Foto’s: Pretoriase nooddienste staan bont weens swaar reën

(Foto: Gauteng Weather/Twitter)

Verkeersopeenhopings, vasgekeerde motors, oorstroomde paaie, brûe en huise asook ontwortelde bome word die naweek te midde van swaar reën in Pretoria aangemeld.

Thabo Charles Mabaso, woordvoerder van die departement nooddienste van die Stad Tshwane, sê brandbestryders is Vrydag na ’n huis in Annlin ontbied waar ’n huis oorstroom het. Die vloedwater was met die nooddiensbeamptes se aankoms reeds kniehoogte in die huis en dele van die dak het reeds ineengestort.

Vyf huise in Kudube in Hammanskraal het ook gister oorstroom en verskeie motors was in vloedwater vasgekeer. Dit sluit in twee motors onder die Irenebrug in Nelmapiusweg asook ’n motor in Doringpoort. Die insittendes van die voertuie kon daarin geslaag om ongedeerd uit die motors te kom.

“Die reën het ook verwoesting in dele van Mamelodi gesaai waar verskeie paaie oorstroom het. Dit het verkeersopeenhopings tot gevolg gehad.”

Zeigler- en Endstraat in Centurion het oorstroom en brandbestryders het Vrydag stygende watervlakke in die omgewing van die Centurion Lake Hotel gemonitor. Die water het intussen weer sonder enige voorvalle gesak.

Ontwortelde bome is reeds in Arcadia, Lyttleton Manor, Villeria en Sunnyside afgekap en verwyder.

Die Stad Tshwane doen nou ’n beroep op motoriste om laagwaterbrûe te vermy te midde van swaar reën.

“Motoriste word aangeraai om nie in swaar reën te ry nie, indien moontlik, of ’n veilige plek te vind om te parkeer en te wag tot die reën bedaar. Die watervlakke langs die pad van die Apiesrivier deur gebiede soos Rooiwal, Hammanskraal in Bosplaas en Maubane in die naburige distriksmunisipaliteit Moretele bly aansienlik hoog en inwoners en motoriste moet waaksaam bly in en om die gebiede.”

Die Stad se nooddienste en rampbestuurspanne bly waaksaam en hou die situasie in die stad dop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Riaana

Sjoe????????????????

LANA is ELANè

Die natuur is ongenaakbaar en sal enige iets wat in sy pad is wegvee, hetsy mens ~ of natuurgemaak. ????️????️????️

Elsa

Ongelooflik

Spiggie

Wat sê hulle “be careful what you pray for”

Gemaskerde Sopbeen

Dit sal heelwat help indien die Stadsraad die stormwater dreine in die straat en ander stormwater infrastruktuur skoonmaak en onderhou.
Mens mag seker wens en hoop nie waar nie?