe te laat, is ‘n resep vir nasionale selfmoord, maar met die regte “kontakte” en kontant kan so ‘n persoon tog sekerlik ‘n ID dokument bekom wat die houer daarvan instaat sal stel om vir die party wat hom in die land toegelaat het, uit “dankbaarheid” te stem. Dus kan die status quo in die land behou word!. Intussen word burgers van die land as wettige prooi deur hierdie “immigrante” beskou en daar word na goeddunke op hulle jaggemaak. Ongelooflik dat 62% van die stemgeregtigdes van 1994 vir nasionale selfmoord gestem het, sonder om, volgens alle aanduidings, die gevolge van hulle “ja” stem in ag te neem!.

sant ·

SA burgers het nie eers werk nie en moor en roof al genoeg. Uitlanders nog erger en SA het geen beheer oor hulle nie.!!!

Mildred ·

Ongelukkig het elke saak in die lewe 3 kante: myne, joune en die waarheid. Ons neem al jare lank net Zimbabwiërs in diens want hulle is eerlik, werk hard en betroubaar. ons maak wel seker dat hulle wettiglik en met werkspermitte in die land is sodat hulle iewers op rekord is. Ons eie mense is lui, steel, breek jou implemente en handgereedskap en dring aan op onbillike salarisse vir min werk. Net soos ons mense immigrante wil verjaag word ons eie mense in oorsese lande ook maar behandel. EN onder ons eie mense is daar ook maar ‘n klomp wat baie bang is vir werk! Dink dus mooi voor jy oordeel en kry eers jou feite reg.

Theresa ·

Wat my baie nuuskierig maak, is die haarsalonne wat so in elke voorstad sommer 2 of 3 op gepop het. Als binne soos normale salonne, maar o weë – bitter min kliënte. Het al vir interessantheidshalwe ingestap (sal dit egter nooit gebruik nie – verskeie redes) en die personeel (2 of 3) hang oor bank of toonbank – baie, baie vreemd vir ‘n regte egte besigheid – of hoe????? Ja, die wolmus oor meeste mense se oë is van bitter dik wol gebrei. Ons voorstede is besaai met dwelmhandel, want daar is ‘n ongelooglike lekker netwerk aan die gang. Ek doen als in my vermoë om detail (wanneer ek iets sien wat nie “normaal” is vir ‘n goeie lekker-bly voorstad nie) aan Metro of Polisie deur. Ongelukkig het dit nie altyd ‘n reaksie wat volg om die misdaad te bekamp nie, maar dit het ook al goeie vrugte afgewerp.

Jaco ·

Maak die waarheid dan seer, die dat my komentaar verwyder was?

jacques ·

Hoekom kan ek nie hulle photos afhaal van die sight nie? Is dit net my pc .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.