Foto’s: Polisie soek vrou wat mense glo ontvoer, en dan losprys eis

Lindokuhle Silindile Portia “Lindy” Ndaba Foto verskaf deur die SAPD

Lindokuhle Silindile Portia “Lindy” Ndaba Foto verskaf deur die SAPD

Nog foto’s volg onderaan die berig. Die polisie in KwaZulu-Natal is op soek na ʼn vrou wat glo persone ontvoer en dan ʼn losprys van die persoon se familie eis.

“Lindokuhle Silindile Portia “Lindy” Ndaba word gesoek in verband met die ontvoering en losprys van ʼn persoon wat by die polisie in Ladysmith as vermis aangemeld is,” het kapt. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Sy word ook gesoek in verband met misdade wat by banke gepleeg is. ʼn Lasbrief vir haar inhegtenisneming is uitgereik.”

Die speurdiens in Ladysmith en Douglas, die bankbedryf en selfoonverskaffers is op soek na Ndaba.

Ndaba het al in die omgewing van Blue Bank, Bergville en Pietermaritzburg gewoon. Sy is glo die hoof van ʼn gesofistikeerde sindikaat wat mense ontvoer en dan ʼn losprys eis van die familielede. “Die groep verskaf dan vals inligting aan banke,” het Zwane bygevoeg.

Zwane sê die verdagte het glo ook ʼn aantal simkaarte in haar besit en sodra dit gebruik word, word die kaart weer uit die selfoon gehaal en met ʼn nuwe een vervang. “Die selfoondiensverskaffers en banke het veiligheidsmaatreëls ingestel,” het hy gesê. “Sy is ʼn reisende krimineel wat moontlik in Blue Bank of Bergville kan wees, maar sy besoek ook gereeld Gauteng. Daar is ʼn moontlikheid dat die handelsmisdaadeenheid in Pietermaritzburg op soek is na dieselfde persoon.

Sy vermom haar glo gereeld as ʼn man.

Zwane versoek enigiemand met verdere inligting om met kol. VJ Cele by 082 376 3093 of die ondersoekbeampte ao MJ Struwig by 084 208 5584 in verbinding te tree.

Lindokuhle Silindile Portia “Lindy” Ndaba Foto verskaf deur die SAPD

Lindokuhle Silindile Portia “Lindy” Ndaba Foto verskaf deur die SAPD

Lindokuhle Silindile Portia “Lindy” Ndaba Foto verskaf deur die SAPD

Lindokuhle Silindile Portia “Lindy” Ndaba Foto verskaf deur die SAPD

Lindokuhle Silindile Portia “Lindy” Ndaba Foto verskaf deur die SAPD

Lindokuhle Silindile Portia “Lindy” Ndaba Foto verskaf deur die SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.