Foto’s: Poskantoor in ligte laaie tydens betoging

‘n Poskantoor is tydens die betoging aan die brand gesteek. Foto: Twitter via @DerLydia

ʼn Poskantoor is Maandag aan die brand gesteek en ʼn vrou is in hegtenis geneem tydens ʼn gewelddadige betoging naby Mahikeng in Noordwes.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê inwoners van die Ottoshoop-gemeenskap het die R49 tussen Mahikeng en Zeerust met brandende buitebande en ander voorwerpe versper en later ʼn plaaslike poskantoor aan die brand gesteek.

Die betogers het ook ʼn polisiestasie en ʼn huis waarin polisiebeamptes woon met klippe bestook. Die geboue se vensters is deur die klippe beskadig.

Volgens Mokgwabone moes die R49 tydelik gesluit word weens die betoging. Motoriste word aangeraai om intussen van alternatiewe roetes gebruik te maak soos die N4, die R503 en grondpaaie in die omgewing.

“ʼn 30-jarige vrou is in hegtenis geneem op aanklagte van openbare geweld, opsetlike saakbeskadiging en oortreding van die nasionale verkeerswet. Sy sal binnekort in die Zeerust-landdroshof verskyn,” het Mokgwabone gesê.

Daar word verneem die betoging hou verband met ontevredenheid rondom elektrisiteitsvoorsiening.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Hoop? ·

Al hoop vir Ottoshoop is die ashoop.
Met die aankoms van Jan van Riebeeck was hier nie sulke kolonistegoed soos poskantore, polisiestasies ens. nie.

PJC ·

Geen griewe regverdig hierdie vandalisme nie en dit hou net aan en aan. Duidelik is dit net ń verskoning om te plunder en te moor.

Penellope Jones ·

Sjoe, ons het darem die 8ste dag van die jaar gehaal . . . .

Ray ·

Lyk my ñ vuurhoutjie is altyd die idee tot ñ antwoord. En more betoog ons oor die posdienste

Jakkie ·

Daardie Poskantoor moet oor 3 maande van nou af die gemeenskap se SASSA toelae uitbetaal.
Dis nou goeie beplanning.

Jordaan ·

En oor 3 maande betoog hulle dan weer oor die poskantoor nie die toelae kan uitbetaal nie! (Net soos die ouens wat die trein brand en dan more vir die trein staan en wag)

Theresa B ·

Hierdie land sal nooit regkom met hierdie mense nie. Hulle kultuur werk nou maar net nie so dat hul besef wat hulle doen nie. Alles gaan ten gronde met hulle optrede. En dis maar die begin. 2018 is 9 dae oud. Ramaphosa het mos ook nou gesê die grond gaan terug gevat word soos hulle vir die voorvaders belowe het. “Of hulle nou daarvan hou of nie”. En dan lê die opening van die Universiteite ook nog voor.

Frangipani ·

Hierdie poskantoor is n historiese gebou!! Dis n erfenis!
Die dertigjarige verstaan niks daarvan nie!
Brand is die oplossing vir n betogende gepeupel!
Hoe sal jy die mense ooit opvoed?

bgj van der westhuizen ·

so brand suid afrka alles word af gebeuk en brand gesteek daar kan nie eers gese word dit is net afrika land nie wand ek sien nie dat hulle in ander afrika lande goed so af breuk nie wand hulle het dit nie en waar hulle dit het waar deer hulle dit ons mense is bederf met alles wat beskikbaar is

Hanna ·

Elektrisiteit waarvoor hulle seker ook nie eens betaal nie! Nee wat, soek maar ney rede om te plunder en te brand…

Grassie ·

Langtoon – “Kyk, ek het die smid geskape wat die koolvuur aanblaas en ‘n wapen voortbring volgens sy ambag; ook het ek die verderwer geskape om te verniel”
Jesaja 54:16 {1953 vertaling)

Catherine ·

If someone can just explain to me why arson, blocking of roads, plundering etc had to take place to prove a point, I might understand, but barbaric behaviour…….???!!!.

Koos B ·

Hoop hulle gaan nou hul alies afsukkel om oor ‘n paar maande hul SASSA geld te kry.
Aan die ander kant daar sal waarskynlik groot afgevaardiges van die regering wees om hul te betaal en dan die poskantoor te beskuldig hul was nog nie gereed nie.

Kat ·

Mentaliteitloos.
Hoe se jy vir n mens hy het geen mentaliteit nie.
Jy praat met n klip.

G ·

Gebruik daai toelae geldjies en herbou als wat afgebrand word. Dis al hoe die klomp gaan leer dat aksies nagevolge het. En as hul dan gaan betoog oor hul nie hul geldjies kry nie, moet die polisie net skiet wat voorkom. Herhaal die aksies so ‘n paar keer, dan sal die kriminele besef hul kan nie wegkom met als nie. Ongelukkig gaan dit nooit gebeur nie, want ons polisie mag niks doen nie, en die krimineel het regte. Daar is so baie maniere om ons land reg te ruk, maar die leiers is net nie in staat om dit te doen nie. Hoekom kry daar in elk geval soveel mense toelae? Gee vir die oumense wat ‘n bydrae tot die land gemaak het, gestremdes en weeskinders. Die wat huidiglik ‘n toelaag kry, en net nog kinders bykry, moet ‘n histerektomie kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.