Foto’s: Polisiespeurders vas na hulle glo dossier verkoop

Foto: @SAPoliceService op Twitter.

Foto: @SAPoliceService op Twitter.

Die Valke in die Wes-Kaap het Maandagmiddag twee speurders in Mitchells Plain in hegtenis geneem op aanklag van korrupsie.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, sê die twee speurders is in hegtenis geneem nadat hulle ‘n dossier vir R40 000 verkoop het.

Van Wyk sê die twee beamptes is in ‘n parkeerarea in Morgensterweg in hegtenis geneem waar hulle in ‘n amptelike polisievoertuig gesit het.

Die polisie het op die R40 000 beslag gelê.

Die twee verdagtes, onderskeidelik 30 en 42 jaar oud, sal Woensdag in die Mitchells Plain-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Petrus Swanepoel ·

Klop op die skouer vir die Polisie lede wat eerlik en opreg is, ek betaal my belasting met graagte met die wete daar is nog baie van julle. Vir die Polisie lede wat hulself ophou met korrupsie, dit is nie volhoudbaar en die tronk is jou voorland…..

Babs ·

Baie geluk aan die polisie! So moet dit mos wees. Wens hulle kan alle korruptes so uithaal. Dan gaan ons binnekort weer verkiesing hou.

Theresa ·

Nou vra ek jou nou……….wie de hel vertrou ‘n mens nou vandag. NIEMAND!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.