[Foto’s] Polisie soek dié vier vroue wat huise roof

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

Die polisie is op soek na vier vroue in verband met talle voorvalle van diefstal en huisroof in die Pretoriase Moot, Villieria en Brooklyn.

Kapt. Colette Weilbach, woordvoerder van die polisie, het gesê die vroue klop glo by huise in die omgewing aan en vra om die badkamer te gebruik. “Een van die vroue is glo swanger en almal het ʼn ligte gelaatskleur en praat Engels en Sotho.”

Weilbach het gesê ʼn huishulp is Donderdag deur die vier vroue genader terwyl sy besig was om tuin nat te gooi. “Twee van die vroue het gevra om die badkamer te gebruik. Sy het hulle na buitetoilet geneem. Met hul terugkeer het sy die hek vir hulle oopgemaak waarna die ander twee vroue ook die erf binnegekom het.

“Een van die vroue het na die huis gehardloop en die huishulp het haar probeer keer. Die vroue het die huishulp met ʼn vuurwapen in die huis gedwing. Die vroue het glo kontant en ʼn skootrekenaar gesteel voordat hulle gevlug het.”

Volgens Weilbach ondersoeke verskeie naburige polisiestasies soortgelyke sake van diefstal wat glo deur dieselfde vier vroue gepleeg is. Weilbach het ʼn beroep op huiseienaars gedoen om hul huiswerkers op te voed en in te lig om hierdie soort rooftogte te verhoed.

Enigiemand met inligting kan die Brooklyn-polisiestasie kontak by 012 366 1735/6.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Annie ·

Vanoggend is iemand in Nylstroom ook deer 4 vroue oorval en beroof. Die egpaar se huis is in die mark en die 4 het gevra om die huis te sien want hulle stel moontlik belang. Ek wonder of dit dieselfde vroue is?

Anneke ·

Die foto’s spreek boekdele. Vervlakste “ladies” . Prop hulle in n lekker vuil tronk met min kos want as jy na die lywe kyk eet hulle hulle dik aan die lekkernye wat hulle met gesteelde goedere se geld aankoop.

plaasboer ·

sal nooit weer enige kommentaar op hierdie forum plaas nadat vorige kommentare gewoon ge-ignoreer is nie.

Vyf Sent ·

Hoekom is dit dat mense dink hierdie forum kan gebruik word om skool-skool te speel.?
Ja, nou wat daarvan as mense woorde verkeerd spel, of as Maroela se taalgebruik nie reg isnie? dink ‘n bietjie hierdie mense het ook gevoelens, ek is seker as jy kon het jy seker jou kommentaar nog in ROOI pen ook geskryf. As jy ‘n onderwyser wil wees, gaan gee dan skool vir kinders. Ons is volwasse mense wat hier kommentaar lewer – nie kinders wat oor die vingers getik moet word oor spelfoute en taalgebruik nie.
Hier word ernstige dinge oor gepraat, en deur jou wat nou foute uitwys, vat jy die fokus weg van waaroor die storie nou eintlik gaan.

Charl ·

Hoe dikwels kla mense op hierdie blad nie omdat Afrikaners en Afrikaans onderdruk word nie – en tog is daar nie genoeg respek vir julle moedertaal om korrekte grammatika en spelling te gebruik nie. Julle het nie die ANC nodig om Afrikaans te vermoor nie, julle doen dit sommer self………as julle van ander mense verwag om julle taal te respekteer, moet julle tog sekerlik eers self julle eie taal respekteer.

Tonginniekies ·

Party mense sal selfs die Bybel korrigeer as jy hulle ‘n halwe kans gee.

Delia ·

Ag asseblief, Ja dit vat wel die fokus weg van wat mense eintlik wil se, maar as hulle nie eers kan spel nie, wie wil dan hulle dan steur aan hulle kommentare? Ek ‘skip’ dan gewoonlik .

Elizabeth ·

Dit was puik gesê Vyf sent!! Ek sou dit nie beter kon doen nie. Dit is makliker om mense aanteval, af te breek en te verneder in plaas van die persoon op te help en te ondersteun! Geen wonder ons land is waar hy is nie!

