[Foto’s] Potch-restaurant gaan op in vlamme

Foto: Facebook via Human Uys

Foto: Facebook via Human Uys

River Café, ʼn gewilde restaurant in Potchefstroom, was Sondagmiddag in vlamme gehul.

Foto’s van die brandende restaurant, wat uitkyk op die Potchefstroom-dam, is wyd op sosiale media versprei. Onbevestigde gerugte het die ronde gedoen dat die brand moontlik deur weerlig veroorsaak is. Volgens berigte is die restaurant heeltemal in die brand verwoes.

Mooirivier-beskermingsdienste het ook foto’s van die brand op Facebook gedeel en gesê niemand is in die brand beseer nie. ʼn Woordvoerder van die maatskappy wou egter nie op navraag van Maroela Media kommentaar lewer nie.

Die Noordwes-polisie kon Sondagaand nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie. ʼn Woordvoerder van River Café was ook nie beskikbaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

DPJ ·

Dit klink lekker verdag as niemand kommetaar wil lewer nie. My mening iets is baie verdag wat hulle nie bekend wil maak nie. Ook beter so.

Pieter ·

DPJ, jou verdagmaking en leunstoel-bespiegeling is totaal onvanpas en ongevraag. Kry eers jou feite reg. Jy het duidelik nog nooit so-iets belewe nie. Die voorval het VANMIDDAG eers plaasgevind en almal probeer nog opruim en tot verhaal kom. Ons harte gaan uit na almal wat daardeur geraak is. Dis vir ons Potchefstromers ‘n groot skok, hartseer en groot verlies.

Karen ·

Tweeds restaurant wat brand agv. “Weerlig” in een naweek!

ig ·

Karen ,terwyl jy geslaap het,was daar baie swaar weerlig die hele naweek.

Johann Marx ·

Ai, ai, ai….laaste Pa-en-dogter naweek by die PUK was Rivers een van ons stoppe. En nou het ons net pics….en een van hulle menu’s. Al bou hulle hom oor, sal dit nooit weer dieselfde wees nie. R.I.P.

Sarie ·

Dis ‘n tragedie. In ‘n oogwink is ‘n hele aantal mense se werk daarmee heen & wiè ookal die eienaar/s is, dis ‘n vreeslike ontwrigting & groot skade , al is die plek verseker. Dit neem lank om die plek te herbou & weer aan die gang te kry… Ek voel opreg jammer vir almal wat hierdeur negatief geraak word… STERKTE!!!

TvA ·

Hoe gaan ‘n gebou op in vlamme? Brand hy nie maar net af nie?

Stuart ·

TvA – bietjie wyer lees ou pêl, dan leer jy meer van die Afrikaanse taal, die uitdrukkings, idiome ens en die gebruike daarvan…

Paul ·

Ek stem saam met TvA. Sover ek weet is “gaan op in vlamme” eenvoudig ‘n anglisistiese verdringer van die goeie Afrikaanse “brand af”.

TvA ·

Stuart ou pêl, ek lees so wyd dat ek weet dat “to go up in flames” ‘n Engelse uitdrukking is wat nou klakkeloos in Afrikaans vertaal word. Gaan raadpleeg maar al jou bronne oor Afrikaanse uitdrukkings en idiome en jy sal sien “in vlamme opgaan” verskyn nêrens.

Pieter ·

Verrassing, TvA ou mater! Stuart “ou pêl” is heeltemal reg! Bykomend by jou wydbelesenheid, raai ek aan dat jy nog ‘n bietjie wyer lees – begin gerus oa by die 1970-uitgawe van “AFRIKAANSE SPREEKWOORDE EN UITDRUKKINGS” (bl 224) tot by die 2010 PHAROS-woordeboek (bl 423 en 663) – dis nie “NOU klakkeloos vertaal” nie, dis dekades al goeie, erkende en kleurvolle Afrikaans, maak nie saak wat die oorsprong is nie. As jy gister hier in Potch was, sou jy ook gesien hoe iets hartseer in vlamme opgaan!

TvA ·

Nou ja, toe leer ek iets nuuts. Welgedaan, manne! Die manier waarop daar deesdae met ons taal omgegaan word, kan ‘n mens soms oorgevoelig vir taalgoggas maak.

Pieter ·

Ek stem saam, TvA, ons is wel op dieselfde golflengte! Dankie vir jou omgee! Groetnis.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.