Die ongeluk het in die kruising van Fatima Bhayat- en Kloppersstraat naby die Rustenburg-landdroshof gebeur. Die polisiewa het glo teen ʼn taxi gebots, waarna dit op die bakkie, wat aan die Rustenburg-munisipaliteit behoort, te lande gekom het.
ʼn Vroulike polisiebeampte is in die ongeluk beseer. Polisiebeamptes op perde moes toeskouers van die toneel verwyder terwyl ander beamptes vuurwapens uit die vangwa verwyder het. Volgens paramedici is nog drie mense in die ongeluk beseer.
Op perde?
Maraba stad is nie in noord wes nie, dit is in pta wes, waar kry julle die fotos?
maak nie saak waar dit gebeur het nie …. die SAP word ‘n grooter sirkus
Ek bly in Rustenburg..ons het ook n Maraba stad…en ons het polisiemanne wat elke dag op perde patrolleer en misdaad bekamp. Dis glad nie snaaks nie…Fransie en Liza julle dink julle weet als????tsk tsk
Hestie, ek het nie geweet julle het daar ook n Marabastad nie, Baie Dankie dat jy my inlig daaroor, nou weet ek ook.
Ek hoop hul het die bestuuder getoets vir dronk bestuur ,wat nie sal gebeur nie
Hoekom nie?
Dit lyk my die polisieman moet eerder ‘n perd kry . . .