Foto’s: Polisiehond wys tande vir smokkelaars

Mufasa [Foto: Mossel Bay Municipality/Facebook]

Die eerste lid van die Mosselbaai-munisipaliteit se honde-eenheid, Mufasa, en sy hanteerder, James Gerber, het ’n slag teen perlemoenstropery in Diasstrand geslaan.

Volgens die munisipaliteit het Gerber en Mufasa, ’n Belgiese Malinois, lede van die polisie se seegrenseenheid Woensdag laatmiddag in die Diasstrand-omgewing bygestaan waar ’n groep mans met perlemoen aangetref is.

Met Mufasa se hulp is die perlemoenstropers opgespoor en die polisie kon op ʼn onbekende hoeveelheid perlemoen beslag lê.

Die munisipaliteit se honde-eenheid is deel van ’n uitgebreide plan om gemeenskapsveiligheid te versterk.

“Mufasa is aan die munisipaliteit geskenk en het reeds einde verlede jaar met sy opleiding begin. Gerber en Mufasa was gedurende die feestyd by verskeie wetstoepassingsaksies betrokke,” sê die munisipaliteit.

Uitbreiding van die munisipaliteit se honde-eenheid word vanjaar in die vooruitsig gestel.

“Bouwerk aan die eenheid se fasiliteit wat by die Tuinroete se Dierebeskermingsvereniging (DBV) se tak op Mosselbaai gehuisves sal word, het reeds begin.”

In Desember verlede jaar is die Mosselbaai-munisipaliteit se boomplantprojek ook by die honde-eenheid uitgebrei met bome wat reeds daar aangeplant is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eugene ·

Pragtig my honne. As die EFF weer alles wil plunder, stuur Dan honde Soos hierdie om daai clowns te verjaag. Ek sal lekker lag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.