[Foto’s] Prins Harry se besoek aan Kaapstad

Prins Harry Foto: @kensingtonroyal, Twitter

Prins Harry Foto: @kensingtonroyal, Twitter

Prins Harry het Maandag die Afrika-son aangedurf tydens sy besoek aan Kaapstad.

Hy het onder andere ʼn plaaslike sokkerkliniek, die Grassroots Football for Hope-sentrum, in Khayelitsha besoek terwyl die temperatuur ongeveer 40 grade Celsius was. Die span 10 – 12 jariges het saam met hul beroemde gas opwarmingsoefeninge gedoen. Die prins het hande geklap, sy lyf geswaai en sy bene geskop op die maat van die ritmiese opwarmingsliedjie. Die burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille, het as assistent opgetree.

Buitelandse en plaaslike media het vergader om ʼn foto van die prins in kasie te kry, maar plaaslike inwoners het hul min aan die opgewondenheid gesteur en eerder in hul huise en uit die bloedige son gebly.

Die Britse Raad ondersteun Football for Hope deur die Premier Skills-program en EPL-afrigters en skeidsregters om plaaslike afrigters op te lei en te inspireer, om sodoende hul vaardigheid aan die jong spelers oor te dra.

Premierligaklubs, Everton FC, Fulham FC en Sunderland FC het afgevaardigdes gestuur om hul breiersvaardighede oor te dra.

Die besoek aan Khayelitsha was Harry se derde besoek vir die dag in Kaapstad.

Hy het vroeër by die V&A Waterfront ʼn spesiale orde-eerbewys van die koningin aan emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu oorhandig vir sy diens aan die Britse gemeenskap, internasionale vrede en versoening.

Hy het ook ʼn besoek afgelê aan die Ottery- jeugsorg- en opleidingsentrum waar hy met die kinders gesels het en eende en hoenders gevoer het. Die kinders het van hul kunswerke aan hom oorhandig, waaronder ‘n foto van hom en sy ma, prinses Diana, op ‘n stuk gekerfde hout. Hy het hulle gelukgewens dat hulle so goed vaar op skool.

Hy het die naweek in die Paarl deurgebring waar hy op die Val de Vie-landgoed deelgeneem het aan die jaarlikse Sentebale Royal Salute-polobekerreeks.

Prins Harry is nog tot 3 Desember in Suid-Afrika. Hy vertrek Dinsdag na Durban, en sal daarna besoek aflê aan die Kruger-wildtuin en Johannesburg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann Marx ·

Het hy Tutu gevra hoekom hy nie nou skree vir sanksies nie, terwyl die nuwe SA die een rekord na die ander oortref met moorde, plaasmoorde, korrupsie, swak ekonomie, laagste ekonomiese groei, wanbesteding van belasting, nepotisme, tenderpreneurs, swakste onderrigstelsel ooit, ens. ens?

AmY ·

Die hele wêreld is blind vir wat in SA aan die gang is. En as bekendes van ander lande SA kom besoek, maak hul oral ñ draai behalwe by die wit plakkerskampe. Hulle hou hulle blind vir wat werklik hier aangaan. Dalk voel hulle ons verdien dit wat nou met ons gebeur?

Louise ·

Waar is die WIT kinders, hoekom word daar nie besoeke van die aard aan WIT kinders of selfs ander rasse gegee nie.
Want as dit net WIT kinders was dan was daar weer GROOT sake orals aan die gang.
n KIND bly maar net N KIND onegeag kleur, WENS net die wat hulle SELF groot mense noem kon dit BESEF………..

Marietjie ·

As jy dan self sê ‘n kind is ‘n kind ongeag sy kleur, waarom is jy dan so gepla oor die wit kinders?

pop ·

Louise as hy uitgenooi was na die wit plakkerskampe dan sou hy gegaan het. Hy is n lieflike jong man. Harry jou ma is so trots op jou, jy aard na haar. Sy glimlag uit die Hemel vir jou!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.