Vyf Sent ·

Eerstens – hoekom word my kommentaar verwyder?
Tweedens Die Forum isnie ‘n Skool nie, en gee dit niemand ‘n reg om ander op hul taalgebruik en foute uittewys nie.
Fokus op die berig, en die erns van die saak – hier word ERNSTIGE sake bespreek.

Yvonne ·

Vat VYF – Vyf Sent
Stem 100% saam met jou, is net kinderagtig as jy my vra

Swanna ·

Hel jemma jy is seker super slim, super intelligent, ‘n perfekte geskepde wese wat op die aarde geplaas is om altyd ander mense te kritiseer. Tik foute gebeur so maklik en enige fout gebeur.

SNEL ·

Swannie, so mond moet jam kry. Ek verpes dit ook as mense ander oor hul spelling of sinskonstruksies aanvat. Elke een het verskillende talente en spelling is ook nie een van myne nie. Ons almal kan nou nie van die skerpste messe in die laai wees nie, daar moet groenteskillers ook wees, gun ons ander ook n plekkie in die son. Dankie vir mense soos jy wat vir ons opkom!

Om terug te kom na die berig. Hierdie klomp het nou vir die huishulp gevra om die toilet te gebruik, maar kyk maar na daai eiendomsagente wat so ruk terug aangeval was toe hulle huise gaan wys het. Dit raak so moeilik om te weet wie jy kan vertrou en wie nie. Duidelik gee mooi klere jou nie opgevoede maniere nie. Dit raak net moeiliker om op alle gebiede te leef en beweeg in die land, of jy nou jou huis probeer verkoop of iets op Gumtree verkoop, oral duik skurke op.

Piet Pompies ·

Met sulke blootstelling van foto’s is die dames se doppies geklink, net ‘n kwessie van tyd dan sit hulle agter tralies. Sal graag opvolg hiervan wil hoor veral na die soortgelyke geval wat in Nylstroom plaasgevind het. Ek het onlangs ‘n video clip gesien waar ‘n vrou haar kinders geleer het om te steel agter die winkel toonbank terwyl die ma die kasiere besig hou, skande.

Johanna ·

Swanna, Tikfoute is een woord. Mooi Jemma. SMS en Whatsapp maak mense lui om reg te spel.

Nico K ·

Ek stem saam met Swanna. Ons is nie tiksters nie en maak tikfoute. Dit is nie waaroor dit gaan nie. Lees wat daar staan. En al julle oud onderwysers moet maar ophou om heeldag mense te wil reghelp. Die persoon weet heelwaarskynlik self dat hy ‘n fout gemaak het.

AmY ·

Die vroue het ñ ligte gelaatskleur? Die foto’s wys dit nie. Of is ek kleublind? Jammer, maar ek verstaan dit nie lekker nie.

neelsie ·

Ons het alarms , kameras , honde en wat nog alles, nogtans word ons bedrieg.
Wees meer oplettend en bewus van wat om jou aangaan.
Vertrou geen vreemdeling nie.
Onthou ander se waardes kan verskil van joune. Steel is nie vir almal verkeerd nie , dis n manier van verdeling van rykdom.(Sic)
Waar moontlik, doen jou eie werk in en rondom jou huis. Die meeste eerstewereldse burgers doen die take self.( is ons nie bederf nie?)

Pietie ·

Ek is een van die spelling korrigeerders. Dit is gewoon goeie maniere om seker te maak dit wat jy skryf is korrek gespel. Verkeerde spelling skep ‘n swak indruk en dit ondermyn die punt wat jy probeer maak. Mense sal jou en jou standpunt baie meer waardeer en ook ernstiger opneem indien jy die moeite doen om jou spelling na te gaan voordat jy die stuur knoppie druk. Hoekom is dit aanvaarbaar om kritiese kommentaar te lewer oor enige onderwerp maar nie oor swak spelling nie? Nee wat fokus maar eerder.

