
Foto: SAPD.
Drie mans, onder wie ʼn polisiekonstabel, het vandag in die Standerton-landdroshof verskyn ná hulle glo ʼn bakkery beroof het.
Brig. Leonard Hlathi, provinsiale woordvoerder van die polisie, het gesê konst. Simangaliso Phungwayo, Doctor Sibeko (58), Simanga Sibilwane (52) en Phuthuma Ntombela (27) is steeds in aanhouding.
Die saak is uitgestel tot 6 Julie vir hul formele aansoek om borgtog.
“Die rooftog het Saterdag plaasgevind. ʼn Groep van sewe mans het ʼn bakkery binnegestorm en die eienaar en sy vrou beroof terwyl hulle geld getel het. Hulle het van die toneel gevlug met ʼn onbekende bedrag kontant,” het Hlathi gesê.
Die eienaar het glo die verdagtes agternagesit en die sekuriteitsmaatskappy gekontak om hul vas te trek. “Die blitsige reaksie van Kasselman-sekuriteitswagte in samewerking met die polisie het gesorg vir die inhegtenisname van die vier verdagtes nog voor hulle hul wegkomvoertuig kon bereik,” het Hlathi verduidelik.
Die interne ondersoek teen Phungwayo word tans uitgevoer.
Die polisie is op soek na die ander drie verdagtes en is “optimisties” dat hulle binnekort opgespoor sal word.
- Foto: SAPD.
- Foto: SAPD.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Geloofwaardigheid voor kundigheid… Need I say more?
Dis omdat ras belangriker is as behoorlike keuring. Skande op skande.
Borgtog? Hulle verdien om reguit tronk toe te gaan.
Polisie beampte betrokke, integriteit ontbreek, puik advertensie vir die buitelandse beleggers en toerisme
In ons stad is twee wit polisiemanne betrokke by die ondersoek van ‘n winkelroof deur swartes. Hulle sê dat hulle nie die eienaar kan help nie want hulle word met die dood gedreig.