[Foto’s] Polisievoertuig in Noordwes aan die brand gesteek

Foto: Intelligence Bureau SA, Facebook

Foto: Intelligence Bureau SA, Facebook

ʼn Polisievoertuig is Saterdag in Ten Rooms- informele nedersetting naby Hartbeespoortdam aan die brand gesteek en ʼn tweede is met klippe bestook.

“Die polisie het omstreeks 16:40 op ʼn klag reageer toe hulle gesien het hoe lede van die gemeenskap ʼn man aanrand,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Die polisie het probeer om in te gryp deur die man van die ontstoke skare te red.”

Die gemeenskap het glo die voertuig aan die brand gesteek, maar die beamptes kon die man, wat erg aangerand is, red. Die man word van verskeie misdade in die gebied beskuldig.

“Die gemeenskap het glo ook ʼn tweede polisievoertuig met klippe bestook toe dit as bystand opgedaag het,” het Mokgwabone bygevoeg. “Die lede van die gemeenskap het ook probeer om die hierdie voertuig aan die brand te steek deur ʼn brandende band daarop te gooi. Die motor het nie aan die brand geslaan nie, maar die brandende band het skade aangerig.”

Paramedici het die beseerde man behandel. “Hy is tans in die hospitaal weens die ernstige beserings wat hy opgedoen het.”

Nie een van die polisiebeamptes is beseer nie.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur voort.

Genl.maj. Jacob Tsumane, waarnemende provinsiale kommissaris, het die gemeenskap gewaarsku om nie die reg in eie hande te neem nie. “Lede van die gemeenskap kla ook gereeld oor die diens wat hulle van die polisie ontvang, maar deur polisievoertuie aan die brand te steek verhoed onskuldige gemeenskappe om die diens van die polisie te ontvang wat hulle toekom.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

gerrie ·

Nee.gooi nog klippe.steek al die sap voertuie aan die brand.hulle doen niks vir niemand.sleg mense.hulle het ook vir die gemeenskap niks gedoen.bel bietjie die sap en vra hulp.toets my.

Winston ·

Daar is goeie redes hoekom dit gedoen word. Onopgevoede lede van die gemeenskap. Onopgevoede swak opgeleide beamptes en iemand anders betaal die skade. Maklik. Kan nie opbou nie dis werk. Breek af, dis maklik

Peet Schabort ·

Ook hierdie insident het ‘n duidelike geskiedenis wat die polisie miskyk.
Ekself het die ondervinding gehad dat vir my deur die polisie gesê is om die lawaaimaker self aan te keer. Toe dit gedoen is en die polisie gebel is het NIKS gebeur. ‘n Week later het ek gaan dankie sê maar GEEN dankie dat daar niemand opgedaag het.
Ek het dit ook aan die beampte gestel dat daar tussen die SAPD en die publiek ‘n KORTSLUITING is.
Dit lyk nie vir my of mens hulle figuurlik aan die brand gaan kry om hulle werk te doen.
Dis wat maak dat hoe minder ‘n mens met hulle te doene kry des te beter. Harde woorde en my apologie aan die wat werklik hul werk wil doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.