Foto’s: Polisievangwa beland op bakkie ná ongeluk

Foto: Honnetsweng EMS.Twitter

Foto: Honnetsweng EMS.Twitter

ʼn Polisiebeampte is Woensdag beseer nadat ʼn vangwa bo-op ʼn bakkie te lande gekom het in ʼn ongeluk in Rustenburg in Noordwes.

Die ongeluk het in die kruising van Fatima Bhayat- en Kloppersstraat naby die Rustenburg-landdroshof gebeur. Die polisiewa het glo teen ʼn taxi gebots, waarna dit op die bakkie, wat aan die Rustenburg-munisipaliteit behoort, te lande gekom het.

ʼn Vroulike polisiebeampte is in die ongeluk beseer. Polisiebeamptes op perde moes toeskouers van die toneel verwyder terwyl ander beamptes vuurwapens uit die vangwa verwyder het. Volgens paramedici is nog drie mense in die ongeluk beseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Liza ·

Maraba stad is nie in noord wes nie, dit is in pta wes, waar kry julle die fotos?

Debs ·

maak nie saak waar dit gebeur het nie …. die SAP word ‘n grooter sirkus

Hestie ·

Ek bly in Rustenburg..ons het ook n Maraba stad…en ons het polisiemanne wat elke dag op perde patrolleer en misdaad bekamp. Dis glad nie snaaks nie…Fransie en Liza julle dink julle weet als????tsk tsk

Liza ·

Hestie, ek het nie geweet julle het daar ook n Marabastad nie, Baie Dankie dat jy my inlig daaroor, nou weet ek ook.

AJ ·

Ek hoop hul het die bestuuder getoets vir dronk bestuur ,wat nie sal gebeur nie

Peet Schabort ·

Dit lyk my die polisieman moet eerder ‘n perd kry . . .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.