Malinda ·

Hoekom so laag daal om mense aan te val oor net n simpel foutiewelike spel foutjie. Daar is mense wat wel disleksies is, so moenie jou verlekker om ander mense te verneder nie. Lees oor dit my heng ek meen same meaning different spelling. Hoe moeilik is dit. O dalk is jou brein te klein om vir jou self 1 en 2 bymekaar te sit

Yvonne ·

Ek geniet Maroela, en ek geniet dit om almal se kommentaar te lees en te sien ons voel almal dieselfde. Maar een ding wat my regtig begin kwars in die krop steek is hoe ons mekaar net uithaal oor die geringste ding. Regtig is van die aanvalle nodig, ek betwyfel dit sterk. Partykeer as mens haastig is maak mens ‘n tikfout, nie nodig om die tikster daaroor uit te haal nie. Kan ons geduldiger met mekaar prober wees asb, of wys party van julle net julle ware kleure meer op die forum???

Net so ·

Net ‘n vraag? Is die berig oor spelling of misdaad? Waarop word daar eintlik gefokus?

ANita ·

Vrydag laat middag was ek in Menlyn in Clicks en 2 vroue het probeer om my aandag af te trek deur te vra vir iets op die rak wat beteken ek sou moes strek. My handsak was oor my skouers, gelukkig het iets vir my gesê daar is moeilikheid en toe ruk ek my handsak onder my arm in. Hulle het dadelik verdwyn en ek het hulle agtervolg. ‘n ouer dame net 3 rye verder was hulle “target” Gelukkig sê ek toe vir haar hulle het nou net hulle hand in haar sak gedruk.
Die een dame was swanger en die ander een ‘n groterige dame. Ek het die sekuriteit gaan roep en hy het toe homself sigbaar gemaak. By die toonbank het hulle NIKS van die mandjie of die speelgoed meer gehad nie en toe hulle betaal het hulle nie geld gehad nie en net uitgeloop. Klink net na dieselfde 2. Dalk toeval, dalk nog 2. Ek was vreeslik bewerig daarna. Hulle het dadelik uit die winkel na die parkeerarea geloop met niks in hulle hande nie. Die een het ‘n slap (papperige) handsak gehad.

Eddie ·

Ys die mensse wat nie kan spell nie. Gan terig skol toe.
Weet jy regtig. Die wat so aangaan oor spel kom net by asb. Kyk waaroor die artikel gaan en hou daar by. En as jy nie die tikfoute wil sien nie moet dan nie die kommentaar lees nie.

alex ·

Dit wil voorkom die sogenaamde blanke afrikaners wat hier kommentaar lewer is van sub standaard met hulle spelling/ en uitwys van foute – swak styl!!
Die swatmense is nie so swak van karakter teenoor mekaar nie.

Moeksie ·

Ek stem saam met Pietie. Wees trots op jouself en die standaard werk (spelling) wat jy lewer. Dit is een ding om ‘n spelfout te maak maar jinne – party mense spel so swak dat mens nie eers kan verstaan wat hulle probeer se nie. Jy mors die ander mense se tyd en jou eie. Waar was julle op skool – genade!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Ek dink julle is net te LUI om jul spelling te check. (Wishy washy soos baie mense maar deur die lewe gaan)

Winston ·

Ek lag mar in die stilgyd. Dis ogeloovlik hoe die purist hule taal mix. Vokus op die beriggewing en lewer kommimtaar oor dit wat saak maak.

francois ·

Die eindste trawante was by ons gastehuis in Mayville , Pretoria maar gelukkig het ons kop gehou en hul nie ingelaat nie, die verwagtende vrou wou ook die toilet gebruik, maar die personeel het hul nie toegelaat nie.

Theresa ·

Geen vreemdeling HOEF ooit toegelaat te word by jou hek in nie, wat nog van jou toilet gebruik!!
En, ek het gesoek op die foto’s na die Kaptein se verwysing na dames met ‘n ligte gelaat…

Hannie ·

Ai tog, nou wonder ons hoekom die ANC oorvat. Ons kan nie eens saamstaan en mekaar se spelfoute verdra nie. Hoe gaan ons dan nog ons land terug neem????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.