ʼn Poskantoor is Maandag aan die brand gesteek en ʼn vrou is in hegtenis geneem tydens ʼn gewelddadige betoging naby Mahikeng in Noordwes.
Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê inwoners van die Ottoshoop-gemeenskap het die R49 tussen Mahikeng en Zeerust met brandende buitebande en ander voorwerpe versper en later ʼn plaaslike poskantoor aan die brand gesteek.
Die betogers het ook ʼn polisiestasie en ʼn huis waarin polisiebeamptes woon met klippe bestook. Die geboue se vensters is deur die klippe beskadig.
Volgens Mokgwabone moes die R49 tydelik gesluit word weens die betoging. Motoriste word aangeraai om intussen van alternatiewe roetes gebruik te maak soos die N4, die R503 en grondpaaie in die omgewing.
“ʼn 30-jarige vrou is in hegtenis geneem op aanklagte van openbare geweld, opsetlike saakbeskadiging en oortreding van die nasionale verkeerswet. Sy sal binnekort in die Zeerust-landdroshof verskyn,” het Mokgwabone gesê.
Daar word verneem die betoging hou verband met ontevredenheid rondom elektrisiteitsvoorsiening.
- Foto: Twitter via @SAPoliceService
- Foto: Twitter via @DerLydia
- Foto: Twitter via @SAPoliceService
- Foto: Twitter via @KagisoMonyadiwa
- Foto: Twitter via @KagisoMonyadiwa
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
19 Kommentare
Al hoop vir Ottoshoop is die ashoop.
Met die aankoms van Jan van Riebeeck was hier nie sulke kolonistegoed soos poskantore, polisiestasies ens. nie.
Geen griewe regverdig hierdie vandalisme nie en dit hou net aan en aan. Duidelik is dit net ń verskoning om te plunder en te moor.
Sjoe, ons het darem die 8ste dag van die jaar gehaal . . . .
Lyk my ñ vuurhoutjie is altyd die idee tot ñ antwoord. En more betoog ons oor die posdienste
Die volgende betoging is omdat daar nie poskantoor is